Man, vrou sterf: ‘Ek het ʼn gil en toe ʼn slag gehoor’

Janine Hopkins

ʼn Man en ʼn vrou is Saterdagoggend dood toe hulle deur ʼn taxi getref is terwyl hulle op ʼn tandemfiets in Isando aan die Gautengse Oos-Rand gery het.

Janine Hopkins is op die toneel dood terwyl Frans Duys by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar is. Hopkins was adjunkhoof van Boksburg High School en Duys het voorheen die bekende Tour de Frans Cycles in Boksburg besit.

Hopkins en Duys het vroeg Saterdagoggend saam met nog drie fietsryers gery. Hulle het in Isandoweg gery toe ʼn taxi glo omstreeks 6:00 ʼn verkeerslig verontagsaam en hulle by die kruising met Electro-rylaan getref het.

“Ek het Frans hoor gil en toe ʼn slag gehoor,” vertel Bruce Repsold wat ʼn kort ent voor Hopkins en Duys gery het. Hy het die taxi gesien toe hy oor die kruising ry en het gedink die taxi het dalk teen ʼn motor gebots.

“Ek het dadelik omgedraai en na die kruising gery. Janine het in die pad gelê en Frans het naby aan die verkeerslig gelê. Janine het nie beweeg nie, maar ek kon op haar hartmonitor sien dat sy nog ʼn pols gehad het.”

Die ander twee fietsryers het intussen vir Duys gaan help. “Ek het by Janine gaan sit en die nooddienste gebel.”

Volgens Repsold het paramedici eers heelwat later op die toneel aangekom nadat hy verskeie kere gebel het. Teen daardie tyd was Hopkins se pols baie swak en volgens Repsold het sy blou begin word. “Haar hart het nog geklop en ek het gedink sy is net bewusteloos.”

Frans Duys

By paramedici se aankoms op die toneel het hulle onmiddellik begin om Hopkins en Duys te behandel. Hopkins is egter kort hierna op die toneel dood verklaar.

“Frans het gesukkel om asem te haal of te praat.” Volgens Repsold is daar oorweeg om Duys per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal te vervoer, maar is hy uiteindelik per ambulans na ʼn hospitaal gehaas. Hy is by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Volgens Repsold het die taxibestuurder net daar op die toneel gestaan. “Daar het later taxibase aangekom en die taxibestuurder het in ʼn stadium ook die taxi se nommerplate verwyder. Die taxi se voorruit was stukkend en dit is ook later verwyder en sommer langs die pad gelaat voordat daar net met die taxi weggery is.”

Repsold het gesê die taxibestuurder is nie in hegtenis geneem nie al was die polisie op die toneel. “Hy het nie eers een keer gelyk of hy berou toon nie.”

Duys word oorleef deur sy vrou, twee kinders en twee kleinkinders. Hopkins laat haar lewensmaat agter.

Nog die Ekurhuleni-metropolisie, die Ekurhuleni-nooddienste of die polisie kon kommentaar oor die voorval lewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Anoniem ·

Ja en die taxi bestuurder sal met ‘n waarskuwing vrygelaat word

Humbug ·

Aarto is net Vir die wat nie taxi’sry nie. Hul Kan sonder reels en gevolge Al’s doen wat hul wil. sommige bestuurderd skel, dreig en lag Mos Vir ander padgebruikers.
Siek man siek. Dis nie die land wat siek is maar die mense. Sterktee vd families met jul verlies

WitBlits ·

Is dit nou deesdae okay om fietsryers dood te ry en ‘n vermeende sonneblomdief moet net nie van jou bakkie afspring nie?

Laetitia ·

Ek hoop hulle kry die taxibestuurder en sluit hom op vir die res van sy lewe. Die wet word meer en meer verontagsaam op ons paaie. Innige simpatie aan beide families.

Sandra ·

Polisie daar en nommerplate afgehaal en later weggery? En niemand mag woedend raak of iets sê nie? Die uiteinde gaan op ‘n tragedie vir die land uitloop.

Henna ·

Gelukkig het een van die ander fietsryers nie die taxi bestuurder die k woord genoem nie, want dan was hy summier toegesluit vir die naweek.

JV ·

Die gemors,! Die taxibestuurder moet n tronk verrot.! Ons innige simpatie met die familie.

Verbitterd ·

Daardie taxi sal skotvry afkom. My enigste broer is deur n vroue Kaptein van Diepsloot Polisie doodgery op die N14 en sy het weggery. Haar polisie maatjies het geweet sy was die oorsaak, maar het verkies om net te swyg en ander mense die skuld daarvoor te gee. Sy het skotvry daarvan afgekom en gaan net aan met haar lewe! Geen vervolging vir haar omdat sy versuim het om die korrekte prosedure en voorsorgmaatreëls na te kom nie. As ek wegry van n toneel, word ek gejag en gearresteer! Maar ander mag moor dan is dit reg. So jammer vir hierdie twee mense .

