Marikana: Die 10 onthou wat vóór die noodlottige dag gesterf het

Lizzy Monene, suster van ao Hendrik Tsietsi Monene by die NUM-byeenkoms in Marikana (Foto: ANA/Molaole Montsho)

Familielede van die tien persone wat dood is voor die noodlottige dag op 16 Augustus 2012 by Marikana naby Rustenburg in Noordwes dood is, het Sondag onthul hoe hulle gesterf het en betreur dat daar van hulle vergeet word.

“Mense is gewelddadig doodgemaak. Die veiligheidswagte se liggaamsdele is verwyder. Hulle is in hul motors aan die brand gesteek,” het Lizzy Monene, die jonger sussie van SAPD-beampte ao Hendrik Tsietsi Monenene tydens ʼn byeenkoms van die National Union of Mineworkers (NUM) Sondagmiddag in Marikana gesê.

“My broer war in volle uniform, om die mense van Marikana te beskerm, maar dit het nooit gebeur nie – hy het nooit lewend huis toe gekom nie. Hy is in sy uniform doodgemaak, asof hulle ʼn hond doodgemaak het. Toe ek sy liggaam by die staatslykshuis moes uitken, kon ek nie glo dit was hy nie.

“Die twee veiligheidsbeamptes is begrawe met hul liggaamsdele wat vermis word. Dit is die ware Marikana,” het sy gesê.

Monene en sy SAPD-kollega ao Sello Ronnie Lepaaku is op 13 Augustus 2012 op ʼn spoorwegspoor in Marikana doodgemaak deur stakende mynwerkers terwyl hulle hulle na die berugte Marikana-koppie vergesel het. Dit het tydens ʼn gewelddadige onwettige staking by Lonmin se platinummyn, nou Sibanye-Stillwater, gebeur. Lonmin-veiligheidswagte Hassan Fundi en Frans Matlhomola Mabelane is in hul motor naby die Wonderkop-stadion aan die brand gesteek.

Altesaam 34 persone, hoofsaaklik mynwerkers, is op 16 Augustus 2012 dood toe die polisie op die gewelddadige stakers losgebrand het. Die twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte is van die 10 persone wat in die voorafgaande week doodgemaak is.

Lizzy het Sondag gesê die sewe jaar sedert die noodlottige dag was die moeilikste tydperk vir die 10 families.

“Vir die afgelope sewe jaar is ons stemme nooit gehoor nie. Ons is stilgemaak, asof ons nie bestaan nie. Dit het gelyk asof ons geliefdes verdien het om te sterf. Aan die gemeenskap van Marikana: as jy ʼn polisiebeampte sien, moet jy weet dat daar agter daardie uniform ʼn persoon is. ʼn Pa, ʼn ma, ʼn familielid agter daardie uniform …

“Ons het nie enige afsluiting gekry nie. Ons weet nie wat die volgende oomblik gaan gebeur nie. Dit kinders van die oorledenes vra vrae waarvoor ons nie antwoorde het nie.

“Mense het geld gekry; hulle is vergoed, maar nie die tien vergete families nie. Die veiligheidswagte wat so gewelddadig doodgemaak is. My broer is doodgemaak. Hy is geskiet, opgekap, drie keer geskiet – daar was skietwonde,” het sy gesê.

“Ons huil elke dag. Ons kon nie eers treur oor ons geliefdes nie. Van die Farlam-kommissie [na die ondersoek oor die skietery] word daar teen ons gediskrimineer. Selfs as jy daardie verslag gaan lees, sal dit sê 34 myners moet deur die regering betaal word en dit is wat die regering gedoen het, hulle het betaal.

“Ek vra myself af: wie het die veiligheidswagte doodgemaak? Wie het my broer in volle uniform doodgemaak? Hy wou hulle beskerm, maar toe maak hulle hom dood. Die foto’s is verskriklik. Dit is die regte Marikana.”

Esther Mabebe, suster van die mynwerker Eric Thapelo Mabebe, het aan die byeenkoms gesê haar broer is gewelddadig doodgemaak. “Sou my broer ondergrond alleen gaan werk het? Was dit moontlik? Ons wil dankie sê aan die wit man wat hom uit ʼn brandende motor gehaal het. As hy nie daar was nie, sou ons nie sy liggaam gekry het nie.

