Man verskyn in hof vir aanval op Pta-hawelose

pretoria-jakaranda-stad-sa-tourism-flickr-com

Pretoria. Argieffoto: SA Toerisme/Flickr.com

’n Man verskyn Vrydag in die Pretoria-landdroshof op aanklag van poging tot moord nadat ’n hawelose man van Pretoria na vore gekom en ’n saak by die polisie aanhangig gemaak het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagte (40) is Woensdag in Sunnyside in hegtenis geneem nadat die hawelose man ’n saak verlede naweek by die polisie aanhangig gemaak het.

Die man is vroeër vanjaar in Sunnyside aangeval. Hy het die aanval oorleef waarna hy onlangs besluit het om die voorval aan te meld.

Dit kom te midde van paniek in die Jakarandastad nadat die liggame van vyf hawelose mans in ’n kort tyd in Muckleneuk in die stad gevind is.

Makhubele wou nie in dié stadium kommentaar lewer of die man moontlik met dié moorde verbind kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stem ·

Sad, but true…
Jy stel dit so kort maar kragtig. Dink net prioriteite is verkeerd van alle taakmagte.

Sophia ·

Ek hoop regtig dat die moordenaar(s) wat dié mense vermoor het spoedig aangekeer sal word! Dit is baie hartseer!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.