Marinda ·

Sterkte aan die familie en naasbestaandes van die oorledenes.

Dis tragies en die skuldige persoon sal aan die pen ry. Ek glo daar is CCTV footage beskikbaar. Vra maar net daarvoor.

Cherokee ·

Marinda, daar is nie geslote baan televisie wat die hele land (of elke verkeerslig) dek nie.

Geen Mckechnie ·

Janine Hopkins gaan ‘n groot leemte in Boksburg High los en al die leerlinge se lewens – almal was baie lief vir haar en sy was ‘n wonderlike voorbeeld vir almal

Adele ·

Wat n tragedie. Dit laat n mens sommer opstandig raak. Die verdomde taxis op ons paaie maak soos hulle wil en verontagsaam padreels en regulasies nes hulle wil. Verkeer en die polisie doen niks aan hierdie moordwapens op ons paaie nie – hoekom – want tree hulle op dan word hulle aangekla vir rassisme of die Taxi Association intimideer en dreig hulle en word daar optogte gereel waar hulle letterlik oorlog verklaar en dorpe omkeer. Dit is hartseer want 80% taxi drywers het geen respek of agting vir anders se lewens nie solank hy net haas genoeg soveel “trips” n dag kan inpak om geld te maak.

Abbi ·

Wat ‘n tragedie Janine Hopkins sal altyd onthou deur almal wat sy tydens haar wonderlike lewe ontmoet het en sy sal baie gemis word, mag haar siel in vrede rus.

Clive ·

Klinkklare bewys hoe hierdie sogenaamde wetstoepassers hul taak versuim en selfs meemaak om misdaad te verdoesel ten gunstige van hul maters.

Yankee ·

Waaragtig, stom-geslaan!! “Hulp veel later opgedaag” “Polisie laat bestuurder gaan” Voertuig verwyder sonder ondersoek!! Piesangs hang seker aan elke tak daar.

Maureen van Dyk ·

Hulle gebruik hulle voertuie as wapens om die witras mee uit te roei.

JohanR ·

Die taxi bestuurder sal ANC bevoerdering kry…….Johannesburg soek juis vir ‘n nuwe burgermeester! Die nommerplate afgehaal. Soe slinks as ‘n slang. Soos altyd lyk die asof die polisie ook nie eintlik geintereseed was nie. Twee mense sterf terwyl hulle deur ‘n groen lig op hulle fietse ry en niemand gee ‘n HEL om nie!

Mariaan ·

TIPIES ons land! Vervrot van moordenaars!! Ek wens so ek kan uit hierdie land wegkom…hier is wraggies net ellende…SOU GRAAG MY WERKLIKE MENING GEE…maar ja…dan sit EK innie tronk

AB ·

Hoe is dat dit die ambulans daardie tyd van die oggend eers na ‘n geeuime tyd opdaag, as dit spitsverkeer was kan ek nog verstaan! Hierdie land raak meer slapgat by die dag, mens weet nie meer nie, regtig!

Hagar ·

Hoop daar was ook mense met selfone wat fotos van die bedrogspul geneem het

KP ·

Daar is twee wit persone doodgery deur n swart taxibestuurder wat oor rooi verkeerslig ry, kom ons kyk wat gebeur.
Voor ek gekruisig word of deur MM verwyder word, ek neem aan dat die taxibestuurder swart is anders sou daar gestaan het, twee fietsreiers doodgery deur dronk blanke taxibestuurder wat oor rooi verkeerslig gejaag het. Taxibestuurder is in hegtenis geneem en sal volgende jaar in hof verskyn.

sdp ·

Ja ne, versoening!! haal die oogklappe af en observeer wat om jou aan gaan. Ek lees al die kommentare op elke berig, en gesplete persoonlikhede seevier

Foxi ·

GAAN NIEMAND IETS HIERAAN DOEN NIE!Daai taxi het dood veroorsaak en dit is moord! Goeie Hemel.

Tinus Vorster ·

Taxis is mos nie die grootste oorsaak van ongelukke nie, het julle vergeet? Wat ek daagliks sien is hoe blatant hulle oor rooi ligte ry, die nuutste is mos om sommer net te ry as daar volgens hulle nie verkeer in aantog is nie . Hulle is mos bo die wet en reels verhewe …..

