Springbokke klop Japan, maar verdien g’n Oscar vir spel

Faf de Klerk vier ‘n drie (20 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Mark Baker)

Daar gaan ná vandag se Wêreldbeker-kwarteindstryd waarskynlik nie ’n opvolgfliek oor Japan se Brightonse sege gemaak word nie, maar die Springbokke verdien beslis ook nie ’n Oscar vir hul vertoning in Tokio nie.

Die Springbokke het vir Japan met 26 – 3 geklop om hul plek in volgende week se halfeindstryd teen Wallis te bespreek. Dit is die tweede agtereenvolgende toernooi dat die Suid-Afrikaners vir die Wêreldbeker-skouspel se halfeindstryd kwalifiseer, nadat hulle in 2015 teen die All Blacks kragte gemeet het.

Maar soos wat die Bokke in die eerste helfte gespeel het, gaan hulle waarskynlik nie die silwerware omhoog hou nie.

Ná ’n bobaasbegin – Makazole Mapimpi het in die hoek oorgeduik nadat Faf de Klerk hom skitterend van agter die skrum gevoer het – het dinge vir die Bokke begin uitrafel.

Suid-Afrika se Damian de Allende en Japan se Ryoto Nakamura (12) (20 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Eugene Hoshiko)

’n Geel kaart (Beast Mtawarira vir ’n gevaarlike duikslag) en ongedwonge foute het gesorg dat Bok-ondersteuners met hul hande in die hare gesit het. In ’n stadium het mens amper gedink dat die Japannese die bal gekoop het, want dit was die heeltyd in hul besit.

Rassie Erasmus het vooraf gesê dat hulle nie sal toelaat dat Japan die tempo van die wedstryd sal dikteer nie, maar met die tuisspan wat blitsige aanval ná blitsige aanval loods en die Bokke wat moes keer vir al wat hulle werd is, het die Suid-Afrikaners na die Japannese pype  gedans.

Toe die rustydfluitjie blaas, het die Bokke net met 5 – 3 voorgeloop.

Hoewel die tweede helfte maar ook met stampe en stote begin het, het die Bokke stelselmatig hul stempel op die wedstryd begin afdruk.

Die Suid-Afrikaners was veral kookwater in die lynstane en hulle het ’n hele paar Japannese lynstaanballe gegaps. Hul hantering – wat maar in die eerste 40 minute geknor het – het ook beter geword soos wat die wedstryd gevorder het.

Dan was die rolmaalbeweging die Bokke se grootste wapen en Faf de Klerk het gaan druk nadat die Suid-Afrikaanse voorspelers hul stemme dik gemaak het.

So van De Klerk gepraat, hy is wel as die speler van die wedstryd aangekondig, maar daar sal steeds baie wees wat onderlangs mor dat dié blondekop-skrumskakel hopeloos te veel kere die bal bly wegskop.

Mapimpi se tweede drie het die wedstryd finaal buite Japan se bereik geplaas en die Bokke is deur na die halfeindstryd van die wêreldskouspel.

Maar gaan hulle vir Nieu-Seeland klop as hulle só speel?

Jy hoef nie Siener van Rensburg te wees om die antwoord op dié vraag te weet nie.

  • Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Makazole Mapimpi (2), Faf de Klerk. Doelskop: Handré Pollard. Strafskoppe: Pollard (3).

Japan: Strafskop: Yu Tamura.

  • Halfeindstryd-bepalings:

Saterdag om 10:00: Nieu-Seeland teen Engeland
Sondag om 11:00: Springbokke teen Wallis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Valerie ·

Verby swak; skool standaard. die SAffAS kan maar gerus huis toe kom; al drie die ander oorblywende spanne sal die onbeholptes ore aansit. ‘n Opregte novelty span wat baie gelukkig is om so ver te kom.

Awie Opperman ·

Jip, dieselfde japan wat vir Ierland en Skotland geklop het en bo-aan hulle poel geieindig het. As jy dink hulle is nie waardige opponente nie, is jou rugby kennis so swak dat dat jy eintlik nie behoort kommentaar te lewer op ‘n rugby berig nie.

Derick ·

SA het die maklikste pad gehad tot Saterdag. Hulle gaan Wallis klop en dan speel hulle finaal teen of die AB of Engeland. Laasgenoemde 2 se pad was nie so maklik soos SA nie.

Vern ·

Derick, jou rugby kennis laat veel te wense. SA en NZ was in dieselfde groep, so geen verskil daar. Verder het NZ teen Ierland in die kwarteind gespeel wat slegs 2de in hul groep kon eindig, met SA wat teen Japan moes speel wat hul groep gewen het en nogals vir Ierland ook. Verder, SA speel teen Wallis in die halfeind wat die sesnasies gewen het, met NZ wat teen Engeland kragte meetwat nie die sesnasies gewen het. Ek vra dus, hoe kom jy by jou gevolgtrekking dat NZ ‘n makliker roete gehad het?

Francois ·

Die swak spel en al die skoppery is Rassie se Game Plan, asook die verloor teen NZ die eerste wedstryd. Hy het nie eenkeer bekommerd gelyk nie en die spelers was ook nie teleurgesteld met die verloor nie. Hy het geweet ons speel dalk weer NZ in die finaal. Rassie is uitgeslape. Kyk mooi wat gebeur in die finaal as ons Wallis klop. Die spanne is almal gewoond aan ons spelpatroon van 80% balbesit weg te skop. Wel, ek hoop van harte dat ek reg is.

