Lindile Stemela (47) en Fayaaz Salie (32) is in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van die vorms by die Cadbury-fabriek in Harrowerweg in die stad. Volgens mediaberigte word die vorms spesifiek gebruik om Bubbly-sjokolade te maak.
Salie is reeds op R2 000 borgtog vrygelaat. Stemela sal Donderdag weer in die hof verskyn vir sy formele borgtogaansoek.
Volgens die hofdokumente is die waarde van die plate waarin die sjokolade gevorm word ongeveer R800 000.
Adv. Tim van Rooyen, die staatsaanklaer, het gesê die klaer het aangedui daar is beeldmateriaal van veiligheidskameras beskikbaar wat wys hoe Stemela en Salie die plate in ʼn gereedskaphouer laai en van die perseel af verwyder. Die vorms is glo vir skrootmetaal verkoop.
Dit het vroeër in die hof aan die lig gekom dat Stemela voorheen op aanklagte van moord en roof skuldig bevind is en tans op parool vrygelaat is.
Van Moord en Roof skuldig bevind maar hy kry parool. As jy iemand vermoor moet jy nooit weer die geleentheid gegun word om buite rond te loop nie. Wys net hy het niks geleer nie.
Ja niks geleer,kry hom terug in tronk en gooi die sleutel weg
Moord en roof is eending, maar jy mors wragtig nie met sjokolade voorsiening nie. Wat gaan hulle met daai koeie maak wat so in die lug hang as hulle nie Bubbly Choklits van daai melk kan maak nie…a nee a manne…
Die sinvolste kommentaar in n laaang tyd Tjoklit Kieste. Mens speel nie met sjokolade-sekerheid nie!!
Wonder hoeveel hulle vir die R800 000.00 se plate gekry het?? R80.00 ???
Hy is 47. Het gemoor en geroof. Was sekerlik in die tronk (vir hoe lank?). Uit op parool en hy kry werk? Sal graag sy CV wou sien van wat hy met sy lewe gedoen het voor hy by Cadbury’s gaan werk het. Kan jy dit nou oorvertel? Die man kry ‘n tweede kans en hy neuk dit op!!