Mashatile oorreed nie met ‘arrogante’ reaksie

Paul Mashatile (Foto: GCIS)

Die politieke party Rise Mzansi sê hy het kennis geneem van Paul Mashatile se ontkenning van die bewerings teen hom, maar meen die verdoemende bewerings teen die land se adjunkpresident behoort nietemin ondersoek te word.

Rise Mzansi het reeds Dinsdag ʼn formele klagte by die Openbare Beskermer (OB) se kantoor ingedien.

“Vir die adjunkpresident om hierdie ernstige saak af te maak as ʼn poging om sy vriendskappe ‘tot ʼn skandaal te maak’ is simplisties en arrogant,” sê Songezo Zibi, leier van Rise Mzansi. “Sy reaksie toon ook swak begrip oor hoe die netwerk van staatskaping in té veel gevalle gewerk het.”

Rise Mzansi het die waarnemende OB, adv. Kholeka Gcaleka, Dinsdag versoek om die moontlikheid te ondersoek dat Mashatile hom aan ʼn situasie blootgestel het “wat die risiko inhou van ʼn konflik tussen sy amptelike verantwoordelikhede en sy private belange”.

Die adjunkpresident hou egter vol hy het niks verkeerd gedoen nie en dat die media ʼn skandaal van sy vriendskappe met sekere sakelui probeer maak.

“Die adjunkpresident het nog nooit enige openbaresektor- of staatskontrak aan die individue en maatskappye wat in News24 se berig genoem word, toegeken, beïnvloed of op enige manier tot stand laat kom nie ,” het Mashatile se kantoor Woensdag in reaksie op die bewerings gesê.

“Natuurlik het sommige kontakpersone uit daardie lang tydperk gaandeweg noue persoonlike medewerkers geword. Daar is egter niks verkeerd of ongewoon hieraan nie en die poging om ʼn skandaal van sulke verbintenisse te maak, is ʼn jammerte.”

Rise Mzansi sê Mashatile is vroeër vandeesweek die geleentheid gegun om op die verdoemende bewerings teen hom te reageer.

“Die saak rus berus nou by die OB om ondersoek in te stel. Indien adjunkpres. Mashatile inderdaad so onskuldig is as wat hy aanvoer, sal hy geen probleem hê om homself aan ʼn ondersoek van die OB te onderwerp nie,” sê Zibi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris dupreez ·

Niks verkeerd gedoen nie, dit is omdat daar geen morele waardes of standaarde bestaan .

domheks ·

Ons is al so gewoond daaraan dat almal ONSKULDIG pleit! Maar hulle het goed geleer by JZ. Geen skuld gevoelens, geen skaamte, geen self trots!

Stofdonkie ·

Dis die vriendskappe wat orals die probleem is met die anc. Vriendskappe soos die met die gupta’s het die land baie geld gekos. Dis seker nog die gupta’s wat vir paultjie laat sit het in die pos waar hy sit. gupta’s het mos maar besluit wie word waar aangestel

Shakespeare ·

Kaders is nou maar net vir eens en vir altyd n smerige, kotswaardige lot.

Ryan ·

Ek stem. N baie goeie beskrywende woord vir die kaders. N mens kan van nou af na die kotswaardiges verwys.

Koos 100 ·

Daar het julle dit nou. Die Adjunkpresident het niks verkeerd gedoen nie. Kom ons hou net in gedagte dat hy nou eers 6 maande die posbeklee. En voor dit. Het Paul Mashatile ook niks verkeerd gedoen nie??

Chris ·

Ek glo nie aan die ewolusie teorie nie maar as dit waar is het ek my eie opinie. Ek wil terug kom as ANGASI. Hy weet gewoonlik absoluut niks. Het nooit iets gesien gehoor of gese nie. Hy is die toonbeeld van onskuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.