‘Terreur-komplot’: Nóg drie vas

Riana Heymans

Die Valke het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde terreur-komplot om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val.

Volgens Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die drie verdagtes Vrydagaand in Kliprivier, in die suide van Johannesburg, deur ʼn geïntegreerde span van misdaadintelligensie-beamptes en lede van die Valke se eenheid vir ernstige misdaad in hegtenis geneem.

“Daar is op verskeie vuurwapens, ammunisie, dokumente en ander items beslag gelê,” het Mulaudzi gesê.

Riana Heymans is een van die verdagtes wat Vrydagaand in hegtenis geneem is nadat die Valke vroeër ʼn lasbrief vir haar inhegtenisneming bekom het.

Die drie verdagtes sal Maandag saam met Harry Johannes Knoesen (60) in die landdroshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn op aanklagte wat verband hou met die Wet op die Beskerming van die Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite.

Harry Johannes Knoesen tydens sy inhegtenisneming. Foto: Valke

Die verdagtes is glo almal lede van die National Christian Resistance Movement (NCRM), ook bekend as die Crusaders.

Knoesen, selfverklaarde leier van die Crusaders, is Donderdag by sy huis in Middelburg in hegtenis geneem. Knoesen is glo ʼn afgetrede pastoor wat ook in die weermag gedien het.

Mulaudzi het vroeër gesê Knoesen se inhegtenisneming kom ná ʼn twee jaar lange uitgebreide intelligensie-gedrewe ondersoek na ʼn beweerde terreur-komplot wat glo deur die groep gekoördineer is.

Die Valke het intussen gesê die huis in die Oos-Kaap wat ná Knoesen se inhegtenisneming deursoek is, behoort nie aan Knoesen soos wat vroeër beweer is nie. Volgens Mulaudzi behoort die huis aan ʼn ander lid van die Crusaders en volgeling van Knoesen.

Daar is glo op springstof, elektroniese toestelle, dokumente en ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie by die huis beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Johan ·

As hierdie aantygings waar is, is dit seker van die domste dinge wat ‘n mens kan doen.

Sarie ·

Jy vertel my Johan en sulke mense dra hoegenaamd niks by om versoening te laat slaag nie.

MH ·

Jy’s reg, Johan. Ongelukkig is daar geen bekende mediese behandeling teen sulke onnoselheid nie.

K P ·

Uit die kommentaar van die die mense is dit duidelik hoekom witmense is so benade posisie sit in die land. En hulle verdien om daar te wees. Het seker maar n neseier oorsee net ingeval dinge te warm raak

Kokkie ·

Sarie, Sarie : (1) Sê asseblief vir my wat jy doen om versoening te weeg te bring. En ook sommer: dink jy jy maak vordering ? Meet dit sommer ook aan die staatskaping en grondgrype en die gebrek aan optrede teen oortreders….pogings om versoening te bewerkstellig?
(2) As jy die koerante in die afgelope maand of wat gelees het, sou jy mos geweet het dat
die wen van die WB-rugbybeker en Kolisi en Etsebeth se soen op Trevor Nkanjane se kop ons as verdeelde Suid-Afrikaners verenig het. Nou is die euforie verby…………….van watter versoening praat jy ?
(3) Hoewel ek dit nie goedpraat nie, is die ‘beweerde-terreur’ komplot myns insiens ‘n desperate handeling van mense wat voel dat hulle wil opstaan teen die afgryslike misdade teen hulle mede-afrikaners . Hoe dikwels hoor ons nie kreet nie: ‘ genoeg is genoeg’?
(4) Beskou jy die rooftogte en gewapende aanvalle in inkopiesentrums en die opblaas van kitsbanke as enigiets anders as terreurdade?
(5) Sarie, noem asseblief ook vir my die lande in die wêreld waar swart en wit, moslem en christen, ens. in volkome harmonie saamwoon en werk.

