Man vas oor groot hoeveelheid diesel

Argieffoto: SAPD

Die polisie in die Noord-Kaap het Donderdag ’n man by sy huis naby Mothibistad, noordoos van Kuruman, in hegtenis geneem oor 1 425 liter diesel wat op die perseel gevind en vermoedelik gesteel is.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang waarna hulle ondersoek op die man se erf in Mapoteng gaan instel het.

Kanne vol diesel is in ’n stoorkamer op die erf gevind terwyl nog kanne agter op ’n bakkie gelaai was. Die polisie het ook tydens die klopjag op die voertuig beslag gelê wat as bewys in die saak teen die man sal dien.

Volgens Tawana probeer die polisie in dié stadium vasstel waar die man soveel diesel in die hande kon kry.

Die man sal na verwagting binnekort in die Mothibistad-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Johan Bean, bevelvoerder van die John Taolo Gaetsewe-polisiegroepering, het gesê die inhegtenisneming moet as waarskuwing aan diegene dien wat brandstof van hul werkgewers of maatskappye waarvoor hulle werk probeer steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Nevermaaind dat mens nie soveel brandstof by die huis mag aanhou nie…

Andre ·

Hy gaar seker maar vir die “so called Apocalypse ” op!!

Chris Ws ·

Die perk op petrol was altyd 10 liter per perseel.Maar diesel se perk ken ek nie maar dit verskil wel van petrol sin.Ek het 200 liter diesel in voorraad op die plaas waar ek woon vir my bakkie en my kragopwekker.Is dit dalk ook ook onwettig?Wonder maar net.

Cora Simpson ·

Miskien weet hy iets wat ons nie weet nie. Onthou toe almal “Baked Beans” en “Bully Beef” gestoor het? So, miskien kom die diesel maer jare

jakes ·

Jammer hy is vasgetrek want hy het genoeg diesel gehad om sy eie vervoer besigheid te bedryf. Al wat hy nog moes doen was om n trok te gaps. So op n manier is hy eintlik n entepreneur meneer.

Cherokee ·

Ek het vir etlike jare 200L dromme met 130 oktaan vliegtuigbrandstof in my motorhuis gestoor. Die enigste vraag is of dit versekeringsgoedkeuring sal wegdra.

Sputnik ·

Perk op die hoeveelheid brandstof op ‘n perseel? Boere het dan dikwels 1 000-liter tenks, dikwels meer as een, met veral diesel on op hul plase, of is ‘n plaas nie ‘n “perseel” nie?

Hendrik ferreira ·

Ek verstaan nie my oupa het op sy plaas ten alle tye 10000l behalwe in die oestyd dan het hy meer van waneer af is dit onwettig om diesel te hê?

Ronel ·

Ek vermoed brandstof mag moontlik per permit en die nodige veiligheids maatreels op n perseel aangehou word as bewys gelewer kan word dat dit wel deel van die noodsaaklike voorraad van n bedryf is. Wat ek wel weet is dat die SHEQ regulasies op brandstof “storing” redelik streng is. Maar ek dink nie die knaap het juis die papierwerk vir daai brandstof nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.