Man vlug na Zim ná R10 miljoen verdwyn

Reginald Bernstein (Foto verskaf deur die Valke)

Reginald Bernstein (68), voormalige bestuurder van ʼn gholflandgoed, bly in aanhouding ná R10 miljoen uit sy werkgewer se bankrekening verdwyn het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Bernstein het in Palm Ridge se gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn op aanklag van bedrog.

“Die voormalige bestuurder van Dainfern Golf Estate het na bewering tussen November 2009 en Mei 2015 vervalste fakture vir sekuriteitstoerusting geskep en ongeveer R10 miljoen in sy vrou se bankrekening inbetaal.”

Die saak is by die Valke se eenheid in Johannesburg, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, aangemeld. “Bernstein is in April 2016 in hegtenis geneem en het in die handelsmisdaadhof verskyn. Die hof het hom vrygelaat op borgtog, maar hy het versuim om aan die borgtogvoorwaardes te voldoen.”

Verdere ondersoek het onthul dat Bernstein landuit gevlug het en die ondersoekspan het hom sy naam op die grensbeheer-kontrolestelsel geregistreer. “Bernstein is deur Interpol in Zimbabwe aangekeer en hy is aan Suid-Afrika uitgelewer. Hy is Donderdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.”

Hy sal 1 Desember weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Wanneer gaan hulle leer on nie vir kriminele borg toe te staan nie! Hoeveel van hierdie spul het al spore gemaak terwyl hulle op borg vrygelaat is? EISH, het vergeet die howe is net so korrup!

Perdeby ·

Soos hulle met enige ander gesoekte persoon maak wat hulle weet oor die land se grens gevlug het, word hulle by alle lughawens “geflag” daarom is hy gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.