Markiestent, konvensiesentrum bied opsies vir parlement

Die parlement is op soek na ‘n alternatiewe venue nadat groot skade aan die parlementsgebou in Kaapstad aangerig is. (Foto: Stad Kaapstad)

Die parlement oorweeg verskeie opsies – onder meer die huur van ʼn markiestent – om voortaan sittings van die Nasionale Vergadering te hou.

ʼn Verwoestende brand het vroeër vanjaar enorme skade aan die parlementêre kompleks aangerig en LP’s sit deesdae sonder ʼn vergaderingtuiste wat aan al hul behoeftes voldoen. Dit nadat LP’s die afgelope twee jaar weens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande beperkings op sosiale byeenkomste hoofsaaklik aanlyn moes byeenkom.

Die hoofswepe van die verskillende politieke partye het verlede week agter geslote deure vergader om opsies te bespreek vir ʼn meer permanente, ofskoon steeds tydelike, oplossing.

Die opening van die parlement en die staatsrede is reeds in die Kaapstadse stadsaal gehou en dit is een van die opsies wat vir toekomstige sittings oorweeg word.

Nog ʼn opsie is die huur van ʼn reuse-markiestent wat in die parkeerterrein van die parlement opgeslaan kan word. Die bedrag hieraan verbonde kan luidens berigte tot R22 miljoen vir sowat vyf maande beloop.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, sê verskeie opsies – ook die moontlikheid van ʼn markiestent – is by die vergadering bespreek.

Mulder sê enigiemand wat die Kaap ken, sal weet dat ʼn tent in ʼn parkeerterrein kwalik ʼn praktiese opsie sal wees. Die Kaapse winde kan dit gevaarlik maak, terwyl dit boonop ʼn opdraande stryd sal wees net om ʼn reusetent op ʼn teerblad van ʼn parkeerterrien te probeer koel hou.

Ander opsies sluit in die gebruik van die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (Kiks), die onderskeie gemeenskapsale by die parlementêre dorpies Akasiapark, Laboriapark en Pelican Park, of die raadsaal van die Goeie Hoop-gebou. Dit lyk in hierdie stadium of ʼn kombinasie van die gemeenskapsale en die raadsaal van die Goeie Hoop-gebou een van die beste moontlikhede is. Indien dit gesamentlik gebruik word, kan alle LP’s boonop na Kaapstad vir sittings terugkeer.

Wat Kiks betref, sê Mulder dit is ʼn private instelling wat groot bedrae geld vra vir die huur van ʼn venue. Hoewel die sentrum die vermoë het om ʼn venue spesifiek vir LP’s se behoeftes in te rig, sal dit waarskynlik te duur wees.

Die EFF het ook opnuut die voorstel gemaak dat die parlement na die Midrand-omgewing of Pretoria verskuif word.

Nog ʼn opsie is die Ou Volksraadsaal in die parlementêre hoofgebou. Dit is in die brand beskadig, maar kan moontlik sonder te veel geld en moeite herstel word.

“Ek sou sê onder die omstandighede is die eerste prys om die Ou Volksraadsaal so gou moontlik operasioneel te kry. Ons weet egter nie wanneer dit kan gebeur nie, want ons weet nog nie wat presies die skade daaraan is nie,” sê Mulder.

Die vergadersaal het goeie akoestiek, goeie afstande tussen LP’s en indien die galery ook ingespan word, kan sowat 250 van die 400 LP’s daar vergader.

Volgens hom is dit belangrik dat ʼn lokaal ten beste ingerig is vir debatvoering – een van die belangrikste pligte van LP’s.

“Jy moet kan opstaan en jou opponent in die oë kyk. Die interaksie is baie belangrik, asook vir die LP’s om bymekaar te wees. Jy kan ʼn gesprek met iemand hê wat jy in ʼn gang raakloop, wat jy nie op ʼn aanlyn platform kan doen nie.”

