Meeste sterf aan skietwonde, motorongelukke in Gauteng

‘n Rescue Care-ambulans.

Die meeste onnatuurlike sterftes in Gauteng verlede jaar was as gevolg van skietwonde en motorongelukke. Dié sterftes neem gewoonlik toe teen die einde van die maand.

Dít volgens die jaarverslag van Gautengse staatslykshuise vir die 2018-’19-boekjaar. Hiervolgens is 4 894 sterftes weens geweld aangeteken, onder meer weens skietery, messteke en aanrandings. In meer as die helfte van hierdie sterftes (2 416) was skietwonde die oorsaak. Motorongelukke het gesorg vir 1 695 sterftes en messteke vir 1 295 sterftes.

Bandile Masuku, Gautengse LUR vir gesondheid, sê die aantal onnatuurlike sterftes as gevolg van geweld is rede tot kommer vir die hele land, maar veral die Gauteng-provinsie.

Sy sê die noodgevalle-afdelings in Gautengse hospitale is gewoonlik die besigste teen maandeinde. “Een van die grootste redes hiervoor is alkoholverbruik, wat aanleiding gee tot geweld en onverantwoordelike bestuur van voertuie,” sê die LUR luidens ʼn verklaring wat Dinsdag uitgereik is. Ander oorsake vir onnatuurlike sterftes verlede jaar was aanranding (1 183 van die gevalle) en mense wat opgehang is (970).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet ·

So baie meer mense word opgehang in die nuwe Suid-Afrika as in goeie ou Suid_Afrika… Wys ons seker iets hierdie statistiek.

Heksie ·

nee moenie sê voertuie nie, sê taxies, busse en lorries. Ry mos soos hulle wil.

Dries Bý ·

Is omdat ta hardloop weg en die onfikses kan hom nie inhardloop ,en te veel onwetige wapens in omloop

wielie ·

Mens is NIE jou lewe seker in n kar vandag nie…………….

Trinity ·

Ek het al begin dink my motor is onsigbaar! Net gister ry ‘n man ‘n groen Toyota dood eenvoudig oor twee bane, sonder ‘n poging van ‘n flikkerlig en ek en ‘n taxi is amper in mekaar in omdat die man net ry. Tot “groot” verbasing toe ons by die verkeerslig kom… sien ek daar is nie ‘n lig van ‘n dag oud op die groen motor wat werk nie. Onpadwaardige voertuie en bestuurders, met TMPD wat bg. sien en die voertuig maar net verder laat ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.