Nella ·

My sus en haar fietsrymaat ook op hul tandemfiets doodgery. (02/01/2012) Tot en met vandag, is daar niks aan die “moordenaars” gedoen, want hulle was polisielede van Kliprivier aan die oos-rand. Ek bid dat die taxi bestuurder nie so gelukkig gaan wees nie. Ons word toen teen een vir aspris UITGEDUN in hierdie land.

Hugo ·

Daar moet daadwerklik begin opgetree word teen taxis. Ek ry elke dag daar in die omgewing en dis skrikwekkend hoe hulle ry. Daar is nooit beamptes te sien nie.

Henna ·

Taxi’s is soos politieke leiers. Vêr bo die wet verhewe. Wonder wat gaan met die ondersoek in die KNP aan na die dood van die Sweedse toeris.

Melanie ·

So jammer vir die families wat agter bly met die hartseer en dit voor Kersfees. Die taxi bestuurders verontagsaam pad reëls orals,hul weet nie van stop of verminder spoed.Dat die polisie nie omgee is skrikwekkend en ambulaans lank gevat het kom dalk die ryer se lewe gered het.

Meraai ·

Dis eenvoudig skokkend – geen respek vir lewe nie. N taxibestuurder het my niggie en haar man doodgery in die Kaap, hyt nie n dàg in die hof gekry nie!!!!?!?!?!?!

EO ·

Ek sien ELKE dag hoe taxi bestuurders oor rooi verkeersligte ry. As ek toeter blaas, wys hulle net middelvinger, of hulle ignoreer jou.

Leon ·

Onthou, taxis, busse en vragmotors is bo die wet verhef. Hulle mag nie vervolg word nie.

Nee regtig!! ·

Die polisie gaan een van die dae dooie taxi bestuurders in hulle taxies kry…. een of ander ou gaan sy humeur verloor en dan is die HEL los!! Dan moet hulle nie vrae vra nie!!

Thinus Erasmus ·

Dagvaar die minister van Polisie vir die wyering of nalaat om wettige plig uit te voer.
Die “publiek” behoort ook ñ “betoging” te hou oor Taxi drywers wat roekeloos en gevaarlik bestuur en die wet oortree sonder gevolge.

Piet ·

Wel ek sit al en dink of die metro base nie back hands kry van taxi base nie , want taxis maak nes hulle wil en kom niks oor nie

Justice ·

Die taxi base (taxi assosiasies) word mildelik befonds deur venootskappe in die privaat sektor deur ona Bank en motor handelaarskappe wat die taxi mark domineer. Die inkomste vanaf die individuele taxi operateurs is minimal in vergelyking.

Ad ·

Ethnic cleansing.

Innige simpatie met die families. Frans het baie gedoen om tandem racing in SA n hupstoot te gee.

Gene ·

Dit het niks met taxis spesifiek te doen nie, maar wel met die wat dit bestuur. Soos met die wat betrokke is by rooftogte, moorde, verkragtings, aanrandings verwoesting. Dit is in die dna.

Gert R@Midstream ·

Het die vorige week daagliks binne Tswane gereis. Die toenemende swak padgebruik deur “L leaners” en “taxi” bestuurders was skokkend. Wetstoepassing bestaan nie en dit is bykans onmoontlik om te polisieer. Nooddienste en reaksie tye wisselend soos blyk in hierdie saak. In Kaapstad word treine v erwoes en taxi bedryf trek die voordeel. Anargie mense.

Amanda ·

Ek het vir Frans gewerk en hy was bitter bekend onder al die fiets ryers aan die Oos Rand en Janine het n paar keer saam ons geoefen om sterkte in haar bene op te maak. Wat n groot verlies. Kry daai taxi bestuurder en gee hom aan die publiek. Ons sal hom wys. Dan sal ons ook swyg oor wat regtig gebeur het met hom en kyk of ons ook met moord kan wegkom ssos die taxi bestuurders

Eie reg ·

Stem Amanda. Tyd dat ons blankes organiseer en ‘n klein geslote groepie stig wat reg in eie hande neem in elke area. Ons moet hierdie taxi bestuurders uitroei voor hulle ons almal uitroei. Reg in eie hande is die antwoord want die SAP is patetiese onbevoegde narre.

Michael P ·

Nou gaan hulle dit net los of gaan hy nou aangekeer word of hoe?

Stefan Kruger ·

Nog fietsryers doodgery. Baie hartseer. ‘n Mens kan nie meer op die land se paaie saam met voertuie fietsry nie. Dis net te gevaarlik. Mens hoor feitlik weekliks van ‘n fietsryer wat doodgery word.

heinrich ·

Mag die Skepper reg laat geskied as die die gov nie wil nie

Jr ·

HELP AFRIFORUM . NET JULLE KAN. Julle help die sokkerster se familie. Hierdie is ons volk.HELP ASB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.