Man vas ná Jhb-brand wat 76 eis

(Foto: Guillem Sartorio/AFP)

ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die brand in Augustus in Marshalltown, Johannesburg, wat die lewe van 76 mense geëis het.

Die 29-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy voor die Khampepe-kommissie van ondersoek na die brand erken het dat hy dit gestig het, sê kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder.

“Hy sal na verwagting binnekort in ʼn Johannesburgse hof verskyn op aanklag van brandstigting, 76 aanklagte van moord en 120 aanklagte van poging tot moord.”

Die verwoestende brand in die Usindiso-gebou op die hoek van Albert- en Delverstraat het in die vroeë oggendure van 31 Augustus die lewe van 76 mense geëis.

Die kommissie van ondersoek na die brand is deur Panyaza Lesufi, die Gautengse premier, aangestel en het in Oktober met sy werksaamhede begin.

Die ondersoek word in twee fases gedoen. Die omstandighede rakende die verwoestende brand is tydens die eerste fase ondersoek. Die voorkoms van sogenaamde gekaapte geboue (deur misdaadsindikate) in die Johannesburgse middestad het óók in dié fase van die ondersoek aandag geniet.

Die tweede fase van die ondersoek wat vandeesmaand begin het, sluit in die nodige waarnemings en bevindings oor wie aanspreeklikheid of verantwoordelikheid vir die tragedie behoort te aanvaar.

Sisi Khampepe, afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, is as voorsitter van die kommissie aangewys. Adv. Thulani Makhubela en Vuyelwa Mathilda Mabena sal Khampepe in die onafhanklike ondersoek bystaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ronel ·

Alles goed en wel dan hulle die verdagte kon arresteer, maar realiteit is die simptoom en nie die oorsaak word weereens hier aan gespreek. Vir dekades nou al verval die middestad van elke stad in SA in ‘n nes van gekaapte geboue beset deur onwettige immigrante, en ons regs stelsel is so gevormuleer dat die oortreder van eiendom meer regte het as die eienaar van die eiendom. Geboue wat instand gehou word deur wettige eienaars en beset word deur wettige huurders ondervind nie sulke afskuwelike gevolge nie. Elke een van daai inwoners is indirek deel van die probleem en maak deel uit van die “diefstal”van eiendom.

SjN ·

Nog n klomp geld gaan spandeer word om te bewys hy is by sy volle positiewe om verhoor te word.

hpven ·

Kry vir Israel om die uitgediende geboue te sloop, hulle is “super” slopers met baie ondervindig…

Olive ·

Al daai uitgediende dorpe en stede was eens tuiste van trotse werkende en wetsgehoorsame inwoners. Maar daardie mense is weg en besighede het toegemaak. Nou is dit vullishope met sy eie klas bewoners en so kring dit al hoe wyer uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.