Aboe Dhabi-Grand Prix: Hamilton het (steeds) nie sy gelyke

Lewis Hamilton vier sy oorwinning. Foto: (AP Photo/Luca Bruno)

Daar lê maande se harde werk en kopkrap vir die teenstanders van Mercedes se Formule Een-renspan voor.

Lewis Hamilton (Mercedes) het Sondag op die Yas Marina-baan sy heerskappy ʼn 11de keer vanjaar beklemtoon toe hy die Aboe Dhabi-Grand Prix gewen het.

Hy het vir 55 rondes (weer) ʼn meesterlike vertoning gelewer en of jy nou van hom hou of nie: Hy is NOMMER EEN, in hoofletters geskryf.

Max Verstappen (Red Bull) het 16,772 sekondes agter Hamilton geëindig, gevolg deur Ferrari se Charles Leclerc (hy word egter ondersoek vir ʼn brandstof-oortreding en kan sy podiumplek kwyt wees), Valtteri Bottas (Mercedes), Sebastian Vettel (Ferrari) en Alexander Albon (Red Bull).

Hamilton, wat reeds vroeër vanjaar ʼn sesde keer as wêreldkampioen gekroon is, het sy 84ste loopbaansege behaal en blaas in Michael Schumacher se nek, wat die rekordgetal van 91 oorwinnings steeds agter sy naam kan skryf.

Maar, sê diegene wat weet, Schumacher se spanmaats is nooit toegelaat om hom uit te daag nie, terwyl dit (soms) nie die geval by Mercedes is nie.

Vir die Ferrari-span wag daar kopkrap.

Hamilton in aksie. Foto: (AP Photo/Luca Bruno/Pool)

Al word Leclerc beboet, het hy steeds 21 sekondes voor Vettel geëindig en sal hy na alle waarskynlikheid aanstaande seisoen die rooi perd se voorste jaer wees.

Die Mercedes-span het vanjaar heeltemal oorheers, met Hamilton (387) wat ver voor sy spanmaat, Bottas (314), op die kampioenskapspuntelys geëindig het.

Verstappen (260) was derde, gevolg deur Leclerc (249) en Vettel (230).

Saam het Mercedes 701 punte teenoor Ferrari se 479.

Is daar nog iemand wat daarteen kan stry?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Twaalfboor ·

Hamilton sal NOOIT Schumacher se gelyke wees nie….. Al spat die rekords.

Ai.. ·

Jy is reg; hy is al verby Schumacher ongelukkig, nie sy gelyke nie.

Vraagteken ·

@Ai, laat ek jou net gou vinnig wysig. 1) Lewis het al twee keer teen sy eie spanmaat verloor – hy het teen Button en Rosberg onderskeidelik verloor. Dieselfde kan nie van Schumacher gesê word nie (behalwe toe hy na sy sell-by date teruggekom het vir Mercedes). 2) Schumacher het ‘n Ferrari gebou waar dit hom (en sy kollegas) 4 jaar geneem het om die motor kompeteerend te kry. Hamilton, aan die ander hand, het sy hele loopbaan ‘n goeie kar geerf (insluitend die Mercedes wat deur Rosberg en Schumacher ontwikkel was).

Partykeer moet ‘n mens van die statistieke vergeet en net jou oë oop maak. Daar is ‘n rede hoekom Mercedes nie in mense soos Verstappen en Ricciardo belangstel nie.

Linda ·

Die kar is belangrik, maar dit hang van die resiesjaer self se vernuf af of hy gaan wen of nie ! My seun is self n kampioen resiesjaer. Ja hulle raak ook senuweeagtig nes enige mens voor n race. Na die 3de rondte begin hulle eers te ontspan en wys hul uitstekende vernuf ! Dis n fantastiese sport as jy in dit belangstel.

Vraagteken ·

Linda, ongelukkig stem ek nie ten volle saam met jou nie. Ek stel voor jy gaan lees die autobiografie van Ayrton Senna. Daar is almal van mening dat Senna die beste was want hy kon die beste uit ‘n voertuig kry van die eerste rondte.

Verder, die voertuig speel die grootste rol. Met jou interpretasie is Bottas dan die tweede beste renjaer – iets wat nie die geval is nie. Verstappen en Ricciardo het baie beter vernuf en tog het Bottas tweede in kampioenskap gekom.

Tresia ·

Stem saam met jou Twaalfboor . Bottas moes al heelwat in die verlede opsy staan vir Hammilton as laasgenoemde sukkel en Schumacher het ook nie soveel wedrenne gehad nie , Nee wat Pieter daar is geen vergelyking nie.

Ai.. ·

As jy kon Google, sou jy sien Michael het in ‘n totaal van 308 wedrenne gery, met Hamilton maar op 241.

Die bewering oor Bottas is nogal lagwekkend as mens kyk hoe Ferrari se nr 2 drywer(s) verbied het om te jaag teen Schumacher.

