Kêrel het meisie glo by woonstel uitgestamp

boeieʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou glo Sondagoggend omstreeks 02:00 uit die venster van ʼn woonstel op die 14de verdieping van ʼn gebou in Johannesburg gestamp is.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by die Loftus-gebou in Pritchardstraat plaasgevind.

ʼn Veiligheidswag van die gebou het die polisie ontbied en die kêrel “met bloed op sy klere en skoene en op die vloer” aangetref. “Die woonstel is geplunder en die kêrel het aan die polisie gesê hy en sy 26-jarige meisie het baklei.”

Die man sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die ondersoek duur voort.

Mbele het vroue versoek om dadelik die polisie in kennis te stel indien hulle mishandel word. Mishandeling sluit emosionele, finansiële en fisiese mishandeling in. “Moenie in ʼn verhouding bly waar jy mishandel word nie. As jou lewensmaat jou een keer aangerand het en jy doen nie stappe nie, sal hy nie ophou tensy jy hom aangee nie. Stilte is nie goud werd nie; ons maan vroue om aanklagte in te dien indien hulle mishandel word. Samewerking tussen die gemeenskap en die polisie kan die toenemende misdaad teen vroue voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Onaanvaarbaar

Daar is so baie vroue wat in n huwrlik vasgevsngbis omdat hulle finansieel net nie sterk genoeg is op hul eie nie dasrdie vrouens se mans weerhou hulle van geld omdat hulle weet die vrou het geen ander keuse nie! Mans moet besef dat hulle nie hod kan speel nie en dat vrouens net geliefd wil wees!
Sterkte aan die dame se familie!

So hartseer

Ai dis baie harteer wat met die dame gebeur het!
Plaas asb nommers wat dames kan gebruik vir rasd en leiding wat hulself in soort gelyke situasies bevind.
Daar moet n alternatief as die dood wees..?

Eye of the tiger

Ag asseblief. Polisie help nie. Hulle kyk neer op jou. Asof jy iets verkeerd gedoen het om dit te verdien. Of gemors is. Hulle verwys jou na die menseregte kantoor. Ek het probeer hulp kry. Die berader het heeltyd na haar horlosie geloer. O want jy kry net presies een uur slagofferberading. Op die einde moes ek myself help. Weggevlug met net die klere aan my lyf. Ek was ‘n wrak. Het amper my lewe verloor. Weer. Egskeiding gekry. Baie gebid. Gebed help baie. Deure gaan oop. Dit word weer lig. Net die liefde wat ek vir hom het bly.… Lees meer »

Rapes

Dit is baie hartseer dat hulle hul hande vir vroue lig, maar daars ook vroue wat so doen. Tragies.

Fiona

My buurvrou het gespaar, ‘n bietjie op ‘n keer weggesteek selfs al was dit net 10c. Toe die jongste kind klaar is met skool toe koop sy haar vliegkaartjie en los die boelie soos ‘n warm patat in Suid Afrika agter. Hy kan dit nog steeds nie glo nie.