Man verdrink by Amanzimtoti

Verdrinking by Amanzimtoti op 4 Desember 2016 Foto: ER24

Verdrinking by Amanzimtoti op 4 Desember 2016 Foto: ER24

ʼn Man, glo in sy 30’s, het Sondagmiddag in ʼn rotspoel in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal verdrink.

“Paramedici het net ná 18:00 by die toneel opgedaag waar lewensredders besig was met KPR op die man,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Alle pogings om die man by te bring, was ongelukkig tevergeefs. Hy is deur paramedici van ER24 op die toneel dood verklaar.

Volgens omstanders het die man op die rotse gesit toe golwe hom getref het. Lewensredders het hom uit die water gehaal.

“Die plaaslike polisie hanteer die saak verder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alida ·

Liewe hemel waar was die mense wat hom in die rolstoel tot op die rotse gestoot het, of liewer gedra het, want mens kan nie met ‘n rolstoel oor rotse beweeg sover my kennis strek nie. In hierdie geval moes sy helpers mos deurentyd ‘n ogie oor hom gehou het. HIerdie storie klink vir my baie snaaks.

Cherokee ·

Ek het ook met die eerste opslag ‘rolstoel’ gelees maar darem verder gelees en die werklike woord raakgelees.

Diensie ·

Ons bly in Amanzimtoti, en die wind spoed was gister 50km per uur, Kan nie glo mense waag nog hulle lewens op die ROTSE in sulke wind nie!!! Baie dom!!

Rooiman ·

Ai, hoe lekker lag ek nou vir die kommentaar oor die rolstoel. Jy het my dag gemaak. EK MOES TERUGGAAN ARTIKEL TOE OM SEKER TE MAAK EK HET REG GELEES. Lekker dag!

Hehe ·

Ja nee dit is n makilke foutjie, maar dit laat lag ons lekker.

Theresa ·

Alida, ek was nou histeries!! Toe ek die berig lees, mompel ek onthuts vir myself dat hoe de heng kan ‘n ou met ‘n rolstoel die see wil in!!! Whaaaaaaaaaaaaaaaaaa ha ha ha ha vir ons wat rolstoel in plaas van r o t s p o e l gelees het.
Maar, tragies van die gebeure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.