Man vas vir moord op student

Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) Foto; DUT, Facebook

ʼn 21-jarige man sal Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn student van die Durban-Universiteit van Tegnologie.

Sifundo Nhlongo (19) is op 7 Januarie by studenteverblyf in Yusuf Dadoo-straat in Durban doodgesteek. Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, is Nhlongo in die nek gesteek en deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Die verdagte, wat vermoedelik ʼn student op dieselfde kampus is, het van die toneel gevlug en was sedertdien soek,” het Gwala gesê. “Gisteroggend (Woensdag) het die ondersoekbeampte in die saak inligting oor die verdagte opgevolg en hom in Isipingo in hegtenis geneem waar hy weggekruip het.”

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.