Man vas ná meisie verkool

Argieffoto (pixabay.com)

ʼn 35-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal ná sy 23-jarige meisie in hul huis verkool het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandag in die Sakhile- informele nedersetting naby Standerton in Mpumalanga plaasgevind.

“Volgens inligting is die verdagte vir die laaste keer in die plakkershuis saam met sy meisie gesien,” het Hlathi gesê. “Die familie was egter geskok toe hulle ontdek die plakkershuis is aan die brand. Hulle het toe nuus ontvang dat die verdagte met brandwonde gevlug het. Hy het sy meisie in die huis agtergelaat.”

Nooddienste en die polisie is na die toneel ontbied en die meisie is dood verklaar.

“Die polisie vermoed vuilspel, omdat die man vermoedelik die brand gestig het. Hy is in hegtenis geneem en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.”

Die man sal, sodra hy ontslaan word, in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.