Maties: Afrikaans as ‘lat gebruik’ om gemeenskap te looi

(Argieffoto: Unviersiteit Stellenbosch/Facebook)

Afrikaanssprekendes se taalregte kan nie van hul ontneem word in reaksie op die wangedrag van enkelinge nie en dit is kommerwekkend dat die gebruik van ʼn taal verantwoordelik gehou kan word vir uiteenlopende gedragsprobleme en persepsies op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US).

Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, sê in reaksie op die bekendmaking van regter Sisi Khampepe se verslag ná haar ondersoek na beweerde rassisme by die universiteit, groot gewag word gemaak van die gevoel van uitsluiting wat nie-Afrikaanssprekende studente en personeel ervaar – selfs wanneer die taal in informele gesprekke gebruik word.

“Wat van die bruin, swart en wit Afrikaanssprekende studente en personeel se gevoel van uitsluiting wanneer hulle nie hulle taal mag gebruik nie? Let wel dat Stellenbosch een van net twee uit meer as dertig kampusse van openbare universiteite in die land is waar Afrikaans nog enigsins ’n noembare rol as onderrigtaal speel, en dit in ’n provinsie waar dit die moedertaal van die meerderheid inwoners is.

“Hierdie Afrikaanssprekende studente het dus nie alternatiewe openbare instellings wat hulle sal akkommodeer wanneer hulle uitgesluit word op grond van hulle taal nie,” sê Bailey.

Sy sê die aanbevelings in die verslag is boonop breedsprakig. Dit begin by die stelling dat Engels die taal van voorkeur by die universiteit is om inklusiwiteit te bevorder.

Een van Khampepe se aanbevelings is dat die US dit oorweeg om sy taalbeleid te hersien om die moontlikheid van taaluitsluiting – deur voorkeur aan Afrikaans te gee – uit die weg te ruim.

Bailey sê die gebruik van enige ander taal wat as uitsluitend ervaar kan word, word geensins genoem nie. Die bevindings lui voorts dat die US studente nie moet ontneem van hul reg tot studie in Afrikaans nie, tensy daar “gepaste regverdiging” daarvoor is.

Die term “gepaste regverdiging” is só vaag en breed dat enige motivering gebruik kan word om summier die reg tot moedertaalonderrig van Afrikaanse studente te ontneem – in teenstelling met wat in die Grondwet gewaarborg word, sê Bailey.

“Ideoloë gebruik Afrikaans as lat om een gemeenskap by te kom ten koste van die land as geheel se belange. Hulle buit die onaanvaarbare gedrag van enkelinge uit om ’n hele gemeenskap te definieer.

“Verder word moedertaalonderrig op alle vlakke toenemend die voorreg van die minder as 10% Engelssprekendes in die land, terwyl Afrikaans aaneen afgeskaal word en ander inheemse tale se gebruik bedroewend beperk bly.

“Ouers, leerders en studente kry weinig voorligting oor die noodsaak van moedertaalonderrig en word die leuen gevoer dat eentalige Engelse onderrig die grootste akademiese, ekonomiese en maatskaplike voordele inhou.”

Versoek om finansiering te onttrek

DA-LP Leon Schreiber
(Foto: Facebook)

Die DA sê hy gaan die Het Jan Marais-fonds vra om te oorweeg om sy finansiering aan die US te onttrek, mits die universiteitsbestuur uitdruklik die aanbevelings oor Afrikaans in die Khampepe-verslag verwerp.

Dr. Leon Schreiber, DA-LP, sê die verslag stel die Afrikaanse taal gelyk aan rassisme en maak sondebokke van die sewe miljoen swart, bruin en wit sprekers van die amptelike taal en grond dit op die urineringsvoorval vroeër vanjaar by die universiteit.

“Gegrond op die beledigende en oneerlike bevinding, gaan die verslag voort om aan te beveel dat Afrikaans uit formele en informele omgewings by Stellenbosch gewis word.”

Volgens Schreiber is die Het Jan Marais-fonds die grootste skenker aan die universiteit. Die fonds spruit uit die testament van Jan Marais, wat in 1915 altesame £100 000 aan die universiteit geskenk het op voorwaarde dat die geld beskikbaar sal wees solank as Afrikaans gelyke status as Engels as akademiese taal by die universiteit geniet.

Schreiber sê die inwerkingstelling van die Khampepe-verslag gaan ʼn skending van hierdie voorwaarde wees omdat dit vra vir die skrap van Afrikaans by US.

“Die DA doen ʼn beroep op die Het Jan Marais-fonds om rektor Wim de Villiers op terme te plaas en dit duidelik te maak dat die fonds alle finansiële steun gaan onttrek. Dít, tensy die universiteit Khampepe se verregaande aanbeveling verwerp om die reg op moedertaalonderrig vir Suid-Afrika se diverse Afrikaanssprekende gemeenskap te staak.”

Die DA berei ook regstappe voor om die Khampepe-verslag in die hof te betwis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Oud studente moet dieselfde doen. Geen skenking, geen beursgelde.

Pietertjie ·

Die plek behoort onmiddellik gesluit te word. Dis immers Jan van Riebeeck se skuld dat sentra soos US tot stand gekom het. Laat die spul maar in Engels krepeer.

Groen Ghoen ·

Darem vreemd dat die beroemde regter nie die Grondwet se bepalings oor taalregte ken nie? Of is die Grondwet nie meer op Afrikaans van toepassing nie? Ons wag in spanning vir die Ridder van Reitz, dr. Rudi Buys, om tot die stryd toe te tree.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Afrikaner jeug het die verengelsing reeds aanvaar. Daar sal geen opstande wees nie.

annie ·

Stellenbosch het destyds vir CJ Langenhoven vereer vir sy bydrae tot Afrikaans. Ons hoop een van die skrywer se vele spoke trek na Stellenbosch vir studies in Ingels. Skynbaar is die rektor se huistaal Engels. Sy kindertjies studeer seker vanuit die huis. Kan die rektor nie tog ook ‘n sir of lord Graaf De Villiers verklaar word deur Koning Charles 111 nie. Stellenbosch verdien ‘n lordship. Dink net watter storie sou CJ nie kon vertel oor die huidige petaljes nie en met sy troetel-olifant Herrie wat toe besluit het om Huis Marais te betrek nie…

Onnie ·

Afrikaanssprekende alumini se bydraes is rassisties en laat sekere studente uitgesluit voel – staak die skenkings en donasies onmiddelik.

JohanR ·

11 amptelike tale in SA maar die ANC sal seker maak voordat hy @Voertsak in 2024, dat hy Afrikaans doodmaak!

Papsak ·

AFRIKAANS IS MY TAAL EN TROTS DAAROP LOS AFRIKAANS UIT KYK NA JULLE TAAL DOEN WEG MET DIT EK N BOER EN FLIPPEN TROTS DAAROP

AH ·

Dit verstom my dat die minderheidsgroep van blankes so ‘n bedreiging inhou dat ons selfs ons taal moet inboet……..Waarvoor is hulle wat nie Afrikaans verstaan nie bang? Dat hulle bespreek gaan word in hul teenwoordigheid en nie weet waaroor daar gegiggel word nie? Kom by! Ons blanke Afrikaanssprekendes ervaar dit daagliks….

Nico ·

In die vroeë Kaap kon die Afrikaners nie durf waag om Afrikaans by die skole te gebruik nie, die sitvlak sou gebrand het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.