`n Vuurdoop in internasionale rugby is moeilik genoeg, maar dit kan kwalik erger wees as dit boonop in gure weer met sneeu en reën geskied.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "wedstrydverslae"
GB: dis groentjie teen hardebaard in eindstryd
`n Groentjie in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker betwis Saterdag die eindstryd in die reeks teen die hardste van die hardebaarde.
GB: naelbytsege, maar Durbell is deur
Die senuwees was rou geskaaf, maar die verdedigende Goue Beker-kampioen, Durbanville-Bellville, is deur na die halfeindronde van die oop klubs se internasionale reeks om dié beker.
GB: Valsbaai is met `n wenplan Loftus toe
DirectAxis Valsbaai (Westelike Provinsie) is Saterdag Loftus Versfeld toe met `n plan om Pretoria Polisie (Blou Bulle) te klop.
GB: Brakpan slaan toe dié keer agter
Net toe dit begin lyk of Siyaya Brakpan (Valke) alles voorlangs doen, toe slaan hy Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) met sy agterlyn dat die Baaise Bobbies steier.
GB: Valsbaai verstom teen Bobbies in kwarteind
Valsbaai (Westelike Provinsie) het vriend en vyand verstom met `n wegholsege in die oop klubs se reeks om die Goue Beker Saterdag oor Pretoria Polisie (Blou Bulle) op Loftus Versfeld in snikhete Hoëveldse somerweer.
GB: ‘ongelooflike ervaring’ vir Valsbaai
Valsbaai, die Westelike Provinsie se kampioen, se heel eerste deelname aan die oop klubs se reeks om die Goue Beker, was dusver `n “ongelooflike ervaring”.
GB: kampioen offer ster vir tuiskwarteindstryd
Die verdedigende Goue Bekerhouer, Durbanville-Bellville (Westelike Provinsie), het Saterdag van `n kwarteindstryd tuis seker gemaak, maar een van sy uitblinkers is in die proses ernstig beseer.
GB: Pretoria Polisie wil peil teen Valsbaai lig
Pretoria Polisie (Blou Bulle) wil steeds sy spelpeil lig wanneer hy Saterdag die Westelike Provinsie se kampioen, Valsbaai, in die kwarteindstryd van die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker (GB) aandurf.
GB: Panne se agttal gee toon aan
Brakpan (Valke) se voorspelers het Saterdag die toon aangegee in sy oorwinning van 29-16 oor Old Georgians van Harare (Zimbabwe) in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker (GB).
All Blacks verneder Springbokke
Nieu-Seeland het Suid-Afrika Saterdag op Kingspark in Durban verneder deur hom 57-15 te klop.
GB: Brakpan het die diepte om kroon te dra
Siyaya Brakpan (Valke) het Saterdag teen Witrivier (Pumas) getoon dat hy die vermoë én die diepte het om vanjaar bo uit te kom in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker.
GB: Georgians regverdig insluiting deur en deur
Die twee buitelandse klubs in die reeks om die Goue Beker, maar veral Old Georgians van Harare (Zimbabwe), het dusver hul insluiting in die reeks deur en deur geregverdig.
GB: PE Polisie fnuik taktiese skopwerk
Don’s Pawn Shop Port Elizabeth (Oostelike Provinsie) moes Saterdag alles in die stryd werp om Sishen (Griekwas) se taktiese skopwerk te fnuik in hul kragmeting in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker.
GB: dit sal bars gaan om Durbell te onttroon
Wie ookal in gedagte het om Durbanville-Bellville (Westelike Provinsie) as Goue Beker-kampioen te onttroon, kan maar weet dit sal nie maklik gaan nie.
GB: klein jakkalsies berou Old Georgians
Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel, lui die spreekwoord, en dis wat Old Georgians (Zimbabwe) berou nadat Valsbaai hom Saterdag 38-25 op die Polisieterrein in Harare in die internasionale reeks om die Goue Beker geklop het.
GB: Northam staan nie terug met drieë druk
In weerwil van sy pak Saterdag teen Wanderers (Namibië) in Windhoek staan die span van Northam Platinum Rhinos (Limpopo Blou Bulle) nie terug as dit by die druk van drieë in die reeks om die Goue Beker kom nie.
GB: Pretoria Polisie mik nog na 80 minute
Pretoria Polisie werk steeds daaraan om `n 80-minutewedstryd in die oop klubs se reeks om die Goue Beker bymekaar te sit.
GB: Oos-Londen vang PE Polisie aan die slaap
Don’s Pawn Shop Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) is Saterdag op sy tuisveld aan die slaap gevang in sy wedstryd in die internasionale reeks om die Goue Beker teen Oos-Londen Polisie (Grens).
GB: oefen-nagmerrie knelter Welkom Rovers
Dis was `n nagmerrieweek vir Welkom Rovers (Griffons) wat voorbereiding vir sy wedstryd Saterdag teen College Rovers (KwaZulu-Natal) in die reeks om die Goue Beker betref.