Kapt. Luvuyo Mjekula, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het glo twee weke gelede die twee meisies, onderskeidelik ses en nege jaar oud, in sy huis op die plaas verkrag. Alexandria is ongeveer 100 km noordoos van Port Elizabeth geleë.
Volgens Mjekula het ʼn onderwyseres van die twee kinders van die beweerde verkragting bewus geraak gedurende ʼn opvoedkundige program wat by hul skool gehou is tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek.
Die onderwyseres het die voorval by ʼn maatskaplike werker aangemeld wat verklarings by die kinders afgeneem het en die saak by die Alexandria-polisie aangemeld het. Die man is kort daarna by sy huis in hegtenis geneem.
Die saak is Maandag tot 28 Junie uitgestel wanneer die verdagte om borgtog sal aansoek doen. Hy sal tot dan in polisieaanhouding bly, het Mjekula gesê.
Riaan Myburgh, ek stem saam met jou en Regter Mabel Jansen. Nuwe sport op die Suid Afrikaanse lys van sport soorte. Verkragting en Brandstigting.
En steeds sal Gillian Schutte stry teen die statistieke
Knap gedaan juffrou vir jou oplettendheid