Clive ·

Versoening kom nie net van een kant nie. Dit is juis wat lei tot ekstrimistiese denke en dade. Die “leiers” in hierdié land het mos al oor en oor bewys dat versoening nie deel is van hul protoplasma nie. Jy kan nie versoen met revolusionêres nie.

MV ·

As ek na n paar van julle se uitlatings hier kyk dink ek julle moet ook dalk ondersoek word…crusaders? Dis belaglik om onskuldige mense se dood te beplan, n hele nasie kan nie aanspreeklik gehou word vir n hand vol wat verwoesting saai nie…jy sal wel eendag aanspreeklik gehou word vir jou dade…

John ·

Versoening? Dit klink na ‘n lekker oordrewe storie om die ANC weer nuwe slaankrag te gee. Daagliks word wit mense vermoor en uitgedruk, maar dit bewerk versoening?

bokka ·

Daar word baie meer swartes (per 100000 van die swart bevolking) as wittes (per 100000 van die wit bevolking) vermoor. Hierdie twak dat wit mense spesifiek geteiken word, moet end kry.

N Lourens Reitz ·

Ja Kallie dit wil ook graag by Sarie hoor watse versoening praat Sarie van??

Jo ·

Net die staat het monopolie van die wettige gebruik van fisieke geweld.

Kasper ·

@bokka,
Wie doen die mooren martel werk, antwoord eers dit , dan kan jy van twak begin praat.

Johannes V Nell ·

Bokka die verskil is dat die groot % moorde op Swartes deur Swartes en nie wit gepleeg word. By die Blanke is dit ‘n groot % Swartes wat Blankes vermoor.

Louis ·

Bokka waarop grond jy jou stelling?
Die blankes word doelbewus deur ‘n swart element geteiken, gruwelik gemartel, verkrag en vermoor. Ons kan miskien debateer oor wie agter dit sit, maar dat dit wel gebeur is ‘n onomstootlike feit. Kyk na oa die die resultate van Erenst Roets van Afriforum se navorsing (met die nodige bewyse).

Hannes ·

Bokka droom voort. En dit is natuur blankes wat die swartbevolking uitmoor. Jy het nie n idee waarvan jy praat nie.

Kokkie ·

Ou Bokka, terwyl jy nou so met syfers en statistiek speel, wil jy nie sommer al die moorde in S.A. bymekaargooi en vir ons uitwerk hoeveel daarvan deur swart en hoeveel deur wit moordenaars gepleeg is nie.

Louis Liebenberg ·

Soos ons nou al weet kan inligting deur die Staat of media nie vertrou word nie. Ten spyte daarvan dat dit klink of die Crusaders nie baie slim optree nie, sou ek graag wil weet wat die groot plan van bewegings soos Afriforum is om die afmaai van ons mense te stuit. Die gebrek aan werkbare planne is wat lei tot hierdie soort van malligheid. Die swak generasie Afrikaner is ons eintlike dilemma wat hulle broers so onderdeur werk.

Fanie ·

Louis, die planne is lankal bekendgestel, en word reeds uitgevoer. Vind as meer uit en raak betrokke, hoe meer vrywilligers help hoe veiliger word dit in buurtes met sterk buurtwagte. Daar’s nie maklike kitsoplossings nie.

bokka ·

Ek weet nie hoekom nie maar hierdie storie laat my terugdink aan die tragiese AWB se drie-lid operasie destyds in Bophuthatswana. Eish.

Schalk ·

Dis n hekse jag! Kan nie die valke of enige “intellegensie diens” glo nie!

Hannes ·

Bokka weereens bewys jy jou onkunde vir almal. Jy moet nog leer dat as mens niks weet waarvan jy praat nie jy eerder moet stil bly. Daar was nagenoeg 6000 mense in Boo daar was 5 mense aan Boere kant oorlede. Maar ja jy wil ook maar seker net iets sê sien jy lewer op alles kommentaar kry net jou feite in orde voor jy jou naam met n plank slaan

bokka ·

Solank terug ek praat van die ouens wat daar met hulle Mercedes (as ek reg onthou) aangekom het om te baklei en toe soos honde daar tereggestel is deur ‘n ou van die weermag. 3, 5 wat ookal. Uiters tragies gewees.

