Die Universiteit Stellenbosch beplan om sy wêreldbekende Bestuurskool terug te bring na Stellenbosch.
Lees meerAlles vir Sondag 20 Oktober 2019
Polisie sê oor ‘wegblyaksie’ in Bloemhof
“Die publiek word gemaan om die brief te ignoreer wat nie eers die besonderhede van die skrywer bevat nie. Dit skep onnodig vrees.”
Man vas wat groep jong meisies verkrag
ʼn 29-jarige man, wat daarvan verdink word dat hy ses meisies, tussen ses en 11 jaar oud verkrag het, is in Lady Frere in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.
Springbokke klop Japan, maar verdien g’n Oscar vir spel
Suid-Afrikaners sal teen Wallis in die Wêreldbeker-halfeindstryd te staan kom.
Minstens 6 sterf in Durban-ongeluk
Minstens ses persone is Sondag dood ná ʼn minibustaxi die pad verlaat en ʼn paar honderd meter teen ʼn helling afgerol het.
DA se federale voorsitter aangewys
Die Demokratiese Alliansie het Sondag sy nuwe federale voorsitter aangewys.
Man vas oor egpaar se moord
ʼn 45-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Henning Schourie (82) en sy vrou Hilda (80).
Frankryk betaal duur vir rooi teen Wallis
ʼn Oomblik van waansin het die Franse rugbyspan se Wêreldbekerdrome Sondagoggend in Oita gekelder toe Wallis die Hane in die kwarteindstryd met 20-19 geklop het.
Polisiebeampte tydens boendoegeregtigheid doodgeskiet
Sers. Patrick Mthobeni is Saterdag in Piet Retief in Mpumalanga doodgeskiet toe ʼn groep gemeenskapslede hul eie boendoegeregtigheid wou toepas.
Duisende sonder krag ná weerlig substasie tref
Duisende inwoners in Pretoria is Vrydag sonder elektrisiteit gelaat ná vermoedelik ʼn weerligstraal omstreeks 16:30 die Pyramid-substasie in Rooiwal opgeblaas het.
Meer as 4 000 pasiënte wag by dié hospitaal vir operasies
Altesaam 4 097 pasiënte is op die waglys vir operasies by George Mukhari-hospitaal in Gauteng, en van hulle sal tot vyf jaar lank moet wag vir hul operasies.
Geen beurtkrag Sondag nie, sê Eskom
Eskom het gesê na verwagting sal geen beurtkrag Sondag ingestel word nie.
Aanklagte van aanranding, ontvoering teen munisipale beamptes
Paultjie Hendriks, raadslid van die Demokratiese Alliansie in Noordwes, het Vrydag strafregtelike aanklagte van aanranding en ontvoering aanhangig gemaak teen beamptes van die Bojanala-distriksmunisipaliteit.
Min Shaw en Lance James vereer vir bydrae tot Afrikaanse musiek
Die Afrikaanse Country-duetpaar Min Shaw en Lance James, is tydens vanjaar se Afri-Duetfees met ’n Prestige-toekenning vir hulle bydrae tot Afrikaanse musiek die afgelope meer as 50 jaar vereer.
‘Onsinnige mosie bevorder rassepolarisasie’
Die EFF gaan tydens die komende wetgewersitting op 22 Oktober 2019 ʼn mosie ter tafel lê om alle sogenaamde koloniale simbole uit die Vrystaat te verwyder.
Twee Mpuma-ongelukke eis ses lewens
Owerhede in Mpumalanga is bekommerd oor noodlottige ongelukke in die provinsie ná twee ongelukke ses lewens in minder as 24 uur geëis het.
Hoofverdagtes in KSB geldwassery-saak geïdentifiseer
Die hoofverdagtes in die ondersoek na beweerde geldwassery by die KwaSizabantu-sendingorganisasie (KSB) in KwaZulu-Natal is geïdentifiseer.
Gedagte vir die dag: Asem in, asem uit
In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees. (Job 12:10)