Swartwolf ·

Wat ‘n gesukkel. Voorspelers domineer, Faf skop alles weg, ref mis ten minste 3 rooi kaarte, en Willie moes eerder vir Kolisi ‘n TV stel gepass het dalk sou hy dit raak gevat het met ‘n oop doelyn. Teen England of die AB’s sou die patetiese bokke verloor het met 30.

Frans C ·

Suid Afrika en Wallis is die twee swakste spanne van die 4.Engeland en NZ verdien om in die eindstryd te speel en ongelukkig gaan een van die twee spanne uitval.

Suid Afrika se hoogskop het niks in die sak gebring nie en ek kan nie onthou dat die Bokke een bal terug gewin het.Hulle mag dalk Wallis klop maar mi is die kanse dat hul of Engeland of NZ sal klop is skraal.

Wesley ·

Frans, jy praat sin. Ons sal nie so kan wen nie, Wallis op n afdraand deesdae, nes Ierland, te vroeg gepiek voor die WB. Ons was op n skerp opwaarts kurwe, maar nogal stagneer laaste paar games, gelukkig nog nie defnitiewe afdraande nie. Engeland en NZ styg nou baie skerp. Gaan baie verg vir ons om een van hul te klop, maar ons sal nog hart hou. Go Bokke

Laerskoolrugbyspeler ·

Boring verby. Die Bok- agterlyn is verbeeldingloos, planloos en hul vaardighede is swak.

Swartwolf ·

Stem heeltemal saam. Vanaf Faf “ek skop alles weg” de Klerk, Willie, Am se useless hardlooplyne en hantering. Willie laat val die bal met ‘n duidelik overlap, Am probeer Sonny Bill se “reverse pass” na Mapimpi met ‘n oop doelyn……Sirkus. Pateties.

Hannetjie ·

Julle kla so..al gehoor van:Die beste stuurman sit aan wal?En ja..dit was gn mooi rugby nie…maar hulle het gewen.En dit is wat saak maak.

Erick ·

Hannetjie, hulle het wel gewen maar ongelukkig gaan Rassie se “wedstrydplan” van te veel skoppery deur Chihuahua de Klerk ons die wereldbeker verloor. Hierdie tipe spel gaan die Engelse of All Blacks goed van pas kom.

SjN ·

Met hul doellose skop taktiek kan hul n wen in finaal op hul magies skryf .

Rubber ·

Ek verskil. Die span gaan almal nog verbaas. En ek is nie juis meer SA Rugby se grootste ondersteuner nie. Ons wag en sien.

Hugo D ·

Ek verstaan dat die 37 regerings “Indabas “ of konferensies wat huidiglik in Japan gehou word met nog n week verleng gaan word agv nuwe agenda items..::geluk met die wen Bokke! Geding DeAllende was vandag die beste speler. Willie en Faf is gelukkig om gekies te word

TLC ·

Soos gewoontlik sit die beste spelers op die bank voor TV met bier in die hand
Regtig hul was onder helse druk wat my bokke moes speel dit was die wereld teen die bokke
Luv jul my bokke en n wen is n wen

Rita Raave ·

Yesss! Die beste kommentaar tot dus ver! Dankie TLC! Ek het die wedstryd naelkouend op die punt van my stoel saam met mede SAners in die buiteland gevolg! Geweldig!!

Anoniem ·

De Klerk moet sy hare sny want dit hang in sy oe dan sien hy niks. Weet nie wat met die mannetjie aangaan nie maar hy verdien gladnie die speler van die wedstryd toekenning

Derick ·

Stem Danien, of was dit net tenminste voor n game en maak dit met n rekkie vas.

Dries ·

Ek kan nie glo dat Faf of Rassie nie kan agterkom dat die high kick and charge nie werk nie.
Dit is die mees frustreerendse rugby wat mens na kan kyk. Wat n patetisie advertensrie van Suid Afrikaanse rugby in vergelyking met dieAll Blacks !

Tiaan ·

Rassie speel teen homself – uit vrees dat HY sal verloor. Dieselfde span wat hom die versekering gegee het van ‘n oorwinning met dieselfde spelpatroon- die sal hy kies en speel. So voorspelbaar. Was dit nie vir ons voorspelers nie, het die span nerens gekom nie. Die agterlyn is hopeleoos. Arme Cholbie word doodgedruk deur ‘n patetiese geskop en spanmaats wat aanslaan, balle wegskop en planloos die bal hanteer.

Rm ·

Loshande die swakste wedstryd van die toernooi, dink Wallis gaan sommer lekker slaap vannaand, As NZ of England vandag teen Japan gespeel het, sou daar maklik n 50 punte verskil gewees het, Springbokke se agterlyn baie verre die heel swakste by toernooi, stem saam met persoon wat se dat England en NZ verdien om teen mekaar te speel in eindstryd, nou gaan een treurige span ongelukkig in eindstryd speel

Jack Russl ·

As dit die swakste wedstryd was het jy seker nie die oggend se wedstryd gekyk tussen Frankryk en Wallis nie. Daardie was ‘n getjommel.

