Maroela Media is veel meer as net ʼn Afrikaanse nuuswebwerf. Ons is ʼn kuierplek: die groot tafel in jou ouma se kombuis waar jy kan kom aansit vir ʼn koppie boeretroos en ʼn stuk melktert. Ons is die stoep op jou oom se plaas waar jy sit en stories luister terwyl oupa biltong kerf. En nou is ons ook jou pa se koöperasie – die plek waar jy van ʼn kettie tot ʼn T-hemp kan koop: alles in jou taal.
In Die Koöperasie, Maroela se splinternuwe e-winkel, verkoop ons alles waarvan jy (en jou ouma, meisie, oom, ouboet en juffrou) hou. So wys jou hart klop Afrikaans, en gee ‘n geskenk waarmee selfs jou skoonma gelukkig sal wees:
• ‘n T-hemp vir daai hardebaard, prikkelpop, kaalvoetkind, babbelbek, koeksister-en-boerewors-paartjie en selfs die boekwurm in die familie
• boereporselein-blikbekers – net so taai soos jou kanniedood-oupa
• ‘n koffiebeker met idiome vir daai Oom Oubaas in die familie wat altyd die jakkals aan die stert beet het
• ‘n plonspot vir jou oom wat al teen 05:00 ‘n honderd osse gebrandmerk het
• kombuistaal-yskasmagnete vir Ansie se juffrou wat al moeg is vir badsout
• ʼn wielewalieklimtol waarmee Sareltjie sy maats kan beïndruk
• ʼn snoesige kombersie vir ouma se knieë
• ‘n Boereplaas-bordspeletjie waarmee Oupa vir ‘n slag vooruit kan boer
• ‘n Grootste Afrikaanse Liedjie-CD waarmee die jongklomp deurnag kan skoffel.
So bestel sommer vandag nog vir jou tannie in die Kaap ‘n geskenk en ons sal sorg dat dit netjies toegedraai by haar afgelewer word.
Ons het iets wat elke hart en sak pas. Kom maak ‘n draai in Die Koöperasie en wys jou hart klop Afrikaans.
Dit klink sommer heel oulik!!!!!
Sopas my eerste aankoop gemaak, hopelik is daar nog vele meer.
ons kan nie kom koop nie ons woon in wetteren vlaamse deel van belgie maar ons wens julle baie geluk met hulle nuwe winkel
Dis te oulik! Ek wil ook so een hê, maar wat van ‘n snit wat vleiender sal wees vir ‘n vrou se ronder kurwes. Nie ‘n ontwerpersnommertjie nie, net dalk ‘n oper neklyn, dalk drie knopies voor en effens gevorm.
Dagsê Gesie
Dankie vir jou navraag! Hou Maroela Media se Koöperasie gerus dop: ons voer allerhande planne in die mou!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Goeie dag.
Kan julle asb die link vir die e-winkel vir my op email stuur, dit wil nie oopmaak van die whatsapp boodskap af nie. Kan mens slegs per kredietkaart items aankoop, of is daar ‘n ander manier ook?
Groete
Dagsê Andriëtte
Hiermee die skakel na die winkel: https://maroelawinkel.co.za/
Jy kan ook per EFT betaal.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
WAT VAN ‘N RUBRIEK AANBIED WAARHEEN NUWE EN ONBEKENDE WOORDE GESTUUR KAN WORD. SOMS IS DAAR ‘N BAIE OULIKE WOORD WAT NET IN DIE BEPAALDE KONTREI GEPRAAT WORD. DIT MOEDIG LESERS OOK AAN OM NUWE WOORDE TE SKEP, BV
SUKKELSUSSIE (BETEUTERDE MEISIETJIE)
KATTEKONSERT (SPREEK VANSELF)
BULLEBAKKIE (REUSE 4X4)
SKOMMELSPRING (TOY-TOY)
VRYFFOON (SPREEK VANSELF)
DIS KOTTIES (VERW NA MENSE WAT IN ‘N “COTTAGE” WOON (JARE GELEDE DIE EENVOUDIGES OF ARMES WAT IN SPOORWEG”CORRAGES” GEWOON HET.
DALK IS DAAR NOG MEER SULKE BRUIKBARE WOORDE ONDER ONS MENSE.