Die Westelike Provinsie het na rustyd Vrydagaand sy seisoen gered toe hy Griekwas in Kimberley 52-31 in die belangrike Curriebekerwedstryd geklop het.
Lees meerAlles vir Vrydag 23 September 2016
Cheetahs verniel Pumas, steeds bo
Die Cheetahs het hul eerste plek op die Curriebeker-punteleer behou deur die Pumas Vrydag in die Mbombela-stadion in Nelspruit te verniel.
Studente bly agter tralies ná betoging
Elf studente wat in hegtenis geneem is nadat grootskaalse skade by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus aangerig tydens betogings, bly tyd en wyl agter tralies.
Man reël glo om vrou te laat vermoor
ʼn 48-jarige man is buite Kuruman in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn huurmoord op sy vrou probeer reël het.
Zuma breek stilte oor studentebetogings
Pres. Jacob Zuma het Vrydag sy stilte gebreek oor studentebetogings wat sedert Maandagaand oor kampusse landwyd voorkom.
Bulle skrik maar klop Boland tog ver
Die Blou Bulle het die Boland Vrydagmiddag na verwagting goed in Wellington afgeransel, 48-26. Hulle het vyf Curriebeker-punte uit die wedstryd verdien en is steeds op koers vir ʼn halfeind-plek.
Jason Rohde ‘verlig’ oor hofbeslissing
Jason Rohde, die man wat aangekla word van die moord op sy vrou, is verlig dat hy kan terugkeer Johannesburg toe.
Twee wat vrou se keel tydens roof oopsny, sit lank
Aneen Barnard is erg aangerand tydens die rooftog. Sy is so hard gewurg dat sy haar bewussyn verloor het. Sy het later in ʼn plas bloed wakker geword.
ToekomsVenster: ‘n Lewe van volle toewyding
Daarom is dit baie belangrik dat ons onsself as lewende offers op die altaar van God sal plaas, Romeine 12:1-2, wanneer ons deur die krag van die Heilige Gees begin opereer.
Nuwe Premier-hokkieliga in die pylvak
Die eerste toernooi van die Premier-hokkieliga (PHL) bereik dié naweek sy hoogtepunt wanneer die uitspeelrondes en eindstryde by die Randburgse hokkiestadion afgehandel word.
Die wêreld in foto’s – 23 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Diewe steel pikkewyn uit Bayworld
Die polisie in Port Elizabeth is op soek na twee mans wat Donderdagoggend in die Bayworld-oseanarium ingebreek en ʼn pikkewyn gesteel het.
Vulstasie-aanranding: Erger aanklag teen broers
Die twee broers wat in hegtenis geneem is in verband met die erge aanranding van die countrysangeres Mari Minnaar se pa, Jan (68), het albei in die hof verskyn en staan nou op ʼn erger aanklag tereg.
[Foto’s] Afrikaanse sangeres gee jawoord
Haar kêrel het bo-op die Bank Towers ʼn piekniek-atmosfeer geskep met blomme, sjampanje, koek en kerse. Die sangeres het vertel sy was baie verras en het sommer dadelik ja gesê.
Tussen Sterre gereed om gehore in suiwer Afrikaans te rock
Hy meen dat dit vir Tussen Sterre belangrik is om eg Afrikaans te bly “omdat daar min musiekgroepe daar buite is wat eg Afrikaans bly. Baie van hulle sluit woorde in soos cool en babes.”
Veiligheidsbeamptes met aanvalsgewere geskiet
Rina Pringle (57), ʼn veiligheidsbeampte van Delmas in Mpumalanga, en haar kollega, Joseph Coombe, se aanvallers het met AK47-aanvalsgewere op hulle losgebrand.
Hlaudi kap na kritici by Mandoza-begrafnis
“As ek die SAUK verlaat, sal dit nie die eerste keer wees nie. Ek het voorheen die SAUK verlaat en ek het net sterker en sterker teruggekom.”
CPD-punte kan nou in Afrikaans behaal word
S-leer, Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer, het Donderdag amptelik sy akkreditasie ontvang om punte vir voortgesette professionele opleiding (CPD-punte) aan werkende mense toe te ken.
Namibiese skoonheid en rocker-man verwelkom pienkvoet
Die Namibiese skoonheid het ook haar swangerskap gedokumenteer met ʼn reeks Instagram-foto’s van haar groeiende baba-magie. Dit is veral ook die pienkvoet se naam wat die tonge laat klap.
Vulstasie-aanranding: Albei broers vas
Die twee broers, wat daarvan verdink word dat hulle ʼn 68-jarige man so erg by ʼn vulstasie buite Rustenburg aangerand het dat sy hele gesig van sy onderste kake boontoe oorgebou moes word, is in hegtenis geneem.