Ja, daar was foute, soos in enige wedstryd, maar algeheel dink ek nie het die bokke so sleg vertoon soos wat hierdie kommentare dit laat blyk nie

Viss ·

Stem 100% saam met jou, my selde gedagtes die naweek oor die agterlyn en Rassie se wedstryd plan. Die plan wat hy het werk nie,,,,,,,,,,,,,,,,laat die spelers speel soos hulle goeddunk, miskien is daar meer hoop op sukses dan.

Daan ·

Daar is ‘n versklil tussen “mooi rugby” en “wen rugby”. Die Bokke het die een gewen en dit is al wat saakmaak. Elke wedstryd in die uitkloprondtes is soos ‘n eindstryd. In die finale van 1995 en 2007 het ons nie een drie gedruk nie. Geen drieë teen die Bokke vertel ook ‘n ander storie. Verdediging is een van die aspekte wat die tuiste van die Web Eliis beker gaan bepaal. Mooi so Bokke, ‘n wen is ‘n wen.

Chris Ws ·

Eks bitter jammer my span het verloor!Maar nou ja . . . . .

Rooi Jan ·

Johann julle wat altyd so kla dat die of daai speler “al die balle wegskop”, weet seker dat dit presies is wat Rassie van hulle vra nê? As dit nie was nie dink jy Dat sou nog in die span wees? Tweedens as enigiemand gedink het dit gaan maklik wees teen Japan moet hy weer dink. Japan het Ierland geklop, Ierland is as ek reg onthou 2 of 3 plekke bo SA op die rugby rangleer. En toe verloor Beast konsentrasie vir n sekonde of twee en moet SA op n kritieke tyd met 10 man klaarkom. Wat erger is hulle moes n losvoorspeler afstaan teen n span wat hardloop met alles wat hulle het. Steeds staan hulle nie n drie af nie. Hulle druk 3 van hulle eie en skep nog ten minste 4 goeie kanse. Al waaroor ons kan kla is hul gebrek aan afronding. Rassie moet hulle net hierdie week met n bal wat hy smeer met seepwater laat oefen. Ek voorspel dat ons Wallis gaan klop en indien wel sien ek uit na n finaal teen watter span ookal wen tussen Engeland en die kiwis daai span gaan getap wees.

Poot ·

@Chris Ws
Ag ou chris….. ons is net so jammer jou flash in the pan spannetjie het verloor. Met die volgende RWB toernooi het julle niks want dan is al die nie-japanese uitgetree.

@rooijan..Joke! ·

Wel Rooi Jan daai bal wegskop plan werk nie veral nie as jy nie opvolg en kompeteer nie! Dit is alreeds miskien 50/50 om die bal terug te kry so dink jy dit is n goeie besluit om dit teen die All Blacks te doen wat wel n bal kan vang en jou verdiging in flarde ruk?Hmm jul mense redeneer interesant…Nog n ding hoe ver trek faf se balle wanneer hy daai box kick doen met die laaaaang uitgestretchde been ? Hoe ver trek daai bal 5m 10m miskien? So wat is die voordeel verduidelik my asb die logika aangesien ek dom is???

H ·

Kan mens regtig die spanne wat gespeel het vergelyk. NZ het teen Ierland gespeel wat teen Japan verloor het. SA het teen n onorwone Japan tuis gespeel.

Jan Botha ·

Faf het ons die wedstryd teen NZ gekos met sy box kicking. Jy vang nie n AB uit posisie nie. Jy gee net besit weg.

Lawmaker ·

Ai tog wonder hoeveel van julle het na die weer omstandighede gekyk? Dit was bedompige weer baie warm en n nat bal. Ek wil net gou hoor toe ons die wereld beker 2 keer verower het was daar skouspelagtige spel gelewer in die finale? Hierdie is uitklop rugby en ek weet rassie wou sekermaak ons wen bonuspunte is nie op die spel nie en gaan kyk weer na faf hy was die besem hy het hulle 9 telkemale gelak om te verhoed dat japan vinnige bal kon kry en gedek agter die agterlyn welgedaan faf. Ja dit was nie die beste spel nie maar omstandighede moet in ag geneem word en barnes ook redelik klei getrap op tye maar hulle is almal mens en nog 1 ding as julle nie die bokke wil ondersteun nie gaan kry vir jou n ander span want lyk my julle wil meer afkraak as enigiets anders nie eers n wen is genoeg vir julle nie GO BOKKE!!! EK STAAN AGTER JULLE WEN OF VERLOOR !!!

Rita ·

Lawmaker jy is n man so na my hart! Baie dankie!! Kon dit nie beter omskryf! Go bokke!!

@lawmaker..Ai. ·

Wel ek moet se daai Japanese het dan sekerlik hande soos geitjies met suiers onder hul vingers aangesien hul die Japanese nie naastenby die bal soveel keer aangeslaan soos die bokke het nie! Ek dink eerder in die lyn swak vaardighede en swak afrigting veral van Stick!…Maar hey jy is geregtig op jou opinie..

Positief ·

Die negatiewe praatjies is presies wat hierdie land en die Bokke nie nodig het nie. Almal sweep mekaar net negatief op en hierdie nuusblad raak ‘n gemaklike en onpersoonlike platform om te kla. Dit skep ‘n kultuur van wanhoop en ek voel jammer vir elkeen wat bydrae in hierdie negatiewe praatjies!

