Man vas oor ammunisie en springstof

Foto verskaf deur die Valke

Josef Markus Fourie (53) het Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van springstof en ammunisie.

Ao Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Fourie is Donderdag in hegtenis geneem deur die Valke en ʼn span van misdaadintelligensie in die Noord-Kaap.

“Die span het ʼn wenk ontvang dat Fourie ʼn groot hoeveelheid ammunisie en springstof op ʼn perseel in Spitskop naby Bloemfontein stoor,” het Steyn gesê. “Die eiendom is deursoek en beamptes het op kratte vol skerppunt ammunisie (meer as 25 000 patrone) en ʼn houer met springstof afgekom.”

Fourie is vrygelaat op borgtog van R5 000 en die saak is tot 19 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

LHS ·

Wenk ontvang ? Baie snaaks dat dit altyd net een groep is teen wie sulke wenke aan die SAP gegee word.

Gert van Wierdapark ·

Daar is n eenvoudig antwoord – hy wou spring-hase gaan jag en uit hul gate blaas!!! He-he-he

Sê maar net ·

Nee, nee, dis vir visvang (plofstof) en ‘n bietjie jag!!
Lyk my arme Josef het sy mond verby gepraat, daai goed is alles “army issue”.
Hou van daai ou amo kis, ja hoe het hulle ons nie op die skietbaan rond gejaag met daai ding bo jou kop nie!!

Ander Koos ·

Merkwaardig hoe “skerp” en vinnig die owerheid kan wees wanneer hulle dink hulle word bedreig. Algemene kennis hoe dinge andersins gedoen word.

humor ·

Daar was in die afgelope tyd berig dat die eff besig is met privaat weermagopleiding. Wonder of die saak al deeglik ondersoek was.

Werner ·

Wonder of hulle ou Malema en die lot gaan vervolg wat so met Ak s in die lug skiet by begrafnisse o jammer hulle is die regte kleur

koos1 ·

Daai, is ek oortuig van, is staatseiendom. Aan SAPS of Weermag behoort.

Yankee ·

Die ou het molle in sy tuin. Hoe anders. Sou dieselfde doen hier in California.

Swart Piet ·

Weereens ‘m duidelike bewys dat die staat nie hulle eiendom veilig kan bewaar nie.

Karolis ·

Ag so what, ek maak ball bearings bymekaar.
Gaan eendag vir my ‘n bb gun koop.

humor ·

Los die man uit hy doen goeie en gevaarlike werk. Hy maak maar net bymekaar dit wat die polisie per ongeluk “verloor” het.

Tiger ·

Sal dit waardeer as die fluitjieblaser se naam ook bekend gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.