“Ons weet nie wie my broer doodgemaak het nie. Maar diegene wat ander met ʼn swaard doodmaak, sal self met ʼn swaard sterf. Diegene wat Thapelo Mabebe doodgemaak het – ons sal hom volg,” het sy gesê.

Die families het gesê vir sewe jaar lank sê mense tydens byeenkomste dat polisiebeamptes mense in Marikana doodgemaak het (met verwysing na die 34 persone), maar hulle sluit die 10 uit wat dood is voor die massaskietery op 16 Augustus 2012.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

M.D.Ras ·

Ek is bitter jammer vir hierdie mense, en met walging vervul deur die regering en ons sogenaamde regstelsel…..
Maar mens kan ook nie die media hiervan uitsluit nie. Hoeveel berigte na die Coligny sterfte is daar die wereld ingestuur ? Was dit omdat die beskuldigdes Witmense is ?
En hierdie Marikana moorde ? Nou kyk almal anderpad….
Ek het in ‘n vorige kommentaar die vergelyking getref met Sharpeville—-jy kan nie objektief oor Sharpeville skryf sonder om na die Cato Manor moorde te verwys nie.
Dieselfde geld hier. ….
Gaan daar ooit enige vervolging wees ..? Ek twyfel….!
En Enige vergoeding ?….Ek twyfel daaroor ook.
Die Politieke mat is groot–baie dinge kan daaronder in gevee word..!

Mens ·

Lizzie Monene en Ester Mabebe ek lig my hoed vir julle. Gaan soek asseblief geregtigheid vir julle families en die ander wat in uitvoering van hulle plig van hulle lewens op wreedaardige wyse beroof was. Die agitators van die Marikana tragedie, NUM &AMCU was nog nooit aangespreek nie. Hulle lus om oorheersing het julle geliefdes hulle lewens gekos. Tog het die ANC hulle nooit tot verantwoording geroep nie. Belastingbetaler se geld was gebruik om die unieslagoffers se naasbestaandes te vergoed. Hoe reg is dit Lizzie en Ester? Het die belastingbetalers die staking geroep of busvragte rent n crowd tussen die stakers vrygelaat? Roer die unies Ester en Lizzie. Hulle hebsug het die tragedie veroorsaak.

HOBBO ·

Ek stem nogaal saam. Die vakbonde en media het gekies om die polisie se aanval in isolasie te vertel. As bevelvoerder sou die aanloop tot hierdie geval beskou word as ‘n oorlogsverklaring in die kleine. Dit sou vanselfsprekend wees om die bevel te gee om die opstand so gou moontlik te stuit. 10 mense op walglike wyse vermoor en dan verwag jy genade as jy die polisie wil aanval. Politiek het hier ingemeng en die Media het nuus verkoop. Tragies!!!!!

Keelvol ·

Ek is saam met hierdie 10 gesinne kwaad.
Hulle geliefdes is deur stakers doodgemaak maar niemand kla daaroor nie. Altyd net die 34 en die polisie wat geoordeel word omdat hulle opgetree het.
Lees weer die berig en verstaan waarom die polisie genoodsaak was om op te tree.

Andre ·

Die gebeure tydens die staking is blykbaar nie alles aan die hof openbaar nie.

Vraagteken ·

Willie, jy praat die waarheid. Daardie 34 mense wat geskiet was, was nie onskuldig nie. Hulle het die polisie aangeval.

John ·

… en ons sit vandag met die gevolge van unies wat baas speel oor lede en maatskappye. Die regering was tjoepstil oor die verkeerde wat onder human rights hoogty gevier het. Vandag herhaal die unies hul speletjie by SAL en dreig by Eskom met dieselfde planne: Maak alles onregeerbaar dan kry ons wat ons soek. En die groot ironie is dat die ryk uniebase… niemands is sonder opleiding en werkservaring wat bloot mag begeer en mag met mag probeer bekom.

Dom Astrant ·

Dit was selfverdediging. Moordenaars se families is vergoed!! Elke keer as hulle ‘n sent van daai geld spandeer moet hulle eers die bloed afwas…

JM Coetzee ·

Amen!!!!! Uiteindelik vertel die familie en vriende die volle verhaal. Want dit is die ware Marikana-storie!!!

M ·

En UITEINDELIK praat iemand oor wat VOOR die marikana slagting gebeur het. Die eerste slagting.

Scalla ·

En geldelike vergoeding gaan die heimwee oplos en tragedie gaan vergete wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.