Opbouende kritiek is soms nodig, maar die negatiewe ingesteldheid van sommige mense is lafhartig in my oë!

Die span was nie perfek nie nee, en ek dink ook Fav het te veel geskop. Daar is ander areas ook waar die afrigters moet intree in hul voorbereiding vir die laaste twee weke.

Wat ons moet onthou is die Bokke het net een doel gehad vandag. Net een doel! En hul het dit gedoen!

Japan se agterlyn was die afgelope tyd wêreldrugby se “hot topic” en die feit dat hulle niks teen die Bokke kon regkry nie word deur baie misgekyk. Die Bokke se voorbereiding om Japan te klop was in die kol!

So aan die Bokke: WELL DONE! Ek, en die meerderheid van alle Suid-Afrikaners is bankvas agter julle, en trots op julle!
Bring die beker terug! Ek vra om verskoning namens ‘n paar frustreerde, wanhopige nuuslesers! Mag hulle nie deel in toekomstige Springbok glorie nie

Negatief. ·

Na daai spel is veral die eerste helfde is ek sommer baie baie negatief! Jy weet miskien iets wat ek nie weet nie!

Penellope Jones ·

Baie geluk Bokke!

Voorspoed vir dit wat nog wag!

Doen net julle allerbeste!

Andrew Lategan ·

Wat ‘n taktiese wedstryd! Diegene wat nie kan sien dat hierdie ‘n wedstryd was van sagmaak en oorneem het ongelukkig net na die telbord gekyk en heeltemal vergeet om na die wedstryd te kyk. Ja, dit was Japan, maar kom ons wees eerlik dis ook ‘n wereldbeker kwarteindstryd. Spanne wat daar speel kom nie daar met geluk nie, hulle kom daar omdat hulle ander Wereld klas spanne in soortgelyke omstandighede kon uitoorle. Rassie, jy en jou hele span doen goed. Dis lekker om ‘n BOK SUPPORTER TE IS!!! Veral na ‘n RWC kwarteindtryd WEN.

Swartwolf ·

Ek neem aan Maroela sou nie aanmerkings gepubliseer het as nie albei positief en negatiewe kommentaar aanvaarbaar was nie. Almal het ‘n reg om hulle “view” te gee. So siek vir hol geryde cliche’s “wie nie foute het nie gooi die eerste klip”, “die beste stuurman staan aan wal”, of “die wat vinger wys staan agter die deur”. Enige iemand wat al laerskool rugby gekyk het kan duidelik sien die bokke was die swakste span wat deurgegaan het na die halfeind. England en die AB’s speel baie baie beter rugby. Ek wil ook he bokke moet wen maar realiteit is realiteit maak nie saak hoe nodig positiwiteit nou is nie.

Bossie ·

Dankbaar vir die wen maar swak vertoning. Ek wonder sommer hoekom het Francois Pienaar by die Japanese gesit en hoekom was hy glad nie opgewonde toe die Bokke punte aangeteken het nie? Vreemd…

Barrie ·

Baie geluk bokke Faf ,Damian,Am,Willie julle was briljant ek sou net Siya man of the match gemaak het hy was uitstaande ,die All blacks het nie n kans teen ons ysters nie

Ou grote ·

Lyk asof ek n ander game gekyk het! maar die een wat ek gekyk het ai wat n joke! Was dit nie vir die pak voorspelers nie, het die hele game in n nagmerrie ontaard! Ek dog Rassie is so n briljante strateeg!! Van alle skoppe wonder ek of ons een teruggewen het? Doen so voort Rassie en jy gaan die vrugte pluk.

Tilly ·

Liewe Barrie,

Genade my man, ek weet nie eers waar om te begin nie. Jy word seker betaal om goeie kommentaar te lewer.

Scalla ·

Barrie, dit was die Sondag game gewees wat hier ter sprake is, jy het die hoogtepunte van 1995 wedstryd gekyk, drank verdra nie onreg, mens kry nie pille daarvoor nie, shame

Joke!Ai. ·

Hehe Barrie ek laaik jou Sarkasme..Mooi een man…Jy noem presies die droogmakers by naam op..Goed om te sien daar is nog mense wat kan agter kom as n span plan faal en sy spelers ook! Bwaaahhaaaa goeie een Barrie goeie een …

Dave ·

Willie briljant? Willie was al by tye briljant. Saterdag was nou nie een van daardie dae nie. Gaan sit rustig en kyk weer.

Christiaan ·

Maroela Media, kan een van jul joernaliste asseblief vir Rassie vra om aan my en al die ander leke twee dinge te verduidelik: 1- wat is die doel daarvan om karige balbesit weg te skop? 2- Wat is die doel daarvan dat Faf so ongelooflik lank vat om òf die bal op te tel òf te skop? As dit game plan is, goed so, maar WAT hoop Rassie en Faf om te bereik? Asseblief Maroela Media

Robert Naude ·

Christiaan,
Rassie se logika is blykbaar die springbokke verdedig beter as wat hulle aanvallend is. Van daar die skoppe, maak ook nie vir my sin nie , maar nou ja…..

