Minstens 6 sterf in Durban-ongeluk

Foto: Rescue Care

Minstens ses persone is Sondag dood ná ʼn minibustaxi die pad verlaat en ʼn paar honderd meter teen ʼn helling afgerol het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die ongeluk het in Inanda naby Durban plaasgevind.

“Reddingsbeamptes het gesukkel om by die voertuig uit te kom. Hulle moes ongeveer 2 km ver loop na die toneel om die beseerde persone te behandel,” het Jamieson verduidelik.

Die Lenmed 1-helikopter is ook na die toneel ontbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kolskoot ·

Spoed en nog maals Spoed dit is mos die oorsaak van alle ongelukke onervare bestuurders maar niemand wil dit besef nie dis wat dit is profesionele onkundige moordenaars agter die stuurwiel dit veroorsaak die dood en veminktes op die pad

Michael P ·

En hulle blok die strate om dat hulle boetes kry en af getrek word vir roekelose bestuur, soos padvarke ry geen respek vir ander mense se lewe nie. Hierdie ongeluk is veroorsaak deur spoed niks anders nie.

Lalie ·

As jy passasiers vervoer, is jy nie vetonderstel om n spesiale permit of ding, he wat jou bevoeg verklaar om n taxi of bus te bestuur nie.

Michael P ·

Ja Lalie hulle noem dit n PDP (professional driving permit) Jy moet dokter pass n oe toets polisie clearance om te kyk of jy n kriminele rekord het.uitstaande boetes het. So ek verstaan hoekom jy die vraag vra. Ek wonder of dit ooit gedoen word en jy moet elke 2 jaar die toets laat doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.