Die saak teen Alexander Forba is vroeër uitgestel vir verdere ondersoek. Forba, ʼn buitelander, is in aanhouding.
Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die voorval het op 15 Februarie in die weste van Pretoria plaasgevind. “Die vrou het aan die polisie gesê sy en die man het ʼn argument in hul woonstel gehad,” het Olivier gesê. “Die man het haar gevra of hy die kind se pa was, en haar toe met die baba geslaan.
Die paartjie het daarna na ʼn vulstasie op die hoek van Kerk- en Rebeccastraat geloop. Die polisie het Best Care-ambulansdienste ontbied. Xander Loubser, woordvoerder van Best Care, het gesê die baba was in ʼn handdoek toegedraai en was besig om in haar eie braaksel te verdrink toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die ma en kind is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar die babatjie aan haar beserings beswyk het.