Poot ·

Nie beste vertoning van bokke nie. Maar ons is in die semies. Wallis gaan ook huis toe. Dan kom die final vir die bokke. Dit gaan ñ harde game wees en ek glo hulle kan dit doen. Well done bokke.

Albert Badenhorst ·

Agterlyn is pateties want afrigter is net so swak, was nie eers n 15man spelers nie. Daai geskop van Faf het selfs oor gegaan na Jantjies ook, maar hulle word gese om dit te doen. Sterkte teen Wallis

Jack Russl ·

Presies Albert. Faf se skoppe het oorgegaan na Jantjies ook. Sê dit nie vir jou iets nie? Dis die afrigter se instruksie. Die speler het ‘n mate van vryheid op die veld, maar moet nogsteeds die span se “game plan” volg. Dit help ook nie veel dat daar geskop word en niemand volg die bal op nie.

Ai.joke! ·

Teminste trek Jantjies se skoppe vorentoe en nie agter toe soos faf se skoppe nie!Hul plan is skop hoog en hoop vir die beste al beteken dit hul gee die bal weg..Teen Japan en Uruguay kan jy nog daarmee wegkom maar nie die top spanne nie! Hul sal daai eksta bal besit gebruik en in punte teen jou verander..As jy wil skop skop dan takties soos Japan se loskakel..Die man het beter as Pollard gespeel en Suid Afrika onder baie druk gesit! Tussen jou en my daai plan van fisiek alles wil oorrompel en net heeltyd op up en unders hoop vir die beste taktiek staat te maak klink maar baie raak en gaan “touch and go” vir my…

KAKtus ·

Willie, Faf en Rassie moet in die pad geskop word. Rassie is toe nou nie so slim nie.

bokkie ·

Kaptein Kolisi span die seile. De Allende briljant, gewys hoekom hy by verre die beste senter in SA is. Up and Under Faf ‘n pyn in die agterstewe. Pollard gaan ons wedstryde kos met swak stelskopwerk. Interessante statistiek is dat die Bokke voor die kwarteindstryde die meeste driee van allle spanne gedruk het. So miskien kla ons te veel oor die spelpatroon.

Ne.joke! ·

Bwaaahahaaaa ai hoe lekker lag ek nou.. De Ellende briljant? Watter wedstryd het jy gekyk? Die ou is so vervelig en voorspelbaar soos min! Sekerlik saam Am die swakste Suid Afrika se senterpaar ooit…Die senters saam Willie het seker nog nooit gehoor van SIDE STEP nie en kan nie eers n bal ordentelik uitgee of vang nie..!Stem met jou oor stretching faf de pilates wat die bal basies wegsmyt elke keer met sy swak taktiese skop werk en slakkepas uitgee werk…Wat is sy plan met die bal reguit op in die lug skop?? Vervang hom met Jantjies wat begin asb. Wedstryd plan? Watter een ? Storm reguit op die teenstanders af soos n stoomroller kry jou tande uitgeduik en verloor die bal voorentoe of die plan waar hul net die bal die hoogte in opskop en dan nie opvolg en hoop die teenstanders mistas die bal sodat hul die bokke dan miskien 5m kan wen???Noem jy dit n plan? As die Japanese engisins sterker was voor het die bokke die een alweer verloor! Hul speel met breins en ek dink as Stick kan sal ek baie leer van die Japanese spel hier om hoe om verby die All Blacks en Walliesers se rotsvaste agterlyn verdiging te kom maar weereens bygese as hul kan dink! Dit is maklik om die meeste drie te druk teen swakker teenstand! Behalwe die All Blacks het die werfbokke dit maklik gehad…Met Japan nie eens die Walliesers nie het hul al klaar klei getrap…

Outoppie ·

en Rassie se vir Faf SKOP SKOP SKOP SKOP SKOP die besit weg, ek wil huistoe gaan !

Andre Coetzee ·

Die eerlike waarheid is dat as jy moet kies tussen die Bokke en die AB’s kies ek 10/10 eerder die AB’s. As die bokke en die Ab’s in die finaal gaan speel gaan die bokke weer tweede kom.Die keer gaan dit net makliker gaan vir die AB’s.Hulle is warm en gereed.Die Bokke het niks waarvoor die AB’s moet skrik nie of bekoomerd oor hoef te wees nie.

Kallie ·

Die AB sal die wedstryd binne die eerste 30 minute wen. Teen Engeland sal die Rose ‘n ekstra 30 minute benodig om die Bokke weg te sit.

Eddie ·

As die Bokke die Wereldbeker wen, sal daar steeds galbrekers en gifpenne wees, want ons n negatiewe ingestelde Nasie, wat nie weet hoe om n wedstryd te kyk of te ontleed nie. Well done Bokke, vergeet die kommentaar van al hierdie slimpraters hierbo wat eintlik nie een seker eers behoirlik rugby kon speel nie

Petrus ·

Ons is ekonomie is junk, so waarom moet ons positief wees. Om te skrum en ‘n bal te skop en jaag gaan niks verander nie. Rugby is nie ‘n god nie.

