Twee Mpuma-ongelukke eis ses lewens

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Owerhede in Mpumalanga is bekommerd oor noodlottige ongelukke in die provinsie ná twee ongelukke ses lewens in minder as 24 uur geëis het.

In die eerste ongeluk het ʼn bakkie van Mbombela (Nelspruit) na Umjindi op die R40 gereis toe hy Saterdagoggend omstreeks 05:15 omgeslaan het, het Moeti Mmusi, woordvoerder van die polisie, gesê. Die voertuig het in ʼn sloot beland en drie persone is op slag dood. Die bestuurder is een van die beseerde persone. Twee persone het geringe beserings opgedoen en ʼn derde persoon het kritieke beserings opgedoen.

In nog ʼn voorval is drie persone Saterdagaand omstreeks 19:30 dood toe die bestuurder van ʼn bakkie beheer verloor het oor die voertuig, het Mmusi bygevoeg. Die bakkie het op die N4-tolpad tussen Mbombela en Schagen, in die rigting van die Sudwalagrotte, omgeslaan. Agt persone het matige beserings opgedoen. Een persone het is ernstig beseer. Die bestuurder is oorlede.

Die beseerde persone van albei ongelukke is na die Rob Ferreira-hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongelukke.

Gabisile Shabalala, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig te wees op die paaie om onnodige lewensverlies te voorkom. “Ons het almal ʼn rol om te speel, want dit is almal se verantwoordelikheid om veilig te wees op die paaie.”

Sy het die beseerde persone ʼn spoedige beterskap toegewens en haar meegevoel betuig met die familie van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

N1 na Bela Bela, die nuwe raag baan van SA. Wees gewaarsku spoed vraate kom aan linkerkantste baan somer opgrond langs teer pad teen die spoed van lug verby gejaag dis net stof en kluppe terwyl SAP binne hul diens voertuie sit met voertuig deure oop en slaap

Koos de Meyer. ·

Die slagting op ons paaie sal nooit stop nie. Wetteloosheid en onbevoegheid seëvier in ons land.

Maria Boshoff ·

Ek is nie ongevoelig as ek die volgende opmerking maak nie : énige lewensverlies is hartseer en onnodig, MAAR die LUR se medelye en spoedige beterskap wat sy aan die slagoffers oorgedra het, sal sy sekerlik NIE so goedgunstelik aan wit slagoffers oordra nie!

leser ·

onbevoegde bestuurders, lisensie is gekoop, nou het ek wiele onder my g….t en ek kan maak wat ek wil, soos ek wil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.