Mans met leeudele betrap

Argieffoto: popista.com

Argieffoto: popista.com

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

Drie Mosambiekse mans is Dinsdag in Giyani in Limpopo in hegtenis geneem nadat die koppe van twee leeus en agt leeupote in hul besit gevind is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die sukses spruit uit ʼn gesamentlike poging deur lede van die provinsie se veediefstaleenheid wat verbonde is aan die renostertaakspan sowel as beamptes van SANParke.

“Die rolspelers het Dinsdagmiddag inligting ontvang van drie verdagtes wat probeer het om die leeukoppe en -pote te verkoop,” het Otto gesê.

ʼn Lokval is gestel en die mans is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op die koppe van twee wit leeus en agt wit leeupote.

“Ondersoek word ingestel of dit die liggaamsdele is van die twee wit leeus wat verlede week in Stockpoort naby Lephalale (Ellisras) vergiftig en geskend is.”

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Giyani-landdroshof verskyn.

Maroela Media het verlede week berig die aantal leeus wat in ʼn week se tyd vir hul liggaamsdele doodgemaak is, staan op vyf.

ʼn Bruin mannetjie en wyfie is verlede Maandag op ʼn wildsplaas naby Bela-Bela vergiftig en geskiet voordat hul koppe en pote afgekap is. Verlede naweek is twee wit wyfies op ʼn wildsplaas naby Stockpoort vergiftig voordat hul koppe en pote verwyder is. Die week tevore is ʼn bruin leeu op ʼn plaas naby Groblersdal onder soortgelyke omstandighede doodgemaak.

Die vlaag leeuslagtings hou moontlik verband met die plaaslike moetie-mark, wat onder meer vir bemagtiging of kriminele elemente aangewend kan word. Lees meer hier.

WAARSKUWING: Die volgende foto’s is uiters grafies van aard en kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Paul ·

Ek stem saam maar ‘n mens moet net jou tyd gebruik en dit oor ‘n tydperk van ‘n paar dae doen. Die moordenaars van boere, ons mense in die stede, renosters en leeus verdien nie eens ‘n verhoor nie.

Elbri ·

Die ou wêreld is darem maar baie siek, hoor. Mag hulle besef dat dit nie ongesiens verby gaan nie.

Jeanette Visser ·

Ag nee ons mensdom is besig om hierdie aarde heeltemal te verwoes, wat God vir ons almal geskep het word eenvoudig geplunder,afgesaag,gejag en noem maar op. Geldgierigheid dis waaroor alles gaan, genade wat gaan op dese aarde aan? Almal probeer aardse besittings bymekaar maak en geld het ‘n euwel geword. Die satan seevier!

Theresa B ·

Ek stem saam met D en Cathy. Gee hulle sommer vir my – ek sal dit doen!!!!

Vissie ·

Gaan los hulle by Sylvester. Hy kan hulle ‘n paar dinge leer aangaande jag.

Wonder net... ·

Irene, ek wonder soms oor die rapportering, nl of dit regtig mense van ander lande is…

herakles ·

weet nie wie het die woord “moetie” uitgedink nie, dit is eintlik “muti”

Willem ·

Nee man dit is nie Mosambiekse burgers wat vasgetrek is nie. Dit is die bestuurspan van die Bulle wat van die Leeus probeer ontslae raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.