Marno uit ICU

Marno Muller kan in die gewone saal weer besoekers ontvang (Foto: Bid asb vir Marno Muller, Facebook)

Klein Marno Muller (5) is Maandag uit die intensiewesorgeenheid (ICU) van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg na ’n gewone saal oorgeplaas.

Volgens Nadia Minnie, Marno se tannie, is die dokters en spesialiste baie tevrede met Marno se vordering en die familie hoop dat hy sommer vinnig ontslaan sal word.

Die dokters gaan Dinsdag met Marno se ma, Helga Muller, praat oor hoe lank die kleuter in die gewone saal moet bly.

“Die dokters het aanbeveel dat Marno daarna na ’n rehabilitasiesentrum gestuur word, ’n instansie buite die hospitaal,” het Minnie gesê.

Marno sal basies alles weer van vooraf moet leer doen en gaan arbeid‑, spraak‑ en fisioterapie moet kry.

Marno is byna ’n maand gelede in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat hy op ʼn glyplank by sy kleuterskool in Brakpan aan die toutjies van sy baadjie gewurg het.

Hy was drie weke lank in ’n geïnduseerde koma en is verlede Sondag uit sy koma gebring.

Hy het sedertdien by die dag tekens van beterskap getoon en sy familie is positief oor die pad vorentoe.

Volgens Minnie weier die kleuter steeds om te sluk en die dieetkundige gaan Dinsdag by hom ’n draai maak.

Marno kon die afgelope naweek met behulp van ’n fisioterapeut sy eerste treë sedert die fratsongeluk gee.

Verskeie fondsinsamelings is vir Marno begin om die familie met die hospitaalkostes te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Sterkte groot seun die goeie mense in Suid-Afrika bid dat jy 100% sal herstel.

Swerwer ·

Sterkte en voorspoed klein Vegtertjie. Glo en vertrou dat jy ten volle gaan herstel.

Maritza ·

Uitstekende nuus! Glo en vertrou die outjie sal heeltemal herstel

Maggies ·

Ag maar dit is lekker om die goeie nuus te lees. Ons het almal so baie gebid vir Marno en kan nou net ons Hemelse Vader loof vir die resultate. Dankie ook aan al die mediese personeel wat so hard geveg het vir die klein seuntjie.

Gaitsigubib ·

…..Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word” Jakobus 5:16

Althes ·

Dankie Heer vir U onbeskryflike dade. Marno is ñ lewende wonderwerk

Faidan ·

2de keer in my lewe wat ek so groot wonderwerk aanskou.
As mense nogsteeds nie in wonderwerke glo na Marno se storie nie, weet ek nie meer so mooi oor ons bestaan as mensdom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.