Man vas vir kinderpornografie

Die polisie het die verdagte se selfoon op die toneel deursoek en pornografiese foto’s van kinders ontdek. (Foto: pixabay)

’n 53-jarige man sal Woensdag in die Durban-landdroshof verskyn nadat hy vir die besit van kinderpornografie in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang van ’n verdagte wat kinderpornografie besit en versprei.

“’n Geheime agent wat in die VSA gebaseer is, het die polisie in kennis gestel dat die verdagte die kinderpornografie op sosiale media versprei.

“’n Ondersoek is deur die polisie se provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings van stapel gestuur wat tot die identifisering van die verdagte gelei het.”

Volgens Gwala het die polisie tydens ’n soektog in Ridley Park, Malvern, Dinsdagoggend op ’n selfoon en drie geheuestokkies beslag gelê.

“Die polisie het die selfoon op die toneel deursoek en pornografiese foto’s van kinders ontdek. Die man is op die toneel in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

Wat se tipe booswigte verkoop hulle kinders aan sulke drek ???

Windhond ·

Ek hoop hulle gooi sommer die sleutels vir sy tronksel ver weg

Elize ·

Ek kan nie verstaan dat ‘n mens so siek in die brein kan wees nie

Charl ·

Verwyder sulke siek monsters uit die samelewing, hy’s tien teen een ‘n pedofiel ook !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.