‘Onsinnige mosie bevorder rassepolarisasie’

Genl. Christiaan de Wet (Foto: Anne97432, eie werk via Wikimedia Commons)

Die EFF gaan tydens die komende wetgewersitting op 22 Oktober 2019 ʼn mosie ter tafel lê om alle sogenaamde koloniale simbole uit die Vrystaat te verwyder.

“Dié aanval op Afrikanergeskiedenis is teenstrydig met nasiebou en bevorder rassepolarisasie. Alle rassegroepe se geskiedenis moet gerespekteer word,” het Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, gesê.

Die inhoud van die mosie bevat bewerings dat swart mense geen beelde van helde in die Vrystaat het nie en dat slegs wit helde in die Vrystaat uitgebeeld word.

Die EFF eis dat geskiedkundige simbole, soos gesien in die vierde raadsaal, asook die standbeeld van genl. Christiaan de Wet, verwyder moet word. Die EFF voer in sy mosie aan dat die verwydering van hierdie simbole sal bydra tot die uitwissing van kolonialisme.

“Genl. de Wet het egter teen kolonialisme geveg en het geen betrokkenheid by die apartheidsera gehad nie. Die VF Plus is ten gunste van ʼn inklusiewe erfenisterrein waar een groep se geskiedenis nie weggeneem word nie, maar waar daar eerder bygevoeg word. Die verlede kan nie herskryf of verander word nie en daar moet eerder respek vir alle groepe se geskiedenis wees en geleer word uit die verlede,” het Van Niekerk bygevoeg.

“Terwyl mense in die Vrystaat honger ly en gebuk gaan onder uiters swak dienslewering, prioritiseer die EFF simbole. Dit is beduidend van die EFF se kortsigtige populisme. Die EFF het nog nie geleer dat ʼn land nie opgehef word deur gedeeltes van die samelewing te probeer afbreek nie. Solank dit die EFF se uitgangspunt is, sal armoede en ongelykheid in Suid-Afrika bly voorbestaan.”

Van Niekerk het gesê sy party sal die mosie ten sterkste teenstaan. “Die VF Plus veg vir ʼn beter bedeling waar daar uit die verlede geleer word en op ʼn beter toekoms gefokus word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Werner ·

Die ou wat dink hier is harmonie en vrede sien gesigte kyk nou maar na die DA ook as voorbeeld

Peet ·

EFF strategie – terwyl ons ‘n kulturele stofstorm veroorsaak kan ons, ons sjampanje, Louis Vitton ens opslurp terwyl die arm en honger massa in die stof verdwaal.
Seker ‘n onChristelikke ding om te sê – oppas vir Karma.

HPV ·

Dan moet hulle sommer alles soos die taal, infrastruktuur, motors, ens verwyder.
Dit sal egter ‘n reuse stap tot rasseversoening wees as Malema homself verskoon of verwyder.

Johan ·

Die radikales wil so graag alles wat glo kolonialisties is, vernietig. Maar hulle ware doelwit het ‘n suiwer rassistiese motief. Hierdie is ‘n gevaarlike politieke party wat Suid-Afrika verdeel en vreedsame naasbestaan en respek bedreig.

Marius ·

Ek is keelvol vir die “losers” Die enigste werkbare oplossing is ‘n onafhaklike staat vir Afrikaners. Op die stadium lyk die Orania plan die mees uitvoerbaarste. Ek besef daar moet nog baie water in die see loop. Afrikaners wat nie daar wil bly nie is welkom om hul keuze uit te voer.

GL ·

Dit is nie vir ons almal so maklik nie. Waar sal ons werk kry, ek en my vrou moet albei werk om die pot aan die kook te hou. Grond en huise selfs huur huise is nie goedkoop daar nie ek het al my huiswerk gedoen.
Dink aan ons as jy soontoe verhuis.

Therese van Schalkwyk ·

As hierdie saak dieselfde verloop neem as by gewese Afrikaanse universiteite, waar ons taal sonder slag of stoot opsygeskuif is, dan is alle geskiedkundige simbole binnekort verwyder.

