ʼn Nuusspan van Newzroom Afrika is Sondag by ʼn Wêreldvigsdag-byeenkoms in Khayelitsha in Kaapstad beroof.
Lees meerAlles vir Sondag 1 Desember 2019
30 vas oor drank, spoed aan Oos-Rand
ʼn 31-jarige man is ook op die N12 in hegtenis geneem wat glo teen 198 km/h op sy motorfiets gery het.
Aboe Dhabi-Grand Prix: Hamilton het (steeds) nie sy gelyke
Daar lê maande se harde werk en kopkrap vir die teenstanders van Mercedes se Formule Een-renspan voor.
Larrazábal blaas toe nié die aftog op Leopard Creek
Binne minute was sy drome daarmee heen terwyl die Spanjaard die rieldans kon begin uitvoer.
Klip deur ruit tref vrou in gesig
Karla Etzebeth was Saterdag in die vroeë oggendure op pad huis toe van die werk af.
Proteas vandag in volle blom, maar Rose lag laaste
Nadat die Engelse Rose veel sterker as die Proteas in veral die doodsnikke van ’n naelbytstryd vertoon het, het die Suid-Afrikaanse netbalspelers vandag vir die volle 60 minute gespeel om uiteindelik die laaste toetswedstryd met 54-48 te wen.
Video: 12 tweelinge in een week in hospitaal gebore
Die tweelinge is almal vyf tot 14 weke vroeg gebore.
Ramaphosa onderteken omstrede wetsontwerp
Pres. Cyril Ramaphosa het hierdie week ʼn omstrede wetsontwerp onderteken wat onverkose tradisionele leiers se omvattende feodale magte oor 18 miljoen Suid-Afrikaners omvattend uitbrei en elke belastingbetaler heelwat gaan kos.
Man, vrou sterf: ‘Ek het ʼn gil en toe ʼn slag gehoor’
“Hy het nie eers een keer gelyk of hy berou toon nie.”
Hawies kry toe Cheetah-sege vóór Kersfees
Cheetahs klop die Ospreys met vyf punte, Kings veg moedig teen Connacht.
Laurika Rauch: ‘Die musiek-ma van ons menswees’
Die sangeres is Saterdagaand tydens die voorlaaste Afrikaans is Groot-konsert ingesluit in die Suid-Afrikaanse Heldesaal (Hall of Fame).
De Villiers, Van der Merwe skitter vir Spartans
AB slaan blitsige vyftigtal in 300ste T20-wedstryd.
‘Verwyder Bongo uit ampte,’ sê ANC-komitee
Bongo is tans voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake en is ʼn lid van die NUK.
‘Terreur-komplot’: Nóg drie vas
Die Valke het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde terreur-komplot om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val.
Rasteikens in werkplek slaag nie
Die jongste syfers oor die vlakke van ras- en geslagsverteenwoordiging in die arbeidsmark is hierdie week tydens ʼn sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid bekend gestel.
Video: Bobby en Demi Lee se duet ‘ʼn rondomtaliereis’
“Elke keer as ek en sy in mekaar se oë moes staar, wou ons net lag.”
Oorsese sporttoere afgestel: ‘Ek sal al die ouers kontak’
Vision Sport South Africa het onderneem om sake reg te stel nadat talle oorsese sporttoere afgestel is wat tot gevolg gehad het dat tientalle ouers derduisende rande kwyt en hul kinders platgeslaan is.
Hofbeslissing oor haatspraak ‘sal verreikende gevolge hê’
“Vir toekomstige sake kan dit rigtinggewend wees.”
Gedagte vir die dag: Wees ’n inspirasie vir ander
As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. (Matteus 5:41)