Medunsa-kampus gesluit oor betogings

Foto: @Ursula_Joy/Twitter

Foto: @Ursula_Joy/Twitter

Die Universiteit van Limpopo het die akademiese jaar by sy Medunsa-kampus in Ga-Rankuwa onbepaald opgeskort en die studenteraad ontbind te midde van voortgesette betogings by die kampus.

“Die universiteit se visekanselier prof. Mahlo Mokgalong het in oorleg met die uitvoerende bestuurskomitee besluit om die kampus te sluit en die studenteraad te ontbind,” het Kgalema Mohuba, woordvoerder van die universiteit, in ‘n verklaring gesê.

Studente is Woensdag beveel om die kampus te verlaat nadat die akademiese jaar onbepaald opgeskort is. Mohuba sê die besluit is geneem weens die hardkoppige gedrag van studente en die studenteraad.

Mohuba sê die universiteit het geduldig die studente geakkommodeer in ‘n poging om ‘n oplossing vir hul lys van eise te vind. “Ongelukkig het die studenteraad gewys hulle steur hulle nie aan die landswette nie. Die studente het hulle tot anargie en blatante kriminaliteit gewend, insluitend brandstigting,” het Mohuba bygevoeg.

Mohuba sê die studenteraad het tydens talle vergaderings dit duidelik gemaak dat hulle sou voortgaan met die betogings. Hy sê die studente het vir sowat twee weke betoog en het ‘n lys van eise aan die universiteit se bestuur oorhandig. “Ons het verskeie kere daarop geantwoord. Hulle eise het net bly toeneem.”

Daar is berig dat studente die kampus se hoofhek en motors aan die brand gesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

b ·

Dis nie n probleem nie more word daar weer een vir hulle gebou………………dis hoekom die tipe mense geen waarde heg aan iets nie want hulle kry alles verniet, wat kan dit wees wat hulle eis hulle is studente hulle is daar om te leer nie te eis nie!

trudie menezies ·

En die is nou toekomstige dokters? Vader behoede ons!

Jaco ·

Ja en nou sit die klomp op straat, nou wonder ek wat hulle nou gaan beplan, rewolusie? ander kampusse omverwerp? ek sal nie verbaas wees nie.

P NORTJE ·

Julle is almal kleinlik.Waarvoor is julle bang. Los kinders uit as hulle wil speel. Wie van julle het al gekerm oor Leon Shuster se gemors

Nee-ek-is-GESKOK (nie) ·

Kan ons iets anders verwag? Hulle leer dan by die meesters van korrupsie en anargie. Al wat ek kan sê is, hou vas aan jou dokter. Nie net is hy/sy nog werklik opgelei om aan jou etiese, hoë waarde mediese sorg te verskaf nie; ons kinders kry nêrens meer keuring nie, dus sal goeie, betroubare, etiese dokters binnekort ‘n uitgestorwe spesie in SA wees …

Luka Nel ·

Die studente is SWART – ja, pik swart !!! Only possible in LaLaLand, Zumaville, Mandelatopia, Bantustan !!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.