Suid-Afrika se krieket-Proteas het die eendagwedstryd teen Ierland op Willowmoorepark Sondag op ʼn drafstap met 206 lopies gewen.
Lees meerAlles vir Sondag 25 September 2016
Hond steek vrou met mes
ʼn Vrou is Woensdag na ʼn hospitaal gehaas nadat haar hond haar met ʼn mes gesteek het.
Leiband dalk binnekort verpligtend vir katte in dié dorp
Leibande vir katte sal binnekort, net soos vir honde, verpligtend wees indien ʼn stadsraad in Alaska se aanbeveling goedgekeur word.
Kêrel het meisie glo by woonstel uitgestamp
ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou glo Sondagoggend omstreeks 02:00 uit die venster van ʼn woonstel op die 14de verdieping van ʼn gebou in Johannesburg gestamp is.
Oos-Kaap-polisie ondersoek tref-en-trap-ongeluk
Die polisie in Butterworth ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn voetganger in die dorp doodgery is.
Motsoeneng: Hof is al uitweg, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het sy regspan opdrag gegee om Hlaudi Motsoeneng se heraanstelling as “waarnemende” bedryfshoof by die SAUK terug te neem hof toe, het die party Sondag gesê.
SA’ner wen Grand Prix-titel
Brad Binder (21) is Sondag die eerste Suid-Afrikaner in 36 jaar wat ʼn Grand Prix-titel verower ná hy as die Moto3-wêreldkampioen aangewys is.
VSA-verkiesing: Clinton en Trump is kop aan kop
Hillary Clinton en Donald Trump is byna kop aan kop in die meningsopnames voor die eerste presidensiële debat, het die Washington Post Sondag berig.
CoP 17: Konferensie oor natuurbeskerming in Jhb
Meer as 2 500 afgevaardigdes van 180 lande vergader tydens die 17de konferensie van die partye (CoP 17) van die konvensie oor handel in bedreigde spesies (Cites) in Sandton, Johannesburg.
Twee deur, drie spook om twee plekke
Die Vrystaat Cheetahs speel sy halfeindstryd in die Curriebekerreeks tuis, die Blou Bulle het ook reeds vir die halfeind gekwalifiseer en die OP Kings, die Pumas en die Boland is nie meer in die uitspeelpermutasies nie.
Wêreld se grootste radioteleskoop geopen
Honderde astronome en entoesiaste het Sondag die opening van die FAST-teleskoop bygewoon.
Varsity-netbalreeks: Stryd om uitspeelplekke in die pylvak
Maandag se voorlaaste ronde van die 2016 Varsity-netbalreeks sal nie net hewige wedywering bring nie, maar kan ook deurslaggewend wees in die wedloop na die uitspeelrondes.
Petrolbomme op Wits-kampus gevind
Die Universiteit van die Witwatersrand het bevestig dat drie petrolbomme Saterdag op sy Braamfontein-kampus gevind is.
GB: Old Selbornians ‘ontsagwekkend’ teen Villa
Mike Pendock Motors Old Selbornians (Grens) het Saterdag “ontsagwekkend” vertoon in sy wedstryd teen Worcester Villagers (Boland) in die oop klubs se reeks om die Goue Beker op eersgenoemde se tuisveld in Oos-Londen.
Vermeende selfoon-bedrieërs in KZN aangekeer
Vier persone is in Dundee in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van selfoonbedrog en vervalsing.
Studentebetogings is ʼn aanval op die samelewing, sê Ramaphosa
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Saterdag gesê om boeke, skole en lesinglokale af te brand, is ʼn aanval op die fondamente van die samelewing.
ANC-vroueliga veroordeel geweld teen vroue deur Uber-bestuurders
Die ANC-vroueliga het Saterdag sommige Uber-bestuurders se gewelddadige optrede teen vroulike passasiers veroordeel en gesê die organisasie beplan om ondersoek in te stel oor die geldigheid van Uber-bedrywighede.
Gedagte vir die dag: Koop die tyd uit
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd. (Prediker 3:1)