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het by navraag gesê ʼn aankondiging sal gedoen word sodra daar op ʼn alternatiewe venue besluit is. Hy kon geen spesifieke tydsraamwerk hiervoor gee nie, maar sê dit sal oor die volgende paar weke gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Twallie ·

Nou kan hulle regtig ‘n sirkus begin. Daar is klaar genoeg narre.

Chris dupreez ·

n Markiestent klink vir my heel gepas vir die klomp narre.

Moedeloos ·

2 Maande na die brand en hul skarrel nogsteeds rond. Besluiteloos met geen verantwoordelikheidsin nie

Witbaard ·

22 Miljoen vir n tent se huur, dis mos belglik. Watter kader kry nou die kans om te plunder? Hoop regtig die ander politieke partye keer voordat die geld betaal word. Alhoewel ek saamstem dat n tent vir die narre gepas sal wees.

Jannie van Niekerk ·

Ek wed jou daai tent kos net R10 en die res van diue R22 miljoen word gelykop tussen hulle gedeel.

casper ·

So wat gebeur nou met die “terroris” wat hulle gearresteer het?? Loop hy alweer as ‘n onskulduige vry man rond???

gatgogga ·

Nee, hy sit – verhoorafwagtend.
Dili Mpopo het gefaal om vir hom borgtog te bewerkstellig.

JohanR ·

Hy sal as Cyril ‘n tweede termyn kry, ‘n minsiter word. Kan miskien vir die nuttelose Patricia de Lille vervang?

Samuel ·

In die Kompanjiestuin is groot skadubome waar die LP’s smiddae boonop kan dut. Hulle verdien niks meer nie.

Snowball ·

100% gepas vir Afrika – dan kan hulle spog met ‘n ‘decolonized’ parlement. Gestookte verversings in kalbasse kan dinge net vlotter laat verloop. Net die assegaaie en knopkieries mag nie saamkom nie. Wys sommer vir die wêreld daai blinkvet pense in die deurtrekker en karos ensembles.

Kokerboom ·

Rerig? Geld is mos nie ‘n faktor as jy roekeloos daarmee kan omgaan. Is daar nie genoeg geskikte(tydelik) lokale in Kaapstad? Gebruilk die goed en hou op tydmors met vergaderings oor wat en hoe!

Jaco ·

As die DA-beheerde Kaapstadse stadsraad weer die Stadsaal aan die ANC beheerde parlement beskikbaar stel, hoop ek dat die ANC uit dankbaarheid gaan ophou met hulle gedurige gepraat van “die rassistiese DA”.

JohanR ·

Ek weet daar op Greenmarket Sqauare, of nou Groenmark Plein is daar toilette wat jy soe moet afgaan onder toe met trappe. Wonder of daai toilette beskikbaar is?

Willem ·

Mooi, Suid-Afrika is nou n tent republiek. Selfs Zimbabwe het nooit so laag gedaal nie.

Pietertjie ·

Wat van ‘n klompie goed-geplaaste klei-hutte en skadu-bome? Dit kan vir miljoene per maand gehuur word, nés St George’s in Pretoria nou deur die SANDF gehuur word.

Jannie van Niekerk ·

Ons woon in die wonderlike nuwe demokratiese Suid Afrika, Binnekort gaan die parlement byeenkom onder die dorinbgbome in die kalahari en die kleredrag gaan stertriemme wees.

Di ·

Stem saam – gee vir hulle tente! As dit afbrand is die skade nie so groot. Hulle kan maar PERMANENT in Tente sit waar hulle hoort, spul narre

JL ·

Tydens die hoogtepunt van die pandemie is sittings virtueel gehou. Hoekom nie aanhou daarmee nie? Hou op om ons belastingbetalers se geld te mors. R22 miljoen vir ‘n tent! Wie en watter maatskappy se tender gaan voorkeur geniet? Sensitiewe inligting wat in ‘n tent geberg word met die Kaapse winter wat aan die kom is!

Johan ·

Dank die spul af. SA sal n beter plek wees sonder hulle. Indie die politici more verdwyn sal dit net beter gaan, NIEMAND sal hul eers mis nie. Gemors.

Yvonne ·

Die ANC is nogal rustig oor die massiewe skade, vreemde gedrag???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.