Mike Pendock Motors Old Selbornians (Grens) het Saterdag “ontsagwekkend” vertoon in sy wedstryd teen Worcester Villagers (Boland) in die oop klubs se reeks om die Goue Beker op eersgenoemde se tuisveld in Oos-Londen.
Alles vir die sleutelwoord "wedstrydverslae"
Cheetahs verniel Pumas, steeds bo
Die Cheetahs het hul eerste plek op die Curriebeker-punteleer behou deur die Pumas Vrydag in die Mbombela-stadion in Nelspruit te verniel.
GB: vaste fasette deurslaande in Durbell-sege
Goeie vaste fasette in sy Goue Beker-wedstryd Saterdag teen Welkom Rovers (Griffons) het `n stewige platform vir Durbanville-Belville (Westelike Provinsie) se baldraers geskep.
Eerste Liga: SWD laat Grens sommer groot skrik
Die Suidwestelike Distrikte (SWD) het die Grens Vrydag in Oos-Londen sommer groot laat skrik in `n verbete poging om vir die halfeindstryd in die Curriebeker- Eerste Liga in aanmerking te kom.
GB: keerwerk help Georgians geskiedenis maak
Skitterende keerwerk het Old Georgians (Zimbabwe) Saterdag in staat gestel om geskiedenis in die oop klubs se reeks om die Goue Beker te maak.
GB: Northam vasbeslote om sterker te wedywer
Northam Platimum Rhinos (Limpopo Blou Bulle) is vasbeslote om strawwer teenstand in die res van die reeks om die Goue Beker te bied.
GB: Durbell skrum Old Selbornians kis
Vernietigende skrumwerk deur Durbanville-Belville (Westelike Provinsie), die verdedigende Goue Beker-kampioen, het hom Saterdag van `n goeie oorwinning oor Old Selbornians (Grens) verseker.
GB: fikser Pretoria Polisie raak Sishen baas
`n Fikser Pretoria Polisiespan het op die ou end Saterdag Sishen baasgeraak in die twee spanne se kragmeting in die reeks om die Goue Beker.
GB: PE Polisie klop Bloem in Bobbies-botsing
Don’s Pawn Shop Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) het Saterdaag die eerste kragmeting in die sogenaamde “botsing van die Bobbies” in Groep D gewen deur sy Bloemfonteinse eweknie (Vrystaat) onder te sit.
GB: Valsbaai wen oortuigend teen Collegians
DirectAxis Valsbaai (Westelike Provinsie) het sy Goue Bekerveldtog met `n oortuigende oorwinning oor Durban Collegians (KwaZulu-Natal) afgeskop
GB: Welkom Rovers verras in openingswedstryd
Welkom Rovers het `n verrassende bonuspuntsege in die openingswedstryd van die reeks om die Goue Beker behaal deur Villagers van Worcester voor dié se makroskare op Bolandpark, Worcester, te klop.
Sandveldliga: kampioen in kwarteind uitgeklop
Die swaargewigte het, soos voorspel is, maar swaar geleef en die Griffons se Sandveld-kampioen het Donderdag teen alle verwagting in `n uitklophou in die kwarteindronde van die liga gekry.
Griekwasliga: kampioen skrum Kuruman kis
Die Griekwas se klubkampioen en Goue Bekerspan, Sishen, het Kuruman kis geskrum in die Superliga se laaste rondomtaliewedstryd van die seisoen.
KZN-liga: oorsese rugby fnuik Impi in Moorbeker
Uitgebreide rugbyverpligtinge oorsee het UKZN Impi Saterdag verplig om punte in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga (Moorbeker) te gee.
Curriebeker: drie spanne se aanspraak verswak
Drie spanne se aanspraak op `n plek om die reeks om die Curriebeker is verswak deur die nederlae wat hulle die afgelope naweek in die opstelronde gely het.
Ses nog sterk in wedloop Curriebeker toe
In dié stadium van die opstellende ronde lyk dit of daar ses redelike sterk aanspraakmakers op die drie vakatures in die Curriebekerreeks is.
Griekwas, Grens, WP onoorwonne in opstelronde
Die drietal Griekwas, Grens en die Westelike Provinsie (WP) is die enigste onoorwonne spanne in die opstellende ronde vir die Curriebekerreeks ná die naweek se wedstryde.
Pumas laat struikel Kavaliers se perd
Die Boland Kavaliers is voor Saterdag se wedstryde steeds die voorloper in die opstellende ronde van die Curriebeker ongeag sy nederlaag Vrydag in Nelspruit teen die Pumas.
Held kry 36 punte in Luiperdsslagting
`n Merkwaardige 36 punte Saterdag deur die Griffons se losskakel het die span op Welkom gehelp die Curriebeker se Eerste Ligakampioen, die Luiperds, behoorlik te slag.