Vraagteken ·

Ai, vat die laaste 3 seisoene van Michael weg waar hy net vir die plesier gaan jaag het met die doel om weer ‘n motor te bou (Die einste Mercedes waarmee Hamilton so goed gedoen het), dan sal jy vinnig agterkom dat Hamilton nie so goed soos hom vertoon het i.t.v. resultate nie.

Statistieke is geneig om die waarheid te verdraai….

Frans C ·

Dit raak soms vervelend as skrywers ‘n renjaer ophemel sonder om te kyk wie eintlik agter die sukses van die span staan en dan nie erkenning gee nie.Die man is Ross Brawn wat verantwoordelik was vir Ferrari en Schumacher se sukses.

Dit was opmerklik dat Ferrari begin sukkel het toe hy weg is en daar ‘n oplewing by Mercedes was,Hy het die Honda span opgekoop en het onmiddellik sukses behaal as Brawn GP. en die kampioenskap in 2009 gewen, met Jenson Button en Rubens Barrichello. Jenson word kampioen en daarna hoor ‘n mens nie veel meer van hom nie.Die motor was aangedryf deur die Mercedes Benz AMG enjin.Mercedes is toe slim genoeg en koop die hele span en behou Brawn se dienste.

So die eintlike eer vir Mercedes se sukses is te vinde in die geniale vermoëns van Brawn.
Plaas dus van die jonger garde in ‘n Mercedes Benz en Hamilton in ‘n ander span en dit sal ook die einde van sy loopbaar soos Schumacher s’n wees.

Beide is begaafde bestuurders en het baat gevind by die ongelooflike vermoëns van Brawn.Schumacher kon vanweë sy motorwerktuigkundige ‘n bydrae lewe iets wat Hamilton nie kon doen nie.

Hoop die oorsig plaas sake in perspektief.

Vraagteken ·

Jammer Frans C, maar ek stem nie ten volle saam met jou nie. Jy bou nie ‘n span in 1 jaar op nie. Brawn het die potensiaal van daardie Honda voertuig gesien en dus het hy hom gekoop. Die volle krediet moet aan daardie span gegee word wat die voertuig so goed ontwikkel.

koos ·

Frans, ek stem saam met jou oorsig oor Ross, maar moet in gedagte hou dat hy al bykans 10 jaar weg is by Mercedes, maar ja die grondslag is gelê. As sy invloed so wyd gestrek het moes Ferrari mos nog steeds ‘n wen span gewees het? Neem ook in ag dat vandat Ross weg is, die hele dinamika van die sport en karre verander het.
F1 is ‘n span sport en die bestuurder is net die gesig van die span.
Dis vir my baie snaaks dat baie mense nie wil erken dat Hamilton werklik goed is nie. Wat moet hy nog doen in hulle oë om goed (miskien die beste?) gereken te word? Selfs oud kampioene het hom al as die beste van alle tye bestempel (as na sy rekord gekyk word en nie wie wat kon doen nie), en selfs Ferrari het hom die naweek gekomplimenteer.
2021 gaan weer ‘n hele nuwe begin bring.

Frans C ·

@Koos
Dalk sal die moderators die ander statistieke wat meer lig op die werp plaas.

Linda ·

Lewis Hamilton is baie goed, hy gebruik sy jare se ondervinding wanneer hy bestuur. Ek glo dat hy volgende jaar Schumacher se rekord sal laat spat. Ons sal bly wees omdat ons hom ondersteun. Onthou net daar is baie jaloesie tussen die jaers, veral teen die kampioen soos Lewis Hamilton, dit motiveer hom om weer en weer te wen !

Linda ·

Die vooraf beplanning wat in so n resies ingaan is fenominaal groot. Dis nie net n kwessie van die jaer trek sy ‘burn suit’ aan, sit sy helmit op en jaag, nee dit werk nie so nie !

Frans C ·

Daar is ‘n onwilligheid by Maroela om kommentaar te plaas wat nie skrywers se standpunte ondersteun nie.Hamilton is niks beter as al die ander nie.Net soos Schumacher bestuur hy ‘n motor wat net eenvoudig dwarsdeur die seisoen beter as sy medingers op die meeste renbane was.

Plaas Hamilton in ‘n motor van ‘n kleiner span met ‘n veel kleiner begroting soos bv Haas met ‘n begroting van $118.7 mil en personeel van 200 teenoor Mercedes $400 mil
en 900 ondersteuningspersoneel en 450 in die enjinafdeling dan is dit duidelik waarom F1 nou die speelveld wil gelykmaak deur begrotings vir alle spanne tot $150 mil te beperk.

Wees nou eerlik -sal Hamilton die mas opkom in die Haas span, of soos oorlede ayrton Senna bevind dat:’ McLaren cars were becoming less competitive’ en in sy geval dat Haas nie mededingend is nie.

Formula 1 is ‘n spansport net soos Rugby , in motorsport hoe beter die toerusting en tegnologie hoe groter die kans op oorwinning, in rugby hoe beter die afrigter en hoe beter die spelers van die span hoe groter die kans op sukses.

Spanne met kleiner begrotings in Formule 1 en rugby sal altyd sukkel om bo uit te kom
al probeer die deelnemers ook hoe hard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.