‘Verwyder Bongo uit ampte,’ sê ANC-komitee

Bongani Bongo, voormalige minister van staatsekuriteit. (Foto: People’s Assembly)

Die ANC se integriteitskomitee het aanbeveel dat die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) Bongani Bongo onmiddellik uit alle posies en aktiwiteite van die ANC verwyder.

Bongo, oudminister van staatsveiligheid en ANC-LP, is op 21 November in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie.

Bongo is op borgtog van R5 000 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie kontak maak met staatsgetuies nie. Hy moet weer op 31 Januarie in die hof verskyn.

Bongo is tans voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake en is ʼn lid van die NUK.

George Mashamba, voorsitter van die etiekkomitee, het gesê die komitee se aanbeveling is dat Bongo onmiddellik uit alle openbare ampte verwyder moet word totdat die strafsaak afgehandel is.

“Die komitee beveel ook aan dat Bongo deur die NUK tereggewys en ernstig gewaarsku word om nie ander kamerade verdag te maak en sodoende onnodige spanning en verdeeldheid in die ANC te saai nie.”

Mashamba het gesê Bongo kan die ANC se interne prosedures en strukture gebruik indien hy enige kwelpunte met enige van sy kamerade het.

Bongo was tydens voormalige pres. Jacob Zuma se termyn aan die stuur van die land se staatsveiligheid en het tot vroeg verlede jaar dié amp beklee. Hy is in Julie vanjaar as voorsitter van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake aangewys.

Daar word beweer dat Bongo op 10 Oktober 2017 probeer het om verrigtinge tydens ʼn parlementêre kommissie se ondersoek na ongerymdhede by Eskom te ontspoor. Dit het hy glo gedoen deur ʼn advokaat wat getuienis namens die kommissie gelei het, te probeer omkoop om siekteverlof te neem op die dag waarop die kommissie weer sy werk sou hervat.

Volgens inligting tot die Valke se beskikking het Bongo die advokaat soveel omkoopgeld as wat hy wou hê, aangebied. Die advokaat het onmiddellik sy seniors ingelig, wat gelei het tot die Valke se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sarel ·

So hy mag nie fluitjie blaas nie. Sy bek hou en alleen die pak vat

Santjie ·

As ek die berig reg verstaan, wou hy GLAD nie die fluitjie blaas nie, hy wou saam skelm wees!

George in Bloem. ·

Hulle sal hom seker net “re-deploy”. Kriminele word mos in die ANC vergoed instede van vervolg. Viva comrades. Viva. Pfffffftttt. Daar is absoluut geen salf aan die korrupte spul te smeer nie.

Christa ·

Kan nie glo ANC is so dikvellig dat die man nogsteeds is daardie possisie is nie. Lyk my hoe n groter korrup jy is hoe beter jou kanse Om in ANC te sien.

Schalk ·

Nee Nee maak hom president hy is van die beter oud ministers en beter as baie van die huidige.As jy im ANC AANJAAG is jy gereed vir bevordering .Dis deel van hul opleiding.

Maljan ·

Wat van Muthambi, Mabuza, mahumapele, Myeni en die ander kaders wie se name ek nie kan spel nie?

JohanR ·

Wil net weet van anders wat in die privaat sector werk, en gewerk het. Wat sou gebeure het my julle as julle probeer het om iemand om te koop? Ek weet wat me my sou gebeure het. ‘n Sperduer saam met die maatskappy se Hoof van Security sou by my lessenaar opgedaag het. Hulle my gevra het om optestaan en dan na die voordeur en die sypaadjie gely het, en ek was uit. Miskien sou ek voor ek by die sypaadjie uit gekom het ‘n draai by HR gaan maak het, maar by daai maatskappy was my dae verby, Innocent until proven guilty lyk my is ‘n lekker ANC spraak.

JV ·

Hy is maar een van baie! Hoop hy vat n paar ander saam met hom

Hendrik van George ·

ANC en Integriteit in dieselfde sin.. Bizaare tye waarin ons lewe……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.