Video: Bobby en Demi Lee se duet ‘ʼn rondomtaliereis’

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore in die video vir "Ek weet al lankal". (Foto: Ruben Roos)

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore in die video vir “Ek weet al lankal”. (Foto: Ruben Roos)

Twee van Afrikaanse musiekliefhebbers se witbroodjies, Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore, het kragte saamgesnoer om ʼn liefdeslied getiteld “Ek Weet Al Lankal” op te neem. Die liedjie, wat onlangs op alle digitale platforms vrygestel is, se video word Sondag vir die eerste keer op Maroela Media gesien.

Dié romantiese liedjie handel oor twee persone wie se harte in mekaar pas en is reeds in Februarie vanjaar opgeneem, voordat Van Jaarsveld in November aangekondig het dat hy ʼn operasie op sy stembande moes ondergaan en gevolglik nie by die Afrikaans is Groot-konsert kon optree nie.

Afrikaans is Groot maak Sondagmiddag sy laaste draai op die planke in die Sun Arena by Times Square in Pretoria en sal in Maart weer in die Kaap by die GrandWest Casino te sien wees.

Die musiekvideo vir “Ek Weet Al Lankal” neem die kyker op ʼn rondomtaliereis tussen dié twee kunstenaars, wat diep in mekaar se oë staar terwyl hulle in die rondte beweeg. Tydens die verfilming van dié video moes selfs die musikante ook saam met die kamera beweeg en hul musiekinstrumente telkemale neersit en weer optel.

“Dit was lekker om saam met Demi Lee te werk en ons kom baie goed oor die weg,” het Van Jaarsveld onlangs in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê.

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore in die video vir "Ek weet al lankal". (Foto: Facebook/Demi Lee Moore)

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore in die video vir “Ek weet al lankal”. (Foto: Facebook/Demi Lee Moore)

“Elke keer as ek en sy in mekaar se oë moes staar, wou ons net lag, maar ons het ons pose goed gehou,” het hy laggend bygevoeg.

Moore het op haar beurt gesê dié liedjie wat hulle saamsing, is ʼn tipiese liefdesliedjie en dat sy bly is sy kan dit saam met Van Jaarsveld sing. “Dit is ook my eerste langarm-liedjie wat ek uitbring,” het sy gesê.

“Ek Weet Al Lankal” is uit die pen van die liedjieskrywer Johan Oberholzer, wat vir verskeie van die Afrikaanse musiekbiblioteek se uitblinkersnitte verantwoordelik was, soos onder meer Moore se trefferdebuutenkelsnit “Mis eet slaap herhaal”.

“Ek het dié liedjie spesiaal vir Bobby en Demi Lee geskryf met die idee om dit juis so eenvoudig as moontlik te hou – net ʼn doodgewone liefdesliedjie wat ʼn mens so bietjie verlief laat voel,” het Oberholzer gesê.

“Ek Weet Al Lankal” is nou op die versamelalbum, Afrikaans is Groot. Vol. 12, beskikbaar asook op alle digitale platforms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Humbug ·

Eeeeuuuuuk. Gelukkig verskil smaak. Bobby sal Ek nog luister sons maar Demi juk.

Buffel ·

Die een kan sing die ander een probeer. Deur ‘n gemiddeld kunstenaar saam met ‘n begaafde kunstenaar te laat optree beklemtoon hoeveel beter die begaafde kunstenaar is. Demi Lee en Steve was ewe goed in “Amanda”.

Sherise ·

Beautiful.. 2 pragtige mense daardie van binne en buite..
hou aan jul 2..hiervan wil ek nog hoor…

Derick ·

Almal wil nou saam met haar sing, hoekom?
Is dit omdat sy nou so gewild is en van hulle besig is om te verdwyn.
Sy en Steve moet maar liewers saamsing, hulle stemme pas die beste bymekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.