DA se federale voorsitter aangewys

Helen Zille, federale voorsitter van die DA saam met DA-leier Mmusi Maimane (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag sy nuwe federale voorsitter aangewys.

Helen Zille, voormalige leier van die DA, is Sondag as die DA se federale voorsitter aangewys tydens die party se raadsvergadering in Johannesburg.

Sy vervang veteraan raadsvoorsitter James Selfe, wat uitgetree het ná hy sy bedanking na die algemene verkiesing op 8 Mei aangekondig het.

“Die verkiesing van ‘n nuwe voorsitter vir die federale raad bied ‘n geleentheid tot hernuwing en verandering vir die DA. Ons wens Helen Zille geluk met die verkiesing en sien uit na ‘n nuwe energie, en die idees en lewenslus wat sy bring,” het die DA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Markus ·

Mors van tyd die DA/anc light doen niks vir die afrikaans sprekende mense nie ek het my tyd by hulle gemors waaroor ek vandag bitter spyt is VF+ is my nuwe tuiste en ek voel beter oor myself

Pop ·

Ja Markus as hulle net getalle gehad het. Ek is bevrees met me Zille nou weer terug gaan DA baie stemme verloor. Inkluis myne. EFF is volgende aan bewind. Hy kan nog stemme werf met wit haat. As al die wittes nou weg is weet ek nie wat gaan enige van hulle gebruik vir stemwerwing nie.

Hennie ·

Selfde hier. Bly die skille het betyds van my oë afgeval. Mmusi is ‘n mislukking!

Neels ·

As ‘n Kapenaar hoop ek dat die DA leierskap in die Wes Kaap hul eie party stig om ten minste die provinsie en munisipaliteite uit die ANC se hande te hou. Die res van die land moet maar hul eie pad loop.

Jimmy ·

Ek stem saam Neels. Die DA het die plot verloor. Die DA sal verdwyn, maar daar is nou n gaping vir ‘n nuwe sentrale party met ‘n sterk liberale ekonomiese beleid wat veg vir gelyke geleenthede vir almal. SEB en EE se dae is getel. Geskoolde jong swart mense besef ook dat hulle nie meer voordeel sal trek met die ANC se huigige beleid nie. Hulle sink saam met die wittes in rommelstatus.

Gerhard ·

Ja, ons moet nooit vergeet watter kant die DA gekies het tydens die Thabanchu-voorval nie.

John ·

Ja, maak nie saak wie voor hardloop met die blou vlag nie, want die party het lank voor die verkiesing by die verkeerde paadjie afgedraai en die waarskuwende geskreeu van hul Afrikaner-ondersteuners geìgnoreer. Die dominee-leier ontken toe sommer ook die Bybel se nut vir Afrika. (Die kolonialiste het niks goeds na Afrika gebring nie.)

Daan Erasmus ·

Dit is uitstekende nuus. Nou nan die DA weer rigting kry, orde kan terugkeer. Mmusi weet nie of die DA liberal, liberal demokraat of ANC light is nie. Hy het ook nooit die DA jeugleier vasgevat nie. Die outjie was maar ‘n Julius light

Adam ·

Enige verandering in die DA is irrelevant. Maimane is soos ek maande lank al argumenteer die DA se Marthinus van Schalkwyk en hy sal die DA se ondergang bewerkstellig. Wat ook al hierop volg beteken weinig vir my deurdat ek nog steeds ‘n blanke kieser sonder ‘n behoorlike politieke alternatief is.

aj ·

Elke enkele stem wat die DA WEGVAT van die ANC is ‘n aanwins!!!

Leon ·

Maar die DA neem nie stemme weg vd ANC nie! Die laaste verkies het hulle die meeste stemme van die 4% wat hulle verloor het, aan die VF+ verloor, en ook aan die ANC.
Dus, die DA gaan agteruit, nie vorentoe nie.

JP ·

Laaste doodsnikke van die wedstryd, volgens my het die DA sy beurt by verre oorspeel

Charles ·

Dit gaan die DA nie red nie, hulle het klaar ons taal versaak!

Martin ·

Ou Zille moes nooit leier van die DA geword het nie. Sy het die DA se omdergang bewerkstellig met haar liberale denkwyse. Ek het baie mense teen haar gewaarsku maar ore is min.

Neels ·

Die Afrikaners wat die DA verruil het vir het vir die VF+ het dit reeds gedoen. Die res wat nou ongelukkig is met die DA leierskap sal eerder wegbly van die stembus. Die VF+ se politiek verskil hemelsbreed met gematigde kiesers se verwagtinge.