Naomi Berger ·

Is hierdie mernse met die hael gekletter?
Regtig baie stupid en dom indien waar.
Dan verdien hulle wat kom.

RIRi ·

Wil jy nou vir my sê die mense reël die storie nou al 2 jaar, kon dit nog nie reg kry nie, en word nog gevang ook lol
Dan moet daar iewers ‘n pootjie met dom pille wees.

Hasie ·

Die pragtige meisie op die foto kom nogal nie só baie dom voor nie. Hulle moet almal dom wees as hulle nou al twee jaar aan die misdaad werk en laat hulle dan vang. Al die vermorste energie.

Anti Da ·

Sodra visione van n dagga roker mense invloed , shame. Hulle het so baie nonsens, bid sal hulle moet. Wenie baie van siener af nie, maar laat mens dink hoe so iemand jare later n invloed kan he. Die aarde is ook plat, hulle het nou afgeval.

Corrien ·

Glo in valse vlag. Dalk weer n swak poging van die staatsveiligheid dienste om die blankes verder onderuit te haal. Kyk Mooi wie gaan die staatsgetuies word. Ongelukkig sal dalk mense toegesluit word vir lank tyd welke opreg geglo het dat hulle die anc magte kon stop. Mense raak moedeloos onder die huidige korrupte stelsel waar die blankes aanhoudend moet buig vir minder geskoolde base, vernedering omdat hulle wit is. Verraad is maar tegenwoordig in die land.

Elsabie ·

Dis baie dom ja, maar nou vra ek , hoekom kan daar nie so ‘n intensiewe ondersoek na die EFF en BLF ook gedoen word nie?? Is hulle nie ook maar besig met komplotte en terrorisme nie?? Just asking??

Ingo ·

Bokka…
Statistiek van iets is hoe jy daarna kyk en hoe jy dit aanbied.
Jou punt van hoeveel wit mense per 100 000 mense wat vermoor word wit is en hoeveel swart is ,is n half ingekleurde prentjie wat jy skilder.
My vraag aan jou is hoeveel % van wit mense wat vermoor is is deur swart mense vermoor en hoeveel % swart mense is deur wit mense vermoor.
Antwoord asb. daai ene vir my!

potlood ·

Indig, ek sekondeer asb ons wag vir jou antwoord mnr statistieke

Cornelia C ·

@Anti Da, jy erken dat jy niks van “Siener” van Rensburg die “daggaroker” af weet nie. Laat jou oningeligte moddergooiery dan staan. Dit is swak smaak en getuig van ongefundeerde kwaadpraatjies.

Sputnik ·

Ek twyfel nie vir een oomblik dat die EFF en BLF nie ook deeglik gemonitor word nie, daar word in dié stadium maar net nie kragdadig teen hulle opgetree nie.

Werner ·

Die rede dat n mens mense kry wat nou sulke optredes beplan is omdat daar nie krag dading opgetree word teen die EFF en BLF nie hulle kan maar dreig om ons uit te moor maar kom niks oor nie baie plaas aanvalle het dan ook agv die tiles uitsprake plaasgevind maar hoog heilige leiers kom niks oor nie kan jy ons asb se hoekom nie Bokka en is dit nou goed vir versoening Sarie

Koos de Meyer ·

Dit word gesê fotos van beskuldiges mag nie gepubliseer voordat hulle gepleit in ‘n hof nie, nou wat gebeur hier. Ek vra maar net.

Jan Nel ·

Die algemene reël is dat die naam na eerste verskyning in die hof gepubliseer mag word. By seksuele misdade en waar minderjariges moontlik betrokke is, eers wanneer die persone gepleit het.

