Man vas wat groep jong meisies verkrag

Argieffoto

ʼn 29-jarige man, wat daarvan verdink word dat hy ses meisies, tussen ses en 11 jaar oud verkrag het, is in Lady Frere in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het gesê die jong meisies was op 15 Oktober op pad skool toe, toe hulle die verdagte teëgekom het. “Hy het gedreig om hulle dood te maak en almal verkrag. Hy het hulle na die tyd ook gedreig om nie die voorval aan te meld nie.”

Een van die ouers van die meisies het Saterdag simptome by haar dogter opgemerk en die polisie ontbied. “ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak en die verdagte is Sondag in hegtenis geneem.”

Die man sal binnekort in die Lady Frere-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Baas Steyn ·

Gaan seker n minister of iets word, want as jy wit is, kry jy lewenslank. Maar wanneer jy swart is, gaan jy kabinet toe

Johanna Botha ·

Ag nee die alweer nie …is die pas afgelope lewenslange uitspraak nie n afskrik middel nie ! Wat makeer die siek mense !

Mike ·

I wonder if this will get the same amount of coverage in the medias with Ninow’s case?…..probably not?

Francois ·

Waar is die ANC en EFF nou? Net wanneer ń blanke betrokke is,is hulle daar. Hiedie is erger as die Ninow geval. Waar is die vroueliga? Jammer dat so iets gebeur maar min media dekking word gegee.

Claudia ·

Ons is omring met demone. Eufesiers 6. Ons stryd is nie teen die vlees, maar die bose Gees.

Manie ·

Sak graag wil sien dat die tannies met die anc en eff kopdoeke ook vry die honderde hier opdaag elke dag wat die hoofsaak aangaan. Julle en die pers kan nie net julle verskyning maak as n wit seun voor die hof gedaag word. Sien daarna uit om julle op TV te sien anders gaan ek dalk vermoed julle is n klomp rassiste

Liz ·

Manie jy praat sooo die waarheid, so kom die ander skuldige ouens uit nou en eff en anc tannies stl, wonder ook hkm?

GRIET ·

liewe genade tog!!! HOE op aarde verkrag hy, 6 meisie??? En NIE EEN vlug of skop of skreeu nie!!! DOODSTRAF hopenlik ook vir die perverse monster

Niklaas ·

Dis nou een erge sieko hierdie knaap. Hy sal nooit gerehabiliteer kan word nie , glo ek. Ek wil amper dink hy het lewenslank een groot probleem. Sluit hom toe vir 75 jaar.

anoniem ·

Ek is geneig om met Niklaas saam te stem. ‘n Man wat die stamina het om SES meisies verkrag… dis abnormaal op soveel vlakke. Hy is gevaarlik.

SAMPIE ·

Verstaan nie. 6 gelyk. 5 kon mos gaan hulp soek of het hulle in ‘n ry gestaan en hulle beurt afgewag. En die polisie glo ookdat dit so gebeur het.

Dries Moolman ·

Die standaard is nou gestel: Ses lewenslange tronkstrawwe vir hierdie verkragter – NIKS minder sal aanvaar word nie, anders is daar groot fout in ons regstelsel.

Melanie ·

So Ninow het lewenslank (25 jaar) gekry vir een dogtertjie… Beteken dit dat die swernoot 6 lewenslange jare gaan kry??

JJ ·

Gaan hy ook klaar skuldig wees voor hofsaak en lewenslank kry?Sal maar sien of dit ook oor 3 jaar verdwyn het uit die nuus. Dis siek verby!

Meisie ·

Lewenslank straf per meisie! As dit regverdig is vir Ninow is dit regverdig hierdie siek mens! Sal nou maar sien wat gebeur..

SIOUX ·

Sampie ek verstaan ook nie hoekom die ander weggehardloop het nie.

Roelf Berg ·

Die man moet sy straf wat soos n man. MAAR MAROELA MEDIA laat weet asseblied al die TV stasies sodat hulle die verhoor ook kan beeldsend – deur die hele verhoor. EK waarborg almal mens sal nie sommer weer hiervan hoor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.