Diefie ·

Wen is ‘n wen. Hoop hul game plan verander die week, anders kan die verloor verloor wees.

jakes ·

Faf deKlerk het natuurlik meeste balle weggeskop op instruksie van Rassie. Indien SA Wallis wen, wat onwaarskynlik is, sal hulle n groot loesing kry van of England of NZ. Die bokke is n gemiddelde span wat steriotipe rugby speel en min verbeelding aan die dag le. Baie skryf Erasmus aan as die ridder op die witperd wat rugby betref maar kom ons kyk wat gebeur in sondag se wedstryd of dalk in die eindstryd. Willie le Roux en De Klerk hoort nie in die beginspan nie en hoe hulle Faf kon kies as speler van die wedstryd maak mens sprakeloos.

Frik ·

Enige span wat die Springbok se voorspelers op die agtervoet plaas sal hulle gemaklik wen. Die verbeeldinglose agterlyn is dan in ‘n warboel.

Kas ·

Aan al die rugbykenners net die volgens.1Faf het geskop om die Japanese voorspelers te laat terug speel.2 Willie het ‘n harde hou teen die kop gekry en moes eintlik die veld verlaat het want hy was nie reg nie.3Dit was vrek bedompig en die Japanese het die spel vinnig gemaak en kon nie deur ons verdediging kom nie.4 Faf was op verdediging uitstekend en nie een van julle het dit raak gesien nie.Die Japanese het hellas moeg gewrd en moes plaasvervangings opstuur maar pure verniet.5 In water afdeling het hulle ons geklop.Vra maar net.

bokkie ·

Le Roux het permanent ‘n harde hou teen die kop soos hy speel.

Poot ·

@HM
Ag asseblief HM!!! Nie jy ook nie. Toks vd Linde het dit tot vervelens toe uitbassyn in die kommentaar hokkie. Soveel so dat ek eerder na Joel Stransky oorgeskakel het.

Joke! ·

As die bokke so gaan speel kan jy beslis weet hul gaan dit nie maak nie! Eerste helfde was om die minste te sê skokkend vrot! Nr 11 en 12 is power in retensie en bal uitgee..uit hul diepte op die vlak..Ken die manne die reels al op spear tackles en wat kan verwag word na hoeveel geel en rooi kaarte in die toernament??…Dom dom dom is al wat ek gaan se is dom..Baie gelukkig dit was nie rooi Beast! Willie oë wee genade wat gaan aan? Kan nie vang kan nie of bal reg uitgooi nie en spring om bal in lug te vang met kop wat ander kant toe kyk??? Wat de deksels??Willie oorweeg asb eerder sokker…FAF hobbit de klerk met sy pilates leg strecth en bal reguit die lug in opskop vir jou wil ek ok net vra wat dink jy?Pollard ek so bly hul het jou n helse duik gegee miskien bietjie common sense in jou induik!Vir wie skop jul die bal so hoog as jul nie eens gaan kompenteer nie…Gee hul die opposisie dan eerder net die bal asb..Kolisi ek vra jou kan jy so speel teen die AllBlacks en Walliesers ook of is dit te hoog vir jou? Wanky Stick vir jou wil ek se jou afrigting is doelloos planloos bewusteloos! Tony Brown het n amper niks agterlyn in n diamant ontwikkel en jy Stick verander dit in houtskool…jy hoort nie daar nie Stick..dit wys in die bokke se spel..Voorry het goed gedoen…

Poot ·

@Petrus
Nee ongelukkig het ek nie die antwoord oor die truie nie. Maar maak dit enigsins ñ verskil!?

Anni ·

Ek kan een ding van Japan sě en dis dat hul bal uitgee. Dit was pragtig om te sien hu daai bal van een na ander gaan. Nie soos Bokke en enige ander span, as een die bal het Dan wil hy gaan druk ni. Was ni mooi wedstryd ni, Maar hul het gewen. Daai Ref dink ek was onregverdig met de Alende se drie, Wat ni toegestaan was ni.

Kapelaan ·

Anni, stem saam. Hy was nie vasgehou in enige duikslag nie en ek het al gesien dat menige ander soortgelyke situasies nie gestraf is nie. Waar is die konsekwentheid? ‘n Groot 50/50 besluit gewees daardie.

In die 37ste minuut – 2 Japanese spelers duidelik onkant (in beweging waar Wille nie die bal kan vang nie) maar gaan ongestraf.

Enorme druk gewees op wedstryd beamptes en hulle het by tye dink ek gevou onder die druk.

Geluk egter aan Japan wat ‘n nuwe vars briesie na rugby gebring het. Tyd dat Wereldrugby gaan sit en ‘n groot indaba hou om weer na reels te kyk. Gaan lees gerus Dr Pool se rubriek in afgelope Sondagkoerant.

Kas ·

Anni,De allende was vasgevat en dan moet jy eers die bal Los opstaan dan kan jy weer speel en toe kruip by sommer so par tree.Jammer Anni ek is seker jy weet nie eers wat is die kleur van ‘n reelboekie nie.

Frik ·

Kapelaan, volgens jou verduideliking van De Allende se aksies kan al die spelers maar kruip en kruip. Gaan lees die reels.

JohanL ·

Dankie aan Positief vir jou bydrae – ek gaan nie alles herhaal nie.