Cornelia C ·

@Elsabie, waarom sal die huidige bewind, sy eie “partners in crime” wegbêre? Na alles wat nou al in Suid Afrika afgespeel het, was die regering en regeerstyl nêrens van plan om homself te diskwalifiseer, te dissiplineer of “our people” te “kondisioneer” nie. Ooglopend beteken “beskawing” vir die Anc: “the world belongs to us.” Sy frustrerende antagonisme is nie ‘n núwe gedragspatroon nie. Dalk wil ons van hulle iets maak en verwag wat nie eie is aan hulle “denke en doene” nie. Hulle tradisies het hulle in ‘n ander “denkskool” geskoei. Dus, voor die hand liggende sou wees dat ons nie die voortou moes geneem het om die reuse verskille tussen volke se identiteits – agtergrond verantwoordbare – en oorlewingspersepsies onder die mat in te gevee het asof dit geen rol sou speel nie. En hoe is ons Suid Afrikaners nie al ontnugter nie! Ek praat namens myself.

Willehond ·

Ja.. die mense is g#tvol vir die regering se narre. Hier kom n ding. Hou die spasie dop!!

Bossie ·

Nou gaan die Valke die spul wat die terreur-komplot teen die Boere en Blankes voer ook vastrek????????? Seker in ons wildste drome…

susan ·

En julle kerm alewig oor die ander mense hier is Riana Heymans lelie blank? Antwoord my asseblief hierop!

susan ·

Sy is lelie blank en doen soos julle beweer die EFF en Blf doen? Ons is mos nie almal so nie. Nêrens kan jy niemand vertrou nie. Ongeag kleur ras man of vrou. Nederland het so deurgeloop onder bende geweld die afgelope week. Almal wil net heeltyd uit die land. Word wakker slegte skelm mense is oral!!!

ALLAN ·

Soos ek dit verstaan het ‘n ander Afrikaanse Organisasie die inligting deur gegee vir die ondersoek, dan is die ondersoekende offisiere van die valke Mr. Jaco Koekemoer en Lieutenant Colonel Koos de Klerk. Mmmmmmmmmm met ander woorde die een afrikaner vernietig die ander. Lyk my die ANC hoef net terug te sit en kyk ons mekaar vernietig,

Ek sê nie die Crusaders tree reg op nie, inteendeel, plaas hulle sit hulle energie saam met Agriforum en Solidariteit. Ek verwys net na die feit dat dit ons eie mense wat mekaar vernietig.

Feite ·

Die Crusaders was n regse groepering wie se doppie net soos die destydse regse AWB en ook regse boeremag geklink is nog voordat n skoot geklap het. Laat dit n les wees vir voornemende regse en linkse terroriste dat daar nie plek vir julle lafhartige idees en dade in SA is nie. SA is n demokratiese multi rasse samelewing waar verdraagsaamheid en versoenende optredes (voete was) vir n plekkie in die son n voorvereiste is. Indien jy ongelukkig is oor die verloop van sake dan kan jy as wetsgehoorsame burger jou stem gebruik tydens verkiesing en vir jou party van keuse stem of self die politiek betree of hof toe hardloop soos die burgerregte organisasies, maar nooit, nooit mag jy jou laat beinvloed en ompraat en jou wend tot sinnelose lafhartige geweld teen onskuldige mans, vroue en kinders nie. Die enigste reg wat jy het om iemand se lewe te neem is uit noodweer om jou geliefdes of jouself te beskerm. Indien noodweer nie nodig is nie Hugo, dan bel jy die polisie!

Koffiekapitaal ·

Feite
Sosiale media maak dit net soveel makliker om die reeds “geindoktroneerdes” op te sweep. Hulle is goedgelowiges wat glo die doel heilig die middele. Wonder net wat is die doel?

Liz ·

Bokka jy weet regtig nie waarvan jy praat nie, jy lees regtig te min en jy kan by social media begin.

