Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het ʼn motor in Constantianek gesien en dit begin agtervolg. Die bestuurder van die motor het glo gesien die polisie agtervolg hom waarna hy glo vinniger en roekeloos begin ry het.
Volgens Rwexana het ʼn hoëspoed-jaagtog gevolg en het die bestuurder van die motor teen ʼn boom gebots op die hoek van Canterbury- en Rhodesweg in Claremont.
Die 28-jarige bestuurder is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy is onder polisiebewaking en sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.