Punt is die Bokke het ‘n uiters gemotiveerde Japan op hul tuisveld met geweldige ondersteuning, heel gemaklik geklop, weliswaar in ‘n klipharde wedstryd. Verspeelde kanse het veroorsaak dat Japan rustyd nog in die prentjie was en Bokke moes toe al met omtrent 12 punte voorgeloop het (mintens twee verbroude kanse). Japan is tans nie ‘n slegte span nie. Ek bly dink aan Oom Boy Louw se woorde en ek gaan dit nie herhaal nie (die kenners sal weet wat dit is).

Ek stem wel saam dat ons steeds te veel balbesit wegskop en baie van dit is swak skoppe.

Frans C en Wesley praat sin dat NZ en Engeland die twee vorm spanne tans is. Dit lig dalk die kwessie van loting uit – word die loting vir die groepe nie te lank voor die toernooi gedoen nie? Ek stem iewers moet daar ‘n afsnydatum wees vir voorbereiding, maar dit is dalk tog iets waarna Wereldrugby moet kyk. Ekskuus, daar kritiseer ek nou weer Wereldrugby en hulle is so liggevoelig!

Anoniem ·

Baie bly vir die wen. Rassie raak asb. ontlae van Kolisi, Faf en Willie. Swak gespeel.
As ons ons so gaan speel gaan ons n verskriklike pak slae kry.

Boxer ·

Ek sal ook graag die storie wil weet oor Pollard en Snyman se truie wat verskillend was met die Springbok op die bors. Nie dat ek daaroor kla nie dit was so mooi om te sien.

Frans C ·

Nou lyk dit vir my of sommige van die mede kommentators van mening is ,dat ‘n mens ‘n hoender moet wees om te weet wanneer ‘n eier vrot is.Netso hoef ons nie almal keurders Springbokke.provinsiale of selfs klubspelers te wees om ‘n wedstryd in sy perspektief te sien nie.
Kitch Christie, was ‘n klubspeler van ‘n Pretoria rugby klub wat seker een van die beste afrigters was.So het Jake White rugby op skool gespeel.Tog het die manne ‘n wêreldbeker gewen en provinsiale spanne suksesvol afgerig.

Wat my die meeste pla is dat die Bokke se voorspelers alles insit om balbesit te verseker
net om te sien dat ‘n skrumskakel dit wegskop.As dit die plan is,goed en wel maar dan
moet daar tog meer as ‘n 50% kans wees om besit weer terug te wen.Dit het nie teen die
All Blacks gewerk nie en sal mi ook nie werk teen spanne met sterk en balvaardige agterspelers en ‘n pak voorspelers wat nie terugstaan vir die Bokke nie.

Ek glo ‘n mens moet hoopvol maar ook realisties wees en glo dat ons Wallis gaan klop maar dan ons rieme gaan styfloop teen of die All Blacks of Engeland.As jy dan sê die hoop beskaam nie-mag dit so wees.

Swerwer ·

Kan Rassie voor die hele wereld nou vir eens en altyd vir ons se of dit sy opdrag was aan Faf om so baie balle bloot weg te skop of nie? Ek wil kraam elke keer as enige no 9 sy voetjie so uitstrek..boeta dan moet jy maar weet!

Sophia ·

Die Bokke het gewen, baie geluk aan Rassie en sy span. Dankie dat julle ons weer die geleentheid gee om trots die Springbok trui volgende naweek te dra en deel te kan wees van die Semi Finaal. Sterkte en ek weet ons gaan in die finaal speel en wen, ai ons harte klop rugby en die vreugde onbeskryflik. Dankie Bokke ons stap hierdie ‘journey’ saam met julle en geniet dit verskriklik baie!!!!!!!!!Met baie trane en baie vreugde!!!!!!

Nettie ·

Die “bookies” het LAAAAAAAANKAL-al die finaal se uitkoms bepaal: Engeland gaan wen vanjaar. Dalk – as die Bokke BAAAAAAAAIE gelukkig is, val NZ vas teen Engeland en wen hulle volgende Sondag teen Wallis; dan is dit Bokke teen Engeland …………….. en “guess who’s gonna win?”. Nie die Bokke nie.

Arminius ·

Ons verdien dalk nie ń Oscar nie maar ons is darem in die semifinaal van die wêreldbeker.
Geluk Bokke!!! Sterkte vir Saterdag, roer die drake en maak hulle lekker sag voorlangs!!

Anne-Marie ·

Mense………hou op kla oor die agterlyn, Faf skop 99% van die tyd, en as hy besluit om uit te gee dan weet die agterlyn nie wat om met die bal te doen nie…Rassie moet dit nog beplan. So, Pollard, Mapimpi, DeAllende, Am, Kolbe….julle hoef nie sleg te voel nie…le Rouz is elk geval ‘n no go !!!!

Swartwolf ·

Bokke se vaste 5, Mapimpi se spoed, en Duane se leierskap het die wedstryd uit die vuur gekrap. Res was ellendig.

