Man vas ná ‘huurmoord’ op eggenoot

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

’n 52-jarige man het Dinsdag saam met een van sy twee vermeende medepligtiges in die landdroshof op Lephalale verskyn op aanklagte dat hulle sy vervreemde vrou vermoor het.

Alias Ditsela het dié twee mans na bewering gehuur om sy vrou, Sbongile, te vermoor.

Sbongile (47) se liggaam is in Junie verlede jaar in ’n plas bloed in haar huis in Onverwacht buite Lephalale aangetref. Ditsela is Sondag, meer as ’n jaar later, in verband met haar moord in hegtenis geneem. Nog twee verdagtes, onder wie Petrus Sefara (48), is onderskeidelik op 7 Oktober en 11 Oktober in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê Alias het op die betrokke dag in Junie verlede jaar na Sbongile se huis gegaan om glo reëlings te tref om hul dogter ná skool op te laai. Nadat die huiswerker die deur vir hom oopgemaak het, is hy reguit na die slaapkamer waar hy Sbongile se bebloede liggaam aangetref het. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad en was ook met ’n tou verwurg.

“Die polisie is na die toneel ontbied en het met hul aankoms gevind dat die moordenaars die venster gebreek het om toegang tot die kamer te verkry. Die slagoffer se selfoon en karsleutel is gesteel.”

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, het die gemeenskap bedank vir die inligting wat eindelik tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei het.

Die saak is tot 14 Oktober uitgestel, wanneer al drie verdagtes na verwagting in dieselfde hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rooikopheks ·

Daar is ń hele paar samesweerders om moord te pleeg as ek die berig lees. Vrou lê dood in haar kamer en die huiswerker maak die deur oop……

Danie ·

Kyk hoe dapper is ek daar is niks waarvoor ek skrik nie.Waarom daar geen afskrikmiddel vir strawwe nie.Die tronke is n vyfster hotel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.