En nee, dit is níé beter om alle Afrikaner-standbeelde te verwyder en op veilige plekke te versamel soos sommiges dikwels beweernie. Die waarde van monumente, standbeelde en borsbeelde is juis dat dit die landskap verryk en die ware geskiedkundige gebeure uitbeeld.

Johanna Botha ·

Presies waarvoir hulle staan …afbreek van verhoudinge ag alles …nowm een ding wat die eff al opgebou het ….so gedink !

Penellope Jones ·

Verbied die kleur rooi in alle moontlike vorme in die Vrystaat

Grassie ·

My mense wat in die boere oorlog baklei het sal ook net hulle koppe skud en dink, ‘wat het ons voor baklei?’ Al mense wat nogsteeds ‘thrive’ in SA is die joiners wat ons mense uitverkoop het tydens die boere oorlog en na dit. Wat gaan gebeur sodra die eff sien dat die voortrekker monument gebou is omdat ons die zulus verslaan het?

Daan ·

Daar is dan n beeld van Nelson Mandela op Navilhill..Moet dalk beeld van Ace oprug..hy sal sommer self die tender ontvang om sy beeld opterug. Niks minder as 24 miljoen.. Terwyl hy beesig is somer paar Gupta beelde ook oprug..

Joke! ·

Maar dit is presies geheel en al wat die EFF kan bied…Afbreking…

Anel ·

Verwyder dan sommer eerste engels. Want dit is die taal van die kolonialiste.

GL ·

Uistekende idea Anel , dit sal ons blankes nader aanmekaar bring.

jaco ·

generaal de wet het nou wel teen kolonialisme geveg, maar die wit mense na hom het ook maar lekker die koloniale britte se rassewette loop en verbeter en amper vervolmaak in wat uiteindelik die beleid van apartheid was.
aparte woonbuurte, swart tuislande, aparte skole is maar alles goed wat die Britte eerste mee begin het.

Philippus Janse van Rensburg ·

Miskien kan ‘n voorstel ingedien word dat die hoofmanvan ‘n stam wat hulp verleen het aan die Trekkers na Vegkop, op gepaste wyse vereer word!

JohanR ·

Ek dink die EFF is verveeld met hulself, en weet nie wat om met hulself van dag tot dag aan te vang nie, soe dan dink hulle maar hierdie goed uit. Die soos die ou wat op die hoek sit (niks beter om te doen) en jou kom en gaan bekyk, en dan op ‘n dag breek hy in, as jy nie daar is nie. Teen aanstel in die parliament dat Julius Malema verwyder word na Rusland, of die Noordpool toe asseblief. Dit is nou een nikswerd wat ek nie sal mis nie!

Ben ·

Wie is die helde van die Vrystaat buite die wit boere en generaals? Vra ma net.

Kobus ·

EFF het nog net afgebreek, dis tyd dat hul wys wat het hul al opgebou.

B.B. ·

Ek voel daar moet direk vir Malema gevra word…”Watter sinvolle bydrae het jy al gedoen in S A” Waar het jy al Armoede help verlig, Waar het jy al n Skool help bou, Waar het jy al n Ouetehuis gehelp oprig, Waar help jy REGTIG in Nood”..?… Of HOU jy mense uit hul werk, jong mense uit Universiteite net om ook te wys jou organisaie bestaan nog deur hulle te laat Toi-Toi… om aandag vir jou Party te Trek…..! Sodra die aandag bietjie van hom afneem…dan noem hy weer iets soos afbreek van Standbeelde…net om weer die aandag op hom te vestig…
Ons Standbeelde is Deel van ons Verlede…Maar daar is ook n Plek soos Orania waar dit dalk met meer waarde opgerig kan word, vir ons en ons nageslag….sonder venyn..
Dis net snaaks die Unie gebou, en die Parlement in die Kaap mag maar bly…en word ook deur sy party gebruik….Onverstaanbaar..!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.