Merkur ·

Mense moet in die algemeen bewus word (as dit nie reeds die geval is nie) dat mobiele fone, laptops en selfs sekere moderne televisie stelle uitstekende spioene is. Nie net land alle! skrifverkeer in die databank nie en wanneer nodig, word dit gelees nie, die apparate kan gesprekke en video materiaal opneem terwyl dit op jou koffietafel lê of in jou lessenaar se laai. Die apparate verraai waar jy jou bevind en waar nie. Jou gewoontes (soos jou bewegings of internet gebruik en tv-kyk) is reeds bekend en afwykings word geregistreer. As jy onder verdag staan kan bv silent-SMSe aan jou gestuur word om uit te vind waar jy is, sonder dat jou apparaat dit wys. ´n Afgeskakelde smart-foon help nie noodwendig om jou teen spionasie te beskerm nie. (so ver ek weet) Ook die rekenaar tuis wat geen online-verbinding het, is geen plek om sensitiewe informasie te stoor nie.

Boer ·

Ek dink nie hulle is so dom soos almal hul uitmaak nie . Die probleem is enige iets wat jy reel het mense nodig wie van daai mense jy kan vertrou met jou idee is waar die moeilke deel inkom … ek verstaan hoekom mense gatvol is ek verstaan hoekom hulle sulke goed begin reel … Ek se altyd maak n plan kry iets aan die gan maar bly ook binne die wet tot die strot spat . Begin verdedig erder as aanval … kom saam staan saam koop grod saam bou saam hoe meer eens denkende mense na aan mekaar bly hoe moeiliker is julle n teiken . Mense onthou asb anders as wat die wereld julle leer daar is n verskil tussen rassisme en apart ontwikeling …. dis nie haat nie dit is groepe wat hulle eie ideale uit leef … kyk maar in die vsa na selfs die Indiaan mens hoef nie tevermeng net om nie tehaat nie die wat wil maak so dis tussen julle en jul Skepper maar moet nie die wat nie wil nie veroordeel nie

Jacques ·

Volgens die berig is daar op springstof, elektroniese toerusting (lees laptop of desk top) en n ongelisensieerde vuurwapen beslag gele. En met die beplan hulle om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val.
EEN ongelisensieerde vuurwapen.
Is ek dom, of is daar miskien ‘n ander rede hoekom news24 nie die berig, volblad met opgedateerde nuus elke 30 minute, het nie. Om die waarheid te se, ek sien nie eers hulle noem dit nie. m.a.w. dis fake news.
En as die regering enigsins bedreig voel vir 3 mense met laptops en ‘n vuurwapen, hoe gaan julle nie voel as die afrikaners geen ander keuse het om saam te staan nie.
Daai dag kom.

Tina ·

Die ANC maak sy lede bang dat Apartheid gaan terugkom. Hulle beheer die meerderheid met vrees vir wit oorheersing. Ja die kan nog ‘n komplot van die ANC wees en die 1 ongelisensieerde vuurwapen is deur ‘n ondergrondse polisielid verskaf. Net soos met die boeremag. Die ANC se wit polisie geheime intelligensie het aan hulle plofstowwe verskaf en hulle probeer oortuig om meer regse mense te werf. Maar hy kon net 3 mense kry. Ha ha ha. Ek lag vir hulle almal.

Kokkie ·

Jy’s reg, Jacques. Die vloot sal hulle sommer gou met sy duikbote agternasit !

Merkur ·

In die artikel word geen bewyse genoem dat hierdie mense ´n terreur-komplot gesmee het nie. En selfs oor ongelisensieerde wapens is daar nog geen skuld bewys nie. Bowendien sien ek niks moreel verwerplik daaraan wanneer mense hulself voorberei om op die dag X hulself dan te kan verdedig nie. Dit is ´n mensereg en vir my ´n aanduiding van ´n hoë moraal. My gedagtes en gebede is by hierdie mense wat in hegtenis geneem is.