Hannes ·

Die DA het dieselfde problem as die meeste liberal party wereldwyd. Bulle Wil n tuiste wees vir te veel uiteenlopende denkrigtings en dit is nie in enige politieke bestel Meer moontlik nie.
Hul Moe’s dus n keuse maak tussen Maimane se demokratiese sosialisme (wat klaar hul blanke kiesers vervreem het) en Zille se ouderwetse koloniale liberalisme(wat nou hul Swart steun gaan erodeer). Kyk mooi die eerste person wat uit DA bedank is Herman Mashaba.
Green party Kan so uiteenlopende groep wat nie saamhoort saam Hou nie.
Hierdie is die begin van die einde vir die DA.
My beskeie meaning is nog altyd om te stem vir n party(AL is hul Klein) wat slegs een righting inslaan.
FV!

Wingman ·

Die VF+ en sy maters is ook sosialisties, so onder die kombers.

jaco ·

4 wit kandidate nogal vir dié verkiesing wat Mev. Zille gewen het. nogal vreemd vir n party wat so spog oor dit so “non-racial” is en wat so sterk STEUN GEE vir regstellende aksie en BEE. Was daar dan geen nie-wit kandidate uit die hele DA nie?
Selfs die VF-Plus is die DA een voor met regstellende aksie…

Hendrik ferreira ·

Die DA in Pretoria veral die moot het erg teleurgestel met dienste nie gelewer,hulle weet van die diskriminerende wetgewing teen wit minderhede soos seb,kwotas sisteme,regstellende aksie gebaseer op velkleur en deur hulle stilswye stem hulle saam.Ek verstaan nie dat die minderhede nog vir hulle stem nie ek weet ek sal nooit weer my stem op hulle mors nie

Tante ·

terwyl Mashaba besig was om miljoener te word se Zille het sy die ANC se militere mense in haar huis versteek het syself erken vandag so wie ondersteun DA is ANC ondersteuners ook. SY hoort by DA of ANC sy is nie een van my stemme werd ek ag myself n Afrikaanse tante nie n rasis maar nie n komunis nie n demokraat soos wat in RSA te vinde is n patriot ja wat staan vir my mense taal en enigeen van enige nasie wat vir mekaar respek betoon en saam in liefde en vrede in die wonderskoon land sal woon . Ons moet net al die rommel en onwettige emigrante ook verwyder dan sal die land nog skoner wees

Basjan ·

DA beteken niks vir my as Afrikaner nie. Hul minag my kultuur en taal, maar probeer gunsies wen by ander. Ongelukkig is daar duisende Afrikaners wat blykbaar dit goeddunk om die fatalistiese pad van die DA te volg. Red ‘n nasie, wat nie gered wil word nie!

Kerneels ·

Daai duisende Afrikaners is ook nie tevrede met die VF+ se beleid en leierskap nie. Hoe nou gemaak?

Dries du Toit ·

Ek was en sal nooit n DA wees nie maar dink dat die DA nog nooit so n intelligente leier gehad het soos Maimane nie. Hy veg uitstekend vir sy mense. Ongelukkig is ek nie een van sy mense nie. Dit sal n wonderlike ding wees as Musi sy werwing op die platteland en Limpopo gaan doen en die oningeligte onosele mense wat blindelings agter die rassistiese EFF en korrupte Malema aanhardloop te gaan wys hoe daar gedink kan word

Am de La ·

Politiek kan die land nie red nie. Net mense wat wil leer. Dit moet vir die eerste 10 jaar in die MoederTaal wees. Suid-Afrika het 10 Moeder-tale waarvan Afrikaans een is. Bykans net Engels wat ‘n internasionale taal is, word gebruik. Meer as 2 biljoen (2,000-000-000) pleeg geweld asof dit sal red. — At (Adriaan)

Feite ·

Helen Zille jou ou yster! Sy is soos die kat wat elke keer weer terugkom na die duiwehok. Hopelik vir Trollip se eie beswil besef hy nou soos Maimane en Mashaba, dat hy wat Trollip is, ook maar net een van die duiwe in die DA hok is!

gatiep ·

Te laat, julle het klaar bewys wie en wat julle is is DA.Maak nie saak wie julle insit nie, hy of sy kan nie vertrou word nie.

Db ·

Ek wonder wie staan in die ry vir die volgende soen deur hierdie tante!

Jannie van Niekerk ·

Maak nie wie die DA aanstel nie, hulle is klaar op die pad van ou Kortbroek van Schalkwyk se oorlede Nuwe Nasionale Party. Binnekort word hulle ook deur die ANC ingelsuk. Me Zille sal geen verskil maak nie.

Frik Lotz ·

DA se tyd is verby en hulle het gewys hul kan nie vertrou word nie. Ondersteun eerder VF Plus wat werklik mense se belange op die hart dra en nie skroom om te veg vir hul regte nie. Enigste party wat opstaan vir die Afrikaner kultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap. VF Plus streef na n beter toekoms, nie n beter verlede nie.

aj ·

Maimane en Mashaba is Trojaanse perde … wat die DA van binne wil erodeer!

Nou, nadat Mashaba gelukkig bedank het, hoop ek Moesie volg sy voorbeeld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.