Die polisie in Harrismith in die Vrystaat het ʼn 24-jarige man in hegtenis geneem in verband met die aanranding, verkragting en roof van ʼn 68-jarige vrou.
Lede van die polisie se eenheid vir familie- en kinderbeskerming en seksuele misdade het die verdagte in hegtenis geneem ná die polisie gevra het vir hulp van die gemeenskap om die skuldige vas te trek.
Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer het Sondagoggend omstreeks 02:30 wakker geword nadat sy voetstappe in haar huis gehoor het.
“Die verdagte het haar gegryp, met ʼn skerp voorwerp gesteek en toe verkrag,” het Mophiring verduidelik.
Mophiring het gesê die slagoffer is na die hospitaal geneem vir behandeling. “Die verdagte het op die vlug geslaan met drie selfone en kontant van haar onderneming wat sy van die huis af bedryf,” het Mophiring gesê.
Maj. Genl. Peter Moloi, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-polisiëringsgebied, het gesê dit is die polisie se prioriteit om bejaardes te beskerm. “Ek wil die gemeenskap bedank vir hul hulp met die vastrek van die verdagte.”
Wat help dit om die gemeenskap te bedank en en, vir die inhegtenisneming van die verdagte, hier areme dame se lewe is geruïneer, maak ‘n plan van aksie dat die tiepe dinge nie gebeur nie
Tak en tou die skuldige(,s) in hierdie tipe misdaad, so ook moordenaars!