Boepens Legioen ·

Die staat doen elke paar jaar ‘n psy-ops om die bleeksiele te herinner dat hulle hul mooi soet moet gedra in die hool (handjies gevou, bekkie toe). Die Boeremag saga was die vorige psy-ops. Al die regse organisasies is valse-vlag. ALMAL. Hulle is deur die staat gestig en word deur die staat beheer en bestuur. Een uit elke vier bleeksiele is ‘n informant (is lede van die VM of die AB) en sal jou naampie baie vinnig oorhandig en betaling daarvoor ontvang. So, as jy van jou wonderlike hool hou dan bly jy in hom en jy bly stil, ploeter voort, en jy geniet jou plekkie tussen die massas. As jy nie van die hool hou nie, dan bly jy stil, jy klim op die vliegtuig en jy waai. So eenvoudig soos dit.

Ook Gatvol ·

Vir die wie so tevrede us met wat aangaan:
Is julle ok met wat malemma alles kwytraak?
Is julle ok met blf?
Is julle ok met al die plaas moorde?
Is julle ok met al die gruwelike aanrandings op ons ou mense, 70, 80 en 90 jaar oud?
Is julle ok met alles wat in ons skole aangaan?
Is julle ok met al die inbrake, dat jy alles agter 5 hekke moet toesluit,…..
Of is julle ook gatvol!!!

Ook Gatvol ·

Werk n bietjie die % moorde van blankes. Ons is seker 4 Mil, indien nie minder.
En dan werk julle die % moorde van swartes wat seker by nou al verby 80 Mil is met al die instromers.
Dan praat ons weer!

Ook Gatvol ·

Maak n bietjie somme.
Werk n bietjie die % moorde van blankes. Ons is seker 4 Mil, indien nie minder.
En dan werk julle die % moorde van swartes wat seker by nou al verby 80 Mil is met al die instromers.
Dan praat ons weer!
En hoeveel blankes vermoor swartes
En hoeveel swartes vermoor blankes?

Paul ·

Presies hoe pateties die Afrikaner is. Verkoop mekaar uit aan die Swart Meester. Kyk na die ondersoek beamptes se vanne. Koekemoer en De Klerk…nee wat Afrikaners. Julle verdien wat julle kry. Ek het my Afrikanerskap verruil vir Amerikaanse Burgerskap juis oor presies hierdie soort van ding. Sterkte vir julle..

Relevante Statistiek? ·

Wat misdaad aanbetref sal ou bokka nie vir julle die statistiek van die plegers wil gee nie want dit is net té ongemaklik en té polities-inkorrek om te noem. Daarom verskaf hy gerieflik nét die statistiek van wie die ontvangers is.

Rugstekers ·

Korrek @Paul. ‘n Spul uitverkopers en rugstekers. Presies waarom ons ook nie meer burgers van daardie hool is nie. ‘n Siek liberale samelewing kry die regering wat hulle verdien.

Boerseun ·

Die Afrikaner se lewensruimte word nie net bedreig nie, dit word met doelmatigheid verwyder. Keuse om te maak is eenvoudig:
1. Skep, handhaaf en beveilig jou lewens ruimte, kies jou meganismes en bring dit ten uitvoer.
2. Emmigreer en gaan leef jou passifisme oorsee uit.
3. Neem jou lewensversekering uit en wag op die moordbendes om jou te vermoor.

Ten slotte vir al die “slim piete en sannies” Maroela Media help darem julle om af te blaas, ander sleg te maak, dan voel julle goed en beter as die ander “swak karakters” tot die volgende nuusflits.

Robert ·

As dit nie bokka is nie dan is dit Gemaskerde Sopbeen of Theo Vorster. Lekker skuilname wat lekker stir

Sonja ·

Gou om hulle te arresteer. Wat van Julius Malema en BLF. Hulle dreig om die staat omver te gooi en se en doen net wat hulle wil. Die Valke of varke moet maar daar ook gaan arresteer, daar is geen verskil in optrede van Knoetzen en EFF/BLF

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.