Man vas oor moord kort ná hy vrou as vermis aanmeld

(Argieffoto: Kent Williamson)

Sicelo Gumede (34) het Maandag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy 31-jarige vrou, Zanele. Sicelo bly in aanhouding tot hy op 26 November 2020 weer in die hof moet verskyn vir sy formele aansoek om borgtog.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê Zanele se liggaam is Vrydagoggend omstreeks 07:00 langs Lonrhorylaan in Mooinooi in Noordwes gevind. Die polisie is dadelik ontbied.

Die liggaam het verskeie meswonde gehad en haar keel is met ʼn onbekende voorwerp afgesny.

“Paramedici is na die toneel ontbied en sy is op die toneel dood verklaar. Terwyl beamptes op die toneel was, het Rustenburg-polisie met ʼn verdagte by die toneel opgedaag wat vroeër sy vrou as vermis aangemeld het,” het Myburgh bygevoeg.

Ná ʼn omvattende ondersoek is Sicelo in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Androclus ·

Gedink hy gaan nie verdink word nie,as hy sy vrou as vermis gaan aangee het.Dom man dom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.