Man vas oor moord op vyf persone

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

ʼn 26-jarige man van Joe Slovo Park in die Wes-Kaap is Vrydagmiddag in hegtenis geneem as deel van ʼn ondersoek oor die moord op vyf persone, insluitend twee vroue.

Ses verdagtes het op 8 Oktober omstreeks 22:00 toegeslaan op ʼn huis in Sekowastraat. “ʼn gewapende verdagte het ʼn vrou doodgeskiet en ʼn ander beseer. Die aanvallers het later die aand drie mans en ʼn vrou in ʼn ander huis in Dadastraat, naby aan die eerste toneel, doodgeskiet,” het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die man sal na verwagting Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Potelwa het gesê terwyl die ondersoek voortduur kan nog inhegtenisnemings verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.