Polisie sê oor ‘wegblyaksie’ in Bloemhof

Argieffoto (Foto: Daniel Agrelo/Pixabay)

Die polisie in Noordwes sê hy neem met groot kommer kennis van ʼn brief wat op sosiale media versprei word wat die publiek in kennis stel van ʼn wegblyaksie Maandag in Bloemhof, in solidariteit met leiers wat in hegtenis geneem is.

“Die publiek word gemaan om die brief te ignoreer wat nie eers die besonderhede van die skrywer bevat nie. Dit skep onnodig vrees,” het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Wetsgehoorsame burgers word aangeraai om die reg te respekteer en nie deel te neem aan enige optrede wat ten doel het om die outoriteit van die staat uit te daag nie.”

Die beweerde 16 leiers wie se name in die brief genoem word, is deel van 22 persone wat tussen 30 September 2019 en 10 Oktober 2019 in hegtenis geneem is op verskeie aanklagte, waaronder ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, moord, openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging, wat vroeër vanjaar gepleeg is, het Mokgwabone gesê.

“Dit was ook in daardie stadium dat die beskuldigdes boendoegeregtigheid toegepas het, onder die vaandel dat hulle misdaad bekamp. Die verdagtes het ná hul inhegtenisnemings reeds verskeie kere in die hof verskyn. Vyf van die verdagtes is vrygelaat op borgtog terwyl die ander in aanhouding bly. Hulle sal na verwagting weer op 4 November en 6 November 2019 in die hof verskyn.”

Mokgwabone het gesê die gebruik van sosialemediaplatforms om ander aan te hits, aan te moedig en te mobiliseer om misdaad te pleeg, word ontmoedig. “Die polisie sal nie enige oortreding duld wat ten doel het om eiendom te verwoes nie, insluitend noodsaaklike infrastruktuur en die ontwrigting van basiese dienste en opvoeding. Ons doen dus ʼn beroep op die gemeenskap om nie deel te neem aan enige optrede wat die outoriteit van die staat ondermyn nie, maar om eerder by wettige strukture aan te stel soos die gemeenskapspolisiëringsforum wat die polisie bystaan in misdaadbekamping.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Korreksie, die GPF staan nie die polisie by nie die GPF bekamp misdaad omrede die polisie onbevoeg en of te lui is om hulle werk te doen.

Thomas ·

Die polisie narre kan nie eers hulle self in toom hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.