Cobus ·

Dink die wedstrydplan het baie tedoen met hoe die bokke gespeel het. Sal graag vir Kolbe op heelagter en gelant op regtervluel wil sien in die halfeindstryd. Steyn en de allende as senter kombinasie en rg in eben se plek. 3 agterspelers op die bank in am, elton en jantjies. Kon ook nie aan 1 keer dink dat ons ‘n bal terug gewen het na n up en under nie. San weer moet dink aan daardie taktiek.
rassie sal egter seker by sy span en spelpatroon bly. kan nie dink dat hy gou gaan verander nie.

bokkie ·

Rassie gaan nie sy spelpatroon van up and unders en grootliks net verdedig verander nie, so maak nie eintlik saak wie in die agterlyn speel nie. Die ouens wat nou daar speel is waarskynlik die beste verdedigers wat Rassie se spelpatroon pas. Na die wereldbeker sal ek graag vir Pollard op heelagter en Willemse op losskakel ‘n kans wil gee in daai posisies. Ek sal nie Kolbe skuif na ‘n ander posisie nie, hy is briljant op vleuel.

Joubert ·

Stem saam, Kolbe op heelagter sal baie beter werk. Sal ook die ander keuses probeer.

Anni ·

Ag Kas ni jou sarkasme gevra ni. Ek weet Darm genoeg van rugby,om te ondersky teen oor Reg en onregverdig. Dit het gegaan oor hy vasgehou was. Het ni n bohaai opgeskop ni, net my mening gegee.

Annetjie ·

Ek wens julle wil vir Faf uitlos – ek ken hom en hy doen net wat Rassie vir hom se om te doen – Ek persoonlik dink hy is baie sexy met sy hare !!!!!

Apools ·

Kwota moet sy hantering verbeter voor hy sy seiltjie span laat val die bal met oop doelyn.

bokkie ·

Baie goeie volle wedstryd gespeel. Die Japanese geduik dat hulle hik. As ons maar net 3 Kolisi’s gehad het. Ek hoop kwakkies Smith het sy mentor dopgehou en geleer.

Erika ·

Go Bokke Go! ons staan agter julle….. ek wonder of hierdie negatiewe mense besef hoeveel drieë indie wereldbeker teen ons gedruk is??????? Drie? Dan dink ek nogal Rassie se game plan werk en al wonder ek ook hoekom Faf so baie skop! Maar 3 driee? teen ons en tel bietjie dan die punte bymekaar wat ons aangeteken het sover..Kom mense kom ons staan saam vir ‘n slag en gooi die lelik weg!

Ingo ·

Manne….
Dit kos ń rubgykenner soos ék om te sien wat die Bokke se gameplan is.
Al hierdie swak beplande skoppe en die die afstaan van die bal wat dit tot gevolg het dat die ander span die bal op n skinkbord kry, die swak balhantering, die balle wat hulle verloor in die los gemaal asook die totale gebrek aan verbeelding en briljantheid in die agterlyn- vorm als deel van n baie slim gameplan.
Hier is die gameplan- Lyk swak en baie kwesbaar in alle opsigte,baie diere gebruik ook hierdie taktiek om jou te flous.Dit werk uitstekend,maar daar is net n paar gevare daaraan verbonde. 1.Jy kan net só lank ander spanne flous 2.Dit kan veroorsaak dat jy regrig só swak raak.
Neewat bokke….ek sien dit raak.
En as julle nie die taktiek gebruik het nie,kan julle steeds die gewilde verskoning gebruik nl. ‘Ons het baie geleer uit hierdie wêreldbeker’

Ingo (Dit is my naam) ·

Manne….
Dit kos ń rubgykenner soos ék om te sien wat die Bokke se gameplan is.
Al hierdie swak beplande skoppe en die die afstaan van die bal wat dit tot gevolg het dat die ander span die bal op n skinkbord kry, die swak balhantering, die balle wat hulle verloor in die los gemaal asook die totale gebrek aan verbeelding en briljantheid in die agterlyn- vorm als deel van n baie slim gameplan.
Hier is die gameplan- Lyk swak en baie kwesbaar in alle opsigte,baie diere gebruik ook hierdie taktiek om jou te flous.Dit werk uitstekend,maar daar is net n paar gevare daaraan verbonde. 1.Jy kan net só lank ander spanne flous 2.Dit kan veroorsaak dat jy regrig só swak raak.
Neewat bokke….ek sien dit raak.
En as julle nie die taktiek gebruik het nie,kan julle steeds die gewilde verskoning gebruik nl. ‘Ons het baie geleer uit hierdie wêreldbeker’

Swartwolf ·

Ingo jy ken rugby….dalk moet bokkamp jou aanstel as hoof strategie.

bokkie ·

Nee wat, Hoofman Kolisi weet net hoe om hierdie boerklonge te motiveer. Rustyd het hy net gesê dat hy vat hul huise en karre as hulle nie gaan begin perform nie en siedaar die boerseuns speel in die tweede helfte asof hulle lewens daarvan afhang. Slim Hoofman en Kaptein.

Swartwolf ·

Ja kwota se voorsanger ons weet wie jy is soek net aandag. Boerklonge het geen aansporing nodig nie hulle doen dit vanself. Die agsteman is hul leier die kwota is daar vir show, sing in die tonnel en geluide maak op TV. Boerklonge speel so goed hulle maak op vir sy lyf wegstekery en die vaste 5 vernietig die opposisie. So met die vaste 5, Duane en Pieter Steph, Faf, Pollard en Mapimpi kan die opposisie maar kom, met of sonder kwota in die bok geledere.

Robert ·

Verstaan ook nie hoe Faf daai drie gedruk het nie. Het meer as genoeg tyd gehad om die bal te skop……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.