Drie maal was nie, daarom sal Zeerust Saterdag op sy tuuisveld hoop víér maal is skeepsreg.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Junie 2016
Griekwasliga: kampioen skrum Kuruman kis
Die Griekwas se klubkampioen en Goue Bekerspan, Sishen, het Kuruman kis geskrum in die Superliga se laaste rondomtaliewedstryd van die seisoen.
SWD-liga: nog `n noue ontkoming vir kampioen
Dis nou maar eenmaal so dat die meeste klubs `n tikke ekstra insit wanneer hulle teen `n kampioen speel, en dis dalk te meer so in die erg mededingende Premierliga van die Suidwestelike Distrikte (SWD).
Video: Bejaardes brei vir behoeftige kinders
Bejaardes in Pretoria kom die afgelope maand byeen om serpe en komberse vir behoeftige kinders landwyd te brei.
Video: Elke stem tel, sê VF+
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, sê diegene wat dink ‘n stem vir ‘n kleiner politieke party is een wat vermors word, moet wéér dink.
Zuma maan SA’ners om ekonomie om te draai, werk te skep
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika moet maniere vind om die huidige ekonomiese en werkskeppingsuitdagings aan te spreek om vorentoe te beweeg.
Onvoltooide brûe in Kaapstad moet met verkeersprobleme help
Die stad Kaapstad sal binnekort begin soek na ʼn privaat vennoot om planne te beraam om die bekende onvoltooide brûe in die middestad af te handel.
‘Roekelose ANC’ moet lede in bedwang bring in Tshwane
Die Vryheidsfront Plus, munisipalewerkersvakbond Samwu en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het betogings in Pretoria veroordeel.
Pretoria-onluste: ‘Weermag net as laaste opsie ontplooi’
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Dinsdag aangekondig dat die weermag nie in die stadium ontplooi sal word nie te midde van geweld oor groot dele in en om Pretoria.
[Foto’s] Só word jong meisie ʼn ou man
Die spreekwoord sê nie verniet “moenie iemand op sy baadjie takseer nie”. ʼn Grimeerkunstenaar van Engeland het mense se monde laat oophang toe hy ʼn jong meisie in ʼn ouer, manlike punk verander het.
Die wêreld in foto’s – 21 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sowetodag – ʼn oudjoernalis onthou
“Vir die tweede keer daardie dag word ek gegryp, die keer deur polisiehande. Hulle prop my voor in hul voertuig. Daar is ʼn lid langs my, nog een agter my. Die man agter my druk die loop van sy aanvalswapen teen my agterkop vas..” Pierre Massyn, oud-TV-verslaggewer, vertel van Sowetodag in 1978 – ‘n dag wat hy nooit sal vergeet nie.
Só lyk die nuwe iPhone 7
Apple het tot dusver elke jaar in September ʼn nuwe iPhone bekendgestel en stel vanjaar ook nie teleur nie – aanhangers van dié vervaardiger wag in spanning vir die jongste iPhone 7, wat in September vanjaar bekendgestel word.
‘Kragmeter-skandaal laat Nkandla soos kleingeld lyk’
AfriSake het Dinsdag gesê die omvang van die bedrag belastingbetalersgeld wat as deel van die Tshwane-metroraad se omstrede voorafbetaalde kragmeterkontrak met die maatskappy PEU Capital verkwis is, laat die geld wat op president Jacob Zuma se privaat landgoed by Nkandla bestee is, soos kleingeld lyk.
Bevorder Afrikaans met jou sêgoed
Is jy Afrikaans se eie Willem Wikkelspies? Wil jy ʼn bydrae tot Afrikaans lewer wat vasgelê kan word in woordeboeke vir toekomstige geslagte? Hierdie kompetisie gee jou die kans om jou taalvernuf te wys.
Pretoria-onluste woed voort; weermag dalk ontplooi
Massabetogings woed steeds voort in en om groot dele van Pretoria, glo weens ontevredenheid oor die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metrogebied.
‘Die koms van die biblioteekbus’: Keina se onthou-stories
Haar stories raak jou hart, want haar stories klink en voel ʼn bietjie soos jou eie.
Twee vas vir Koedoeskop-plaasaanval
Twee mans, wat na bewering in Mei vanjaar ʼn boer en ‘n werker op hul plaas naby Koedoeskop oorval en aangerand het, is Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.
KZN-liga: oorsese rugby fnuik Impi in Moorbeker
Uitgebreide rugbyverpligtinge oorsee het UKZN Impi Saterdag verplig om punte in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga (Moorbeker) te gee.
Bekende Namibiër boet met lewe om gesin te beskerm
Hans-Jörg Möller, ʼn bekende vlieënier en sakeman in Namibië se toerismebedryf, het met sy lewe geboet om sy gesin tydens ʼn aanval by hul huis in Walvisbaai te beskerm.