Die drietal Griekwas, Grens en die Westelike Provinsie (WP) is die enigste onoorwonne spanne in die opstellende ronde vir die Curriebekerreeks ná die naweek se wedstryde.
Lees meerAlles vir Saterdag 23 April 2016
Beloning aangebied vir inligting oor renosterstropers
ʼn Natuurbewaringsgroep in die Oos-Kaap bied ʼn R100 000 beloning aan vir inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei van die persone agter ʼn vlaag renosterstropings in dié provinsie.
‘SA moet Zuma respekteer,’ sê Swazi-koning
“Vir Swazi’s is dit baie ontstellend as ʼn leier onderbreek word wanneer hy sy staatsrede lewer. Ons was baie ongelukkig oor wat gebeur het gedurende pres. Jacob Zuma se afgelope staatsrede,” het koning Mswati gesê.
Mmusi Maimane: ‘SA verdien ʼn eerlike regering’
“Dit is ʼn geleentheid om te sê ons as Suid-Afrikaners verdien ʼn eerlike regering; ʼn regering wat sy beloftes hou. ʼn Regering wat verantwoording doen vir sy optrede. Hierdie verkiesing is die eerste stap na ʼn beter toekoms vir ons land.”
Huishulp kom op vrou se lyk af
ʼn 65-jarige vrou van Vanderbijlpark se liggaam is Saterdagoggend in haar huis deur haar huishulp gevind.
Seun (12) sterf in fratsongeluk op plaas
ʼn 12-jarige seun is Vrydagmiddag op ʼn plaas naby Gordonsbaai in die Wes-Kaap doodgeskok.
DA eis om ministers se Nkandla-briewe te sien
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê dié party dring daarop aan om die briewe te sien waarin pres. Jacob Zuma glo die ministers berispe wat by die Nkandla-opgraderingsprojek betrokke was.
Oos-Vrystaat: Oudskoliere, Reitz voor in liga
Bethlehem-oudskoliere (Suid) en Reitz (Noord) is die voorlopers in die twee groepe van die Oos-Vrystaatse liga.
Pistorius-familie kap terug oor boek se ‘verregaande bewerings’
Oscar Pistorius se familie het Vrydag gereageer op bewerings wat in ʼn nuwe boek gemaak word. Volgens dié boek is daar “nuwe bewyse” wat glo daarop dui dat Oscar sy meisie, Reeva Steenkamp, aangerand het voordat hy haar op Valentynsdag 2013 doodgeskiet het.
Man sterf toe motor hom tref ná botsing
ʼn Man is Saterdag in die vroeë oggendure dood toe sy motor op die N1-Suid buite Pretoria teen ʼn ander voertuig gebots het, hy uit die motor geslinger is en deur ʼn derde motor teen ʼn hoë spoed getref is.
Sandveldliga: Hoopstad se agttal baljaar
Hoopstad se voorspelers het baljaar en Donderdag sewe van die span se elf drieë gedruk in sy wegholsege van 65-0 oor Beatrix in die Griffons se Sandveldliga.
Wes-Kaapse polisieman doodgeskiet
ʼn Polisiekonstabel wat van diens was, is Vrydagaand in Delft naby Kaapstad doodgeskiet.
Man ondervra ná vrou se skietdood
ʼn KwaZulu-Natalse man is deur die polisie ingeneem vir ondervraging nadat sy vrou Vrydagaand doodgeskiet is toe sy van die werk af by die huis gekom het.
Boek: Die klein heksie
Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te neem.
Panama Papers: Beslag gelê op sakke vol versnipperde dokumente
Panamese beamptes het Vrydag ʼn klopjag uitgevoer op ʼn pakhuis van die regsfirma Mossack Fonseca, wat sentraal staan in die sogenaamde Panama Papers-skandaal.
Pretoria gereed om parlement te huisves, sê burgemeester
Die Tshwane Metro is gewillig en gereed om die parlement permanent te huisves, maar die stad sal nie probeer om hierdie verantwoordelikheid te kaap deur te besluit of die wetgewer in Kaapstad of in Pretoria moet wees nie, het Kgosientso Ramokgopa, Pretoria se burgemeester, Vrydag gesê.
‘Kaper’ kruip onder bed weg
Die polisie in Noordwes het Vrydag ʼn vermeende kaper in hegtenis geneem ná ʼn mislukte poging vroeër die middag om ʼn voertuig in Klipgat naby Brits te kaap.
[Foto’s] Storm rig skade aan in Kaap
ʼn Swaar reënstorm aan die Weskus het Vrydag heelwat skade aangerig met meer as 150 huise wat oorstroom is.
Gedagte vir die dag: Riglyne om die Herder te volg
Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. Wanneer hy al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. (Johannes 10:3-4, 27)