Laurika Rauch: ‘Die musiek-ma van ons menswees’

Laurika Rauch bedank die gehoor tydens die inhuldiging. (Foto: Verskaf)

Laurika Rauch bedank die gehoor tydens die inhuldiging. (Foto: Ruben Roos)

Die Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Laurika Rauch is Saterdagaand tydens die voorlaaste Afrikaans is Groot-konsert in die Sun Arena by Times Square in Pretoria, ingesluit as 135ste lid van die Suid-Afrikaanse Heldesaal (Hall of Fame).

Ander bekende Suid-Afrikaners wat dié eer te beurt geval het, sluit in voormalige president Nelson Mandela, die rugbyhelde Frik du Preez en Joost van der Westhuizen en die sangers Gé Korsten en Bles Bridges.

Johnny Burger, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Heldesaal, het die aankondiging gedoen terwyl ʼn emosionele Karen Zoid by dié geleentheid ʼn aandenking aan ʼn ewe emosionele Rauch oorhandig het. Sy is staande toegejuig deur die gehoor van sowat 8 000 mense.

“Ek het vir lank in my lewe gewonder waar kom die woord ‘nostalgie’ vandaan, en soos ek vanaand hier voor julle staan is ek oortuig daarvan dat die woord ‘nostalgie’ gebore is uit Laurika Rauch,” het Burger in sy toespraak gesê.

Laurika Rauch bedank die gehoor tydens die inhuldiging. (Foto: Verskaf)

Laurika Rauch bedank die gehoor tydens die inhuldiging. (Foto: Ruben Roos)

“Haar treffers en haar lirieke sal nie net vir óns behoue bly nie, maar dit sal behoue bly vir ons toekomstige generasies. En oor ʼn honderd jaar, wanneer ek en u nie meer hier is nie, los sy iets groter en beter agter as net haarself, en dit is wat die toekomstige generasies gaan inspireer,” het hy gesê.

“Sonder twyfel is Laurika Rauch die musiek-ma van ons menswees,” het hy bygevoeg.

Rauch het die Heldesaal bedank vir die eer. “Dit is vir my baie lekker om so gewaardeer te word,” het sy gesê.

“Hierdie meisie van Pinelands het al die moontlike geleenthede gehad in my lewe en ek het al die avonture beleef wat ʼn mens voor kan vra, en ek hoop dat dié wat ná my kom dieselfde belewenisse sal hê.”

Karen Zoid het die aandenking aan Laurika Rauch oorhandig tydens die inhuldiging. (Foto: Verskaf)

Karen Zoid het die aandenking aan Laurika Rauch oorhandig tydens die inhuldiging. (Foto: Ruben Roos)

Rauch het aan Maroela Media gesê sy sien uit daarna om te sien wat in die volgende 40 jaar in die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekbedryf gaan gebeur.

Rauch vier vanjaar 40 jaar in die musiekbedryf. Haar sololoopbaan het in 1977 begin toe sy haar eerste televisie-optrede gedoen het in ʼn program met die naam Fyn net van die woord.

Die legendariese Laurika Rauch word vanaand vereer vir haar onmiskenbare inpak as Suid-Afrikaner, met haar musiek wat diep gewortel is in ons almal se harte. Sy verdien versekeik ‘n plek in die South African Hall Of Fame. Loer hier na die emosionele-oomblik.????

Posted by Afrikaans is Groot on Saturday, November 30, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico K ·

Sy is my gunsteling kunstenaar en haar persoonlikheid op die verhoog het my altyd beindruk. Maar moenie haar man se bydrae, met die uitstekende liedjies wat hy vir haar geskryf het, vergeet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.