Matriekleerder verkrag, vermoor

Palesa Malatji [Foto: Facebook]

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, gaan Maandag die Ntsako Secondary School in die Soshanguve-nedersetting naby Pretoria besoek nadat een van hul matriekleerders verkrag en vermoor is.

Volgens Steve Mabone, woordvoerder van die departement, het die 17-jarige Palesa Malatji Donderdag van die skool af huis toe gestap nadat sy ekstra klasse gehad het. Sy het egter nie die huis gehaal nie, waarna die familie haar by die skool gaan soek het, maar helaas nie gevind het nie.

Malatji se liggaam is Vrydag langs die Echibini Secondary School in Soshanguve gevind.

“Sy is verkrag en vermoor,” bevestig Mabona.

Chiloane gaan Maandag die skool en Malatji se familie besoek.

“Ons is geruk deur Malatji se dood en betuig ons innige medelye aan haar familie en die skoolgemeenskap,” het Chiloane gesê.

Die departement het beradingsdienste vir die skool en familie gereël.

“Ons hoop die polisie kan so gou as moontlik die skuldige(s) vang.”

Die polisie het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bre ·

SIEK!!! SIEK!!! SIEK!!! en ons is magteloos want die regering doen niks om Suid Afrika te red uit hierdie elende waarin ons gedompel is nie ???????????????? ????

Danie ·

En waar gaan dit stop.? Moord in SA en soos gewoonlik sal daar baie gespog en gese word deur mr hoed.Gelukkig net een of die ander?

Juanita ·

Die tipe hartseer is nou deel van ons daaglikse lewe. Dit gaan nie beter raak nie, net erger. Ministers gaan besoek die slagoffers se ouers. Wat hulle wil bereik met hulle besoeke behalwe om hulself te laat goed lyk is baie onduidelik siende dat die geweld steeds voortduur. Ons is nêrens meer veilig nie. R.I.V jong dame, al is jou lewe so doelloos kortgeknip.

SwartBees ·

Niemand is meer veilig nie. Die elite goewerment het die arme kind en haar ouers gevaal. RIV meisie. As ouer wil ek ook huil dat jy op so wrede wyse onskuldig moes gaan. As daar wet en orde was in die aapland sou jy nog met ons wees.

JN ·

Dit maak n mens siek van binne voel dat n primitiewe ongedierte n onskuldige persoon soos die dame so wreed kan wegruk uit die samelewing…
Wat sy nie moes deurgaan het nie..
My bloed kook en ek hoop die gemors kry wat dit toekom..
So jammer vir jou verlies van lewe en vir jou familie en vriende wat sal moet aanhou om daarmee saam te leef..
Ai genade..

Amelia ·

en hoeveel lyfwagte het die president laat lyfwagte gaan en stel mense aan wat na burgers van land kan omsien

popsa ·

En waar begin dit? By ‘n magdom herhaaldelike, gruwelike voorbeelde. In die media. Jy word wat jy eet, sê hulle. En wat eet ons samelewing in toenemende mate dag na dag van kleinsaf met die oë en ore vanaf die skerm? Presies dit wat nou in die werklikheid rondom ons gebeur. Dit is die logiese gevolge. Ons maai wat ons gesaai het. Niks anders nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.