Matriekvraestel lek uit: Hof sê oor uitslae

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Leerlinge van ʼn skool in Limpopo wat betrek is by die uitlek van ʼn matriekeksamenvraestel het die hooggeregshof genader om hul uitslae te kry.

Die hof het gelas dat leerlinge by die Marude Secondary School se uitlsae aan hulle beskikbaar gemaak moet word. Regter Khami Makhafola het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en Ishmael Kgetjepe, LUR vir onderwys in Limpopo, beveel om die uitslae binne twee dae beskikbaar te stel.

Sewe leerlinge, almal van die Vhembe-distrik en wat twee lewenswetenskap-vraestelle moes oorskryf, het die hooggeregshof in Thohoyandou genader. Hul uitslae is weerhou aangesien die departement gesê het hulle is steeds besig met ʼn ondersoek na uitlek van die vraestel.

Leerlinge by die skool het glo toegang gehad tot die lewenswetenskap-vraestel en het dit glo kort voor die eksamen onder mekaar uitgeruil. Die eksamen is nie gekanselleer nie, maar die departement het later beveel dat die twee lewenswetenskap-vraestelle oorgeskryf moet word.

Regsverteenwoordigers vir die leerlinge het aangevoer dat die departement die leerlinge benadeel deur nie hul uitslae bekend te maak nie aangesien hulle onder meer nie vir tersiêre studies kan aansoek doen nie.

“Ons het die hof genader aangesien die departement die uitslae onbillik weerhou. Die leerlinge is by die uitlek van die vraestel betrek en het die twee vraestelle oorgeskryf. Ons dring dus daarop aan dat hul uitslae bekend gemaak word aangesien die tweede stel vraestelle nie uitgelek het nie,” het Wisani Baloyi, een van die regsverteenwoordigers, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Kom hulle weg met moord sal hulle gou genoeg uitsak optersiêre vlak. Ongelukkigg kos dit die belstingbetalers ‘n klomp geld wat in die drein af is.

Peet Schabort ·

Hulle het die nuwe vraestel oorgeskryf en is dus geregtig op die uitslag. Hofkoste is vir die persoonlike rekening